Begin met detoksifisering

Detoksifisering as vertrekpunt vir jou gewigverlies- of gesondheidsprogram

Indien jy voel dat jy effe oordadig was en nou van onwenslike afvalstowwe of van ‘n paar ekstra sentimeters ontslae wil raak, of as jy besluit het om jou gewigbeheerprogram met hernude ywer aan te pak of om vanjaar daardie pH tot by 7,5 op te skuif, help ons graag.

Die doel is om vir jou ‘n sinvolle vertrekpunt te gee sodat jy enige of al hierdie doelwitte planmatig en geko-ordineerd kan aanpak.

Detoksifisering gee vir jou ‘n “skoon” wegspringplek. Sodra jy van daardie skadelike gifstowwe ontslae is, sal jy gemotiveerd voel om op ‘n goeie begin voort te bou deur na die volgende stap te vorder.

Daarna is dit belangrik om reg te eet, gereeld oefening te kry en genoeg van die regte voedingstowwe in te neem om jou te help om op koers te bly na beter lewenskwaliteit, goeie gesondheid en ‘n liggaam om op trots te wees.

Hulpmiddels vir detoksifikasie

Die dikderm en spysverteringstelsel oefen ‘n groot impak uit op die algemene gesondheidstoestand van jou liggaam. Talle siektes en maagongemak hou verband met die opbou van afvalstowwe in die dikderm wat die res van die liggaam kan besoedel. Interne reiniging is dus belangrik vir die handhawing van goeie gesondheid en om die doeltreffendheid van ‘n gewigverliesprogram te verhoog.

Coloplex bevat ‘n gebalanseerde kombinasie van 13 kruie, wat elkeen hieronder bespreek word. Hulle werk uitstekend saam om die dikderm behoorlik te reinig.

Die meeste van hierdie kruie sal jy individueel kan aankoop, onder verskillende handelsmerke en met aantreklike aansprake oor wat hulle vir jou kan doen. Hou egter in gedagte dat jou liggaam gemaak is om die beste te funksioneer as dit ‘n breë spektrum van voedingstowwe uit verskillende plante, in goeie kombinasies inneem. Wanneer die eienskappe van die 13 kruie bestudeer word, is dit duidelik dat die voedingstowwe daarin mekaar aanvul.

Let op die gevare

Jy stel jouself aan potensiële gevare bloot as jy produkte onbeheersd of in isolasie neem. Selfs by “skadelose” kruie bestaan daar wesenlike gevare as die samestellings, vorm en kombinasies wat jy neem nie deur deeglike navorsing onderskraag word nie en as hulle nie harmoniseer nie.

Dit is baie beter om klein hoeveelhede van ‘n verskeidenheid harmoniserende kruie te neem as om groter hoeveelhede van een of twee bestanddele te neem. So verminder jy die nadelige effekte van oormatigheid terwyl die natuurlike harmonisering van die produkte die klein hoeveelhede wat jy neem soveel meer doeltreffend laat werk.

Seneblaarpoeier

Sene (eng. “senna”) bevorder ontlasting deurdat dit die spiere wat stoelgang terughou inhibeer en die gladde spiere stimuleer wat afvalstowwe deur die ingewande stoot.

Wees egter versigtig – oordosering kan krampe of maagpyn veroorsaak en kombinering met ander lakseermiddels kan na kaliumtekorte lei. Aanhoudende gebruik kan ook komplikasies veroorsaak.

Kaskara Sagrada baspoeier

Kaskara Sagrada, een van die meer algemeen bekende moderne kruie-lakseermiddels, bevat samestellings genaamd “anthroquinones” wat vir die kragtige lakserende eienskappe van die poeier verantwoordelik is. Hierdie samestellings tree as snellers in die dikderm op, wat peristaltiese sametrekkings inisieer. Dit is wat die drang om te ontlas veroorsaak.

Benewens die krui se kragtige lakserende eienskappe, is die aanduiding dat cascara die spiersamestelling van die dikdermwande verbeter.

Wees versigtig vir vars baspoeier waarvan die werking te sterk is vir veilige gebruik. Veroudering vir ongeveer ‘n jaar is nodig.

Cascara beskik oor reinigende, toksiese, terapeutiese en tonikumaktiwiteit. Dit word maklik misbruik en kan dan langtermynskade berokken.

Psylliumpeul poeier

Psyllium kan help om die pyn van aambeie en blaasontsteking te verlig. Dit bevorder beheerde gewigverlies, gesonde cholesterolvlakke en bloeddruk, behandel aambeie en suurdeeginfeksies en verwyder mukoïede slym.

Dit bevorder kolongesondheid en voorkom hardlywigheid. Die natuurlike vesel daarin dien as ‘n veilige lakseermiddel.

Die peule swel by kontak met water, absorbeer gifstowwe en hou die stoelgang sag. Dit werk ook hardlywigheid teë deur peristalse te stimuleer.

Kaneel

‘n Welbekende krui wat diarree en ander spysverteringsprobleme teëwerk. As sulks het dit dus ‘n balanserende effek op die ander kruie wat maagwerking bevorder.

Oormatige gebruik kan inflammasie van die smaak-knoppies, teer tandvleis en mondsere veroorsaak. Groot hoeveelhede kan asemhaling beïnvloed, bloedvate laat swel en slaperigheid, depressie of selfs stuiptrekkings veroorsaak.

Kaneel is ook een van die kruie wat bloedsirkulasie na die pelvis en uterus kan stimuleer, menstruasie kan bevorder en na aborsie kan lei of swangerskap kan verhoed. Ander kruie in dieselfde kategorie is “mugwort” (weet nie die Afrikaans nie,) pietersielie, kamille en gemmer.

Cayenne

Cayenne help vir swak sirkulasie, spysvertering en gasvorming.

Dit help ook om die spysverteringskanaal te kalmeer en om die vloei van maagafskeidings en speeksel te bevorder en so vertering van voedsel aan te help.

Cayenne verbeter die werking van bykans alle ander kruiesoorte. Dit is soos dinamiet – dit blaas deur blokkasies om by ongesonde areas uit te kom. So help dit dat al die vitamines en minerale en al die belangrike chemikalieë in die kruie wat jy neem hulle bestemming bereik.

Aloe Verapoeier

Die vele voordele van hierdie krui sluit onder andere die volgende in:

• Help om bloeiende, beskadigde en lekkende ingewande te herstel

• Het kragtige anti-inflammatoriese eienskappe

• Help om die beskermende mukuslaag in die ingewande te herbou

• Help om oorproduksie van maagsappe te bekamp en sooibrand en suurvorming stop te sit

• Help om vloeistofvlakke in die kolon te handhaaf wat diarree en hardlywigheid bekamp

• Help om alle liggaamsisteme te voed dmv behoorlike vertering, opname en benutting van voedsel

• Help met die normalisering van ‘n aantal skadelike prosesse in die spysverteringskanaal

• Bevorder die toename van gesonde flora in die spysverteringskanaal

• Help met die beheer van kroniese suurdeeginfeksies sodat gesonde flora kan floreer

• Is non-toksies en het geen negatiewe newe-effekte nie

Gemmerwortelpoeier

Gemmer word dikwels vir slegte spysvertering en koliek gebruik. Dit werk ook aktief teen sekere skadelike vorms van diaree wat baie kindersterftes in ontwikkelende lande veroorsaak.

Gemmer is nog ‘n krui wat oorhoofs ‘n balanserende effek moet uitoefen op die kruiekombinasie wat geneem word.

Indien gemmer in ‘n verkeerde vorm of te veel daarvan geneem word kan allergiese reaksies ontstaan. Dit kan ook blokkasie in die ingewande veroorsaak, bloedsirkulasie benadeel en bots met sekere soorte medikasie.

Perdebessie growwebaspoeier

Perdebessiebas is bekend as ‘n sagte maar doeltreffende lakseermiddel wat die ingewande en die dikderm behoorlik reinig. Dit bring verligting vir kroniese sowel as atoniese hardlywigheid. Verder stimuleer dit die produksie van galafskeidings wat gesonde galblaas en lewerfunksies bevorder en sodoende help om geelsug en hepatitis te verlig.

Die tanniene in perdebessiebas word in sommige gemeenskappe gebruik om aambeie te behandel.

Drop (licorice) wortelpoeier

Drop is ook, benewens ander gesondheidsvoordele, ‘n matige lakseermiddel. Dit inhibeer helicobacter pylori, ‘n bakterie wat die maag en duodenum bevolk en laevlak kroniese inflammasie van die maagwand veroorsaak en wat sterk assosiasie toon met duodenale- en maagsere en maagkanker.

Drop help met genesing van duodenale en maagsere en matige hoeveelhede kan ‘n omgekrapte maag kalmeer. Dit word ook gebruik vir die behandeling van ileïtis, spastiese dikderm en Crohn se siekte en werk antispasmodies in die ingewande.

In tradisionele Sjinese medisyne word drop algemeen gebruik om ander bestanddele te harmoniseer.

Oormatige inname kan toksies vir die lewer en die kardiovaskulêre sisteem wees. Dit kan ook hipertensie en edeem veroorsaak.

Appelpektien

Omdat pektien viskositeit en volume van stoelgang verhoog word dit teen hardlywigheid en diarree aangewend. Hier is weer eens ‘n belangrike balanserende en harmoniserende effek.

Selderysaadpoeier

Seldery is waardevol in gewigbeheerdiëte omdat dit laekalorie vesel verskaf.

Pepermentblaarpoeier

Pepermentblaar het beroemdheid verwerf deur gebruik as ‘n boereraat vir maagongesteldhede.

Onder andere kalmeer hierdie veelsydige krui ‘n omgekrapte maag en help met spysvertering, naarheid, diarree en opgeblaasdheid.

Dit kalmeer die maagspiere en verbeter galvloei om vette te verteer.

Vinkelsaadpoeier

Vinkel word gebruik om die newe-effekte van purgeermiddels teen te werk.

‘n Wetenskaplik-gefundeerde basis

As gevolg van die delikate interaksie en die balanserende effek wat hierdie kruie op mekaar uitoefen, is dit belangrik om, wanneer hulle gekombineer word, te strewe om die ideale balans in hoeveelhede te handhaaf. Dit wissel van 20 tot 80 mg per dosis. Die gerieflikste en veiligste opsie is om Coloplex te gebruik.

Met inagneming van al die potensiële nadele en newe-effekte wat hierbo genoem word, is dit ook belangrik dat die kombinasie wat jy gebruik deur verantwoordelike wetenskaplikes in ‘n erkende, onafhanklike laboratorium saamgestel word. Kontak my by jan@verslank.net vir meer inligting oor hierdie puik produk.

Coloplex gaan jou hoogstens R50 per maand uit die sak jaag. As jy dit opweeg teen die voordele, is dit ‘n ware winskoop.

Die volgende stap

Nadat jou dikderm gereinig is, sal jy ongetwyfeld graag wil voortgaan met inname van die regte voedselsoorte in gebalanseerde verhoudings. Miskien wil jy ook ‘n sinvolle aanvullingsprogram oorweeg om seker te maak dat jy voortaan al die noodsaaklike voedingstowwe inneem om die gesonde basis wat jy geskep het, te handhaaf.

Kyk volgende na die eetplanne en na toepaslike aanvullende voedingstowwe.

Besoek ons asb by https://www.facebook.com/gesond.verslank

Aanhaling: The healthy, the strong individual, is the one who asks for help when he needs it. Whether he has an abscess on his knee or in his soul.
Outeur: Rona Barrett Amerikaanse Aktrise

You may also like...