Koste-doeltreffende gewigverlies

Verloor jy gewig of verloor jy geld?

Die onus berus by jou…

Kry die verskaffer van jou gewigbeheerprogram meer voordele uit jou as andersom?

Wie stap met die winste weg nadat jy opgegee het en wanneer daardie ongewensde sentimeters en kilos terugkom? En hervestig die vet nie boonop elke keer op die verkeerde plekke nie?

Die kernsaak is dat, indien jy nie in beheer is nie, jy gewoonlik aan die verloorkant is. Nie in sentimeters of kilos nie maar in Rande, tyd en moeite.

 

Vra Jouself af…

Doen moeite om ernstig te besin oor hierdie drie vrae. Dit sal jou help om te besluit of jy die deursettingsvermoë het om te doen wat jy moet doen om daardie verskil te maak:

“Indien jy een ding in jou lewe kan verander, wat sal dit wees?”

“Waarom wil jy gewig verloor?”

“Hoe sal jou lewe verander indien jy jou ideale gewig bereik?”

Sodra jy duidelikheid het oor die antwoorde, moet jy met iemand gesels wat werklik omgee. Iemand op wie jy kan staatmaak, in wie jy vertroue het en wat jou deur dik en dun sal ondersteun. Dan
begin jy om te doen wat jy weet jy moet doen.

Wanneer onsekerhede kop uitsteek, gaan soek raad by iemand wat meer as geldelike belang het in wat jy probeer bereik.

 

Bly Op Koers na Verslanking… 

Sodra iets, enigiets, jou motivering en toewyding ondermyn, kyk weer na jou antwoorde op die drie vrae. Praat met jou raadgewers en vertrouelinge. Doen wat ookal nodig is om op koers te bly terwyl jy jouself herinner dat jy in beheer is en weier om daardie beheer prys te gee. 

You may also like...