Gebruik vrugte reg

Eet vrugte reg vir gewigverlies, gesondheid, energie en meer

Volgens Dr Stephen Ma’k help sy onortodokse metode om terminale kankerpasiënte te behandel ongeveer 80% van hulle om te herstel. Dit sluit aan by die uitgangspunt van verslank.net dat die liggaam se natuurlike genesingsprosesse baie onderskat en onderbenut word.
Dr Ma’k glo dat kankerpasiënte nie behoort te sterf nie. Glo dit as jy wil, maar genesing vir kanker is reeds ontdek, maar steeds sterf talle kankerlyers onder en ten spyte van konvensionele behandeling.

Insiggewende feite oor die eet van vrugte

Almal dink dat dit eenvoudig ‘n geval is van vrugte koop, skil, opsny en eet. Daar steek egter heelwat meer belangrike feite agter die hoe en wanneer van vrugte eet.

Vrugte moet NIE na etes ge-eet word nie, maar wel op ‘n leë maag.

Indien jy vrugte so eet, speel dit ‘n belangrike rol in die ontgiftiging van jou sisteem en verskaf dit baie energie vir gewigverlies en ander lewensaktiwiteite.

Vrugte is die belangrikste voedselsoort. Veronderstel dat jy twee snye brood en dan ‘n skyfie vrugte eet. Die vrugte is gereed om reguit deur die maag na die ingewande te gaan maar dit word deur die brood voorgekeer.

Intussen verrot en fermenteer die broodmeel en dit word in suur omskep.Die oomblik dat die vrugte in aanraking kom met die brood of met ander kos en verteringsappe in die maag begin die totale massa voedsel om te bederf…

Eet dus asseblief jou vrugte op ‘n leë maag, tussen of voor jou etes!Jy het al gehoor hoedat mense kla dat hulle elke keer as hulle waatlemoen eet winde opbring. Wanneer jy ‘n vrug eet raak jou maag opgeblase. As jy ‘n piesang eet wil jy toilet-toe hardloop, ens. Niks hiervan sal gebeur as jy jou vrugte op ‘n leë maag eet nie. Sodra jy dit na etes eet meng die vrugte met die ander kos wat reeds in die verteringsproses is en so word gas gevorm wat jou opblaas!

Indien jy jou vrugte op ‘n leë maag eet kan jy al die volgende grootliks vryspring: grys hare, haarverlies, senuwee-uitbarstings, donker sirkels onder die oë.

 

Vrugte en suurvorming

Volgens Dr. Herbert Shelton wat hieroor navorsing gedoen het, bestaan daar nie so-iets soos vrugte wat suur vorm nie. Selfs lemoene en suurlemoen word alkalies in die liggaam. Indien jy geleer het hoe om vrugte op die regte manier te eet het jy die geheim van skoonheid, langlewendheid, gesondheid, energie, geluk en normale gewig ontdek.

Drink net vars vrugtesappe, NIE uit blikkies nie. Vermy ook sappe wat verhit is en moet nie gekookte vrugte eet nie want dan is alle voedingswaarde vernietig. Al wat oorbly is die smaak. Hitte vernietig al die vitamines.

Dit is egter baie beter om die hele vrug te eet as om die sap te drink. Indien jy wel die sap drink, drink stadig, mondjie vir mondjie. Dit moet met die speeksel meng voordat dit ingesluk word. Jy kan jou liggaam reinig deur op ‘n driedaagse vrugte-vas te gaan. Eet net vrugte en drink vrugtesappe deurentyd vir drie dae. Jy sal verbaas wees om by jou vriende te hoor hoe sprankelend jy lyk! (Kyk ook ons nuusbriewe oor vas en gebed byhttp://www.verslank.net/index.php?option=com_content&task=view&id=156&Itemid=2

Kiwis: Klein maar kragtig. ‘n Puik bron van kalium, magnesium, vitamine E & vesel. Dit bevat tweemaal meer vit C as ‘n lemoen.

Appels: Die beste. Hulle bevat anti-oksidante en flavonoïdes wat die risiko vir kolonkanker, hartaanvalle en beroerte verlaag.

Aarbeie: ‘n Beskermende vrug. Aarbeie bevat die hoogste totale anti-oksidantkrag van alle welbekende vrugte. Dit beskerm die liggaam teen kankerwekkende vrye radikale wat ook die bloedvate verstop.

Lemoene: Die soetste medikasie. Indien jy 2-4 lemoene per dag eet kan dit help om verkoues weg te hou, cholesterol te verlaag, nierstene te verhoed en help om hulle op te los. Lemoene verlaag ook die risiko van kolonkanker.

Waatlemoen: Die koelste dorslesser. Bestaande uit 92% water, is dit ook propvol glutatione, wat help om jou immuniteitsisteem te versterk. Waatlemoene is ook ‘n belangrike bron van die kankerbevegtende anti-oksidant, likopeen. Dit bevat ook vitamine C en Kalium.

Koejawels en papajas: Albei ontvang top toekennings vir goeie gehalte en hoeveelheid vitamine C. Koejawel is ook ryk aan vesel wat vir hardlywigheid help. Papaja bevat baie karotene wat goed is vir die oë.

Koue water tydens en na etes is slegte nuus

Om koue water tydens of na jou maaltye te drink gee aanleiding tot kanker!

Kan jy dit glo? ‘n Glas koue water na ete of saam met jou kos is lekker. Indien jy in hierdie gewoonte verval het, neem kennis. Die koue water verdig alle olierigheid in die kos wat jy so pas ge-eet het. Dit vertraag vertering en sodra die gevolglike afsaksel met die ingewandsure reageer word dit vinniger as ander kossoorte afgebreek en in die ingewande opgeneem. Dit vorm ‘n laag in die ingewande wat baie gou in vette omsit en aanleiding kan gee tot kanker. Indien jy tydens of na jou etes iets moet drink is dit beter om warm sop of warm drankies te neem.

You may also like...