Griep: Om in te ent of nie – dis alweer daardie tyd van die jaar…

Wanneer die herfs aanbreek sien ek jaar na jaar ‘n geskarrel na griepinentings en verwonder ek my aan die propaganda wat daarmee gepaard gaan.

Hierdie is egter oënskynlik die mees onwetenskaplike geldmakery wat die mediese wetenskap nog uitgedink het.

Dink hieroor na:

  • Jy word met griepvirusse ingeënt sodat jy griep kan kry en so immuniteit opbou.

  • Jy kan slegs entstof ontvang teen reeds-bekende virusse terwyl daar elke jaar talle nuwe, onbekende virusse en virusmutasies na vore kom waarteen jy géén beskerming kry nie.

  • Elke greintjie medikasie het newe-effekte.

  • Griepinentings bied géén beskerming teen bakteriële infeksies nie terwyl die meeste winterkwale eerder bakteries van aard is en nie virusse nie.

  • Antibiotikas werk slegs teen bakterieë en laat jou onbeskermd teen virusse; dit is dikwels moeilik om tussen die twee te onderskei. Jou kanse is dus goed om die verkeerde middel te ontvang.

Is daar dan ‘n beter oplossing?

Ons natuurlike, Godgegewe immuniteit bied beskerming teen alle soorte van infeksie wat bakterieë, virusse en swamme insluit.

Daar bestaan wonderlike kruiekombinasies wat jou immuniteit opbou. Dan beskerm jou liggaam homself nie net teen die bekende virusse nie, maar ook teen die nuwe onbekendes, sowel as teen die bakteriese verkoues, swaminfeksies en die sekondêre infeksies wat gewoonlik met griep gepaard gaan en waarvoor daar byna sonder uitsondering duur en aftakelende antibiotika voorgeskryf word.

Infagard is so ‘n kombinasie van nege kruie wat almal saamwerk om immuniteit teen infeksie op te bou. Dit werk so doeltreffend dat dit selfs help teen die malariaparasiet, wat so mikroskopies klein is dat die liggaam dit soos ‘n indringer-virus of bakterie hanteer.

Ons gesin het oor die jare ‘n fortuin aan mediese kostes met hierdie kruie gespaar, om nie te praat van die newe-effekte van medikasie wat ons vrygespring het nie. En dit boonop teen ‘n minimale koste. Om ‘n nuwe infeksie hok te slaan benodig jy ongeveer 8 tot 12 dosisse wat jou in totaal minder as R50 uit die sak jaag.

Jy moet net die druppels byderhand hê wanneer jy die eerste simptome van infeksie gewaar. Neem dan 15-20 druppels elke twee uur totdat jy die aand gaan slaap. Die volgende dag, al voel jy beter, neem jy nog ‘n dosis in die oggend, een in die middel van die dag en een in die aand om seker te maak al die indringers is dood. Dan is dit gewoonlik verby, met géén newe-effekte nie en ‘n opgeboude immuniteit wat skrik vir niks.

Dis jou keuse: laat jou met die griep inspuit vir halfhartige beskerming met newe-effekte maar slegs teen sommige virusse en bly blootgestel aan die onbekendes sowel as aan bakterieë en swamme, of neem ekonomiese en doeltreffende kruie wat jou teen ALLE infeksies beskerm en géén newe-effekte het nie.

Ek en my gesin gaan weer, soos elke jaar sedert 1993, die natuurlike weg volg. So vermy ons terselfdertyd die moontlikheid van verkeerde medikasie as gevolg van verkeerde diagnoses.

You may also like...