Is inenting sinvol?

Inentings: ‘n Moet of ‘n Modegier?

‘n Kykie agter die skerms

Hierdie nuusbrief lig die sluier op die toneel agter die skerms in die regte wêreld van entstowwe en medikasie.

Ons kyk na navorsing wat gedoen is in verband met die invloed van entstowwe by die ingewande- breinverband en outisme by kinders sowel as die veiligheid van ‘n aantal kinder-inentingstowwe.

Dr Andrew Wakefield, ‘n gastroïntestinale geneesheer, is skerp deur die media gekritiseer. Hy het uitlatings gemaak in verband met een van die mees kontroversiële studies oor kinder-entstowwe wat aanleiding gee tot outisme, wat nog gepubliseer is.

Die kritiek het gevolg op die publikasie, in die hoog-aangeskrewe mediese joernaal, “The Lancet” in 1998, van sy studie oor die entstowwe. Benewens hierdie studie het Dr Wakefield egter meer as 130 bykomende eweknie-geëvalueerde studies gepubliseer wat die meganisme en oorsaak van inflammatoriese ingewandsiekte bekyk. Hy het ook intensiewe werk gedoen in verband met die brein-ingewande verband in die konteks van kinders wat ontwikkelingsongesteldhede soos outisme opdoen en die vroeë gebruik van entstowwe. Oor hierdie studies swyg die media.

Een van sy bevindings is dat daar ‘n duidelike verband is tussen die maselsvirus en die daaropvolgende verskyning van Crohn se siekte en, in talle gevalle, outisme. Inenting is duidelik een van die bronne van blootstelling.

Groot geld in beheer

Die inentingsbedryf verteenwoordig belange waarby honderde biljoene dollars betrokke is. Dit lei tot botsende belange wat dikwels al te maklik die bevindings van eweknie-geëvalueerde studies verdraai, negatiewe bevindings verberg en verwarring saai.

‘n Aantal gevalle-studies in The Lancet in Februarie 1998 vertel die kliniese verhaal van ‘n groep outistiese kinders met ingewandsprobleme wat gelei het tot die ontdekking van ‘n uitsonderlike ingewandsongesteldheid.

Hierdie belangrike deurbraak in die identifisering van ‘n tasbare, behandelbare probleem wat baie kinders kan help het ontaard in ‘n warm debat omdat ‘n gedeelte van die pasiënte se verhaal gegaan het oor agteruitgang nadat die MMR entstof toegedien is. Die studie het aangedui dat daar ‘n verband kan wees tussen die MMR entstof, ingewandsongesteldheid en outisme.

Omdat hy geweet het wat wag, verklaar Dr Wakefield:

“I decided that I was going to review all of the safety studies about measles and measles-containing vaccines because if I was going to challenge the status quo and say things that might have an adverse effect on vaccine uptake, I had to know what I was talking about.

So I read all the papers, and I was absolutely appalled with the quality of the safety studies of the single [measles, mumps, and rubella vaccines], and the combined MMR vaccine in particular.”

Na aanleiding van sy bevindings het hy ‘n 250-bladsy verslag geskryf waarin hy tot die slotsom kom dat hy nie die gebruik van die gekombineerde drie-in-een MMR entstof kan ondersteun nie. Dit is eenvoudig nie veilig nie.

Die media speel saam

Hierdie aanbeveling is tydens ‘n perskonferensie in Februarie 1998 openbaar gemaak. Desnieteenstaande, en vir redes wat skynbaar verdoesel word, het die Britse regering in September van dieselfde jaar die lisensie vir enkel-entstowwe onttrek. Dit het ouers beperk tot die keuse om die drieledige MMR inenting te laat toedien of om hulle kinders sonder inenting te laat. Dit het weer gelei tot ‘n toename in masels-gevalle en natuurlik is Dr. Wakefield daarvoor geblameer.

Hierna is ‘n verdere 19 studies gepubliseer wat entstof koppel aan Crohns siekte en outisme. Alhoewel almal eweknie-geëvalueerde studies was, is nie een van hulle in die media openbaar gemaak nie. Al wat in die media verskyn is die oorspronklike studie en die voortwoedende debat daaroor.

Sedertdien het talle ander navorsers wêreldwyd deur hulle eie studies tot dieselfde gevolgtrekking as Dr Wakefield gekom. Hieroor swyg die media steeds. Hier volg inligting oor hierdie studies en waar hulle gepubliseer is:

1. The Journal of Pediatrics November 1999
2. The Journal of Pediatrics 2000; 138(3): 366-372
3. Journal of Clinical Immunology November 2003; 23(6): 504-517
4. Journal of Neuroimmunology 2005
5. Brain, Behavior and Immunity 1993; 7: 97-103
6. Pediatric Neurology 2003; 28(4): 1-3
7. Neuropsychobiology 2005; 51:77-85
8. The Journal of Pediatrics May 2005
9. Autism Insights 2009; 1: 1-11
10. One Year Follow-Up Study
11. Canadian Journal of Gastroenterology February 2009; 23(2): 95-98
12. Annals of Clinical Psychiatry 2009:21(3): 148-161
13. Journal of Child Neurology June 29, 2009
14. Journal of Autism and Developmental Disorders 200

Regerings speel saam

Die Britse regering het na bewering vrywaring aan een (Britse) vervaardiger verskaf, ten spyte van die vermoede dat hulle entstof ‘n element van die gevaarlike pampoentjies-virus, Urabe AM9 bevat het wat meningitis veroorsaak.

Kort nadat die entstof in Kanada vrygestel is het die Kanadese die probleem ontdek en die produk onttrek. Die Britte het dit eers vier jaar later onttrek, maar voortgegaan om dit in arm oorseese lande te versprei. Uiteindelik het dit gelei tot ‘n meningitis-epidemie in Brasilië.

‘n Etiese bedryf met vrot kolle

Hierdie verhaal verteenwoordig waarskynlik slegs die punt van ‘n ysberg van hoe eindverbruikers blootgestel en uitgebuit kan word ter wille van profyte. Sulke korporatiewe vraatsugheid behoort egter blootgestel te word.

Daar is talle medici en navorsers soos Dr Wakefield wat diegene wat hulleself nie kan beskerm nie en wat aan hierdie soort uitbuiting blootgestel is se belange op die hart dra. Terselfdertyd moet elke verbruiker sy/haar oë wyd oophou en met groot onderskeiding oordeel oor die tipe advies wat gegee word.

Doen jou huiswerk

Indien jy glo wat opgedis word sonder om op voldoende agtergrondfeite aan te dring en sonder om self ‘n bietjie huiswerk te doen kan dit ernstige gesondheidsimplikasies vir jou en jou gesin inhou. Jy kan ernstige, selfs lewe-en-dood besluite neem gebaseer op wat en wie jy glo.

Wanneer dit gaan oor jou kind se inenting, wat weet jy in werklikheid oor die betrokke entstof, wie glo jy en waarom?

Plaas jy jou vertroue in die eerste plek in die hande van mense wat die meeste baat vind en niks het om te verloor nie? Of in die hande van mense wat min uit jou besluit kan baat en wat omgee? Dit hang van jou af.

In die geval van die MMR entstof as potensiele aanleidende oorsaak van outisme en Crohn se siekte het Dr Wakefield se pogings vir ons ‘n kykie agter die skerms gegee oor hoedat belangrike navorsingsuitslae onderdruk en verdraai kan word.

Die probleem duur voort. Lees, luister, snuffel rond vir inligting, hou aan om jouself ingelig te hou.

Maak seker dat jy altyd jou eie, ingeligte besluite neem.

Glo in jouself al werk dinge nie altyd uit nie want jy was van die begin af ‘n wenner:

http://www.bemotivatedtoday.com/content.asp?pageId=213&refcode=9441

You may also like...