‘n Kankervry gemeenskap

Mense lag vir hulle, maar dit is die enigste gemeenskap wat nie kanker kry nie

Die Amish is ‘n traditionalistiese Amerikaanse Christelike gemeenskap. Hulle is bekend vir hul eenvoudige leefstyl, eenvoudige kleredrag en weersin in baie geriewe wat die moderne tegnologie bied.

Ontnugterende ontdekkings is gemaak toe gesondheidsdeskundiges die Amish se dieet en leefstyl nagevors het.

Die joernaal Cancer Causes and Control het onlangs ‘n studie gepubliseer waarin bevind is dat die Amish gemeenskap die gesondste mense in Amerika is. Dit is die enigste Amerikaanse gemeenskap waar daar bykans nie ‘n enkele kankergeval voorkom nie.

Die doel van die studie deur deskundiges by die Universiteit van Ohio, was om vas te stel of die Amish se gebrek aan toegang tot konvensionele medikasie hul risiko om kanker te kry dalk sou verhoog. Die resultate was vir hulle ‘n groot skok!

Die bevinding was dat die Amish se kanse om kanker op te doen, aansienlik laer is as by die res van die bevolking. Dit het die kenners aangespoor om meer oor hierdie mense se leefstyl te leer. Daar moet ‘n skakel wees tussen hierdie onverwagte bevindings en die manier waarop die Amish leef.

Die meeste Amish mense rook en drink nie en hulle handhaaf goeie sedes. Die gevolgtrekking is dat hierdie leefstyl ‘n yslike verlaging in kankergevalle kan meebring.

Ander belangrike bydraende faktore is die hoeveelheid fisiese arbeid wat verrig word. Die meerderheid van Amish mense is betrokke by landbou, konstruksie en ander soorte werk wat fisiese aktiwiteit vereis.

Terwyl die res van die Amerikaanse bevolking en mense in ander lande heeldag voor die TV of rekenaars sit, werk die Amish hard. Die deskundiges beweer dat dit ‘n belangrike bydraende faktor is tot die goeie gesondheid van hierdie mense.

Die feit dat die Amish gemeenskap hulle eie kos kweek is nog ‘n belangrike bydraende faktor. In teenstelling met die meeste Amerikaners en mense in ander lande soos Suid-Afrika, gebruik hulle organiese metodes om gesonde vrugte, groente, suiwel en vleis te produseer. Hulle vermy bykans alle geprosesseerde kossoorte.

 

Buitestaanders lag vir die Amish se “primitiewe leefstyl” maar hierdie ongekompliseerde leefstyl en hul natuurlik-gekweekte voedsel veroorsaak dat hulle ‘n vlak van gesondheid geniet waaroor die res van die wêreld maar net kan droom.

Ons kan baie by hierdie mense leer.

 

You may also like...