Om net minder te eet help nie

“Verloor meer deur minder te eet” werk nie altyd nie

Gewigverlies hou nie noodwendig verband met die hoeveelhede wat jy eet nie. Om die waarheid te sê, as jy te min eet kan dit jou pogings om gewig te verloor in die wiele ry.

Die Skepper het jou liggaam ontwerp om homself in tye van hongersnood te beskerm. Sodra jy te min eet, dink jou liggaam dat hy besig is om van verhongering dood te gaan. Jou metabolisme kompenseer outomaties deur aansienlik te verstadig.

‘n Stadiger metabolisme maak dit vir jou liggaam bykans onmoontlik om gewig te verloor. Jou liggaam sal by voorkeur alles wat hy inneem stoor as liggaamsvet.

As jy te min eet kom ander probleme ook na vore en dieetkundige tekorte ontstaan. Boonop, sodra jy na n lang tyd van te min eet jou kalorie-inname weer verhoog, sal jou liggaam baie meer geneig wees om hierdie kalorieë in die vorm van vet op te berg. So dink jou liggaam dat hy homself voorberei vir die volgende “hongersnood”.

Sukkel jy om genoeg te eet? Hier is ‘n paar kalorie-bouende wenke vir diegene wat deur gebrek aan aptyt of ‘n gewoonte van min eet te min kalorieë inneem:

•Eet elke dag 5-6 klein maaltye

•Drink kalorie-ryk, voedsame vloeistowwe as jy nie wil kos eet nie

•Hou gesonde versnaperings soos neute, droë vrugte, beskuitjies met kaas, bevrore jogurt of roomys of vrugte “smoothies” byderhand

•Drink voedsame drankies en beperk jou inname van dieetdrankies, tee en koffie.

•Meng 500 ml melk met 1 koppie vetvry kitsmelkpoeier. Hou die mengsel in jou yskas en gebruik soos jy gewone melk sou gebruik

•Meng poeiermelk met kapokaartappels, maalvleis, roomsop, poeding, warm graankos en melk

•Voeg eier (of eierwit) by maalvleis voordat jy dit gaarmaak

•Sprinkel kaas op groente, sop, toebroodjies en slaai

•Gebruik melk eerder as water by warm graankos, roomsop, warm sjokolade en sous

•Smeer grondboontjiebotter op beskuitjies, appels, piesangs, pere en seldery

•Gebruik eiers, vleis-slaaie, kaas, neute en maaskaas vir versnaperings

•Voeg ekstra botter, margarien, olie, slaaisous of mayonnaise by kossoorte soos aartappels, groente, brood en rolletjies, warm graankos, slaai, pasta, rys, noedels en toebroodjies

•Voeg ekstra suiker of heuning by graankos en drankies

•Voeg roomkaas of room by jou gunstelingresepte

•Sprinkel neute en sade op groente, slaai en graankos

• Gebruik vrugte vir versnaperings

‘n Gesonde maaltydvervanger

Indien jou program nie toelaat dat jy soggens en/of in die middae gesond eet nie, gebruik ‘n goeie maaltydvervanger soos Sportron Shake eerder as om jou tot gemorskos te wend.

Hierdie heerlike produk kom in sjokolade- of vanieljegeur en bevat ‘n goeie balans van al die belangrike voedingstowwe.

Kontak ons vir meer inligting oor Shake. Dui asb aan waar jy woon sodat ons jou kan inlig oor bekombaarheid in jou area.

You may also like...