Die waarde van ‘n drukkie

 

Liefde, Verhoudings en Genesing

 
Zeus die boerboel het as ‘n klein babahondjie ‘n deel van ons huishouding en ons harte geword. Aanvanklik skaam en teruggetrokke, nederig en ondergeskik aan Kabous die Jack Russell, maar toe hy begin groter en sterker word het sy selfvertroue toegeneem. Hy het begin om die rol van beskermer van die eiendom en almal wat daarop woon in te neem.

Hy het hierdie rol met volle oorgawe uitgeleef, sonder inagneming van sy eie veiligheid, soos die dag toe hy die swart mamba aangevat het. Die slang het hom gepik maar met gebed, ons kruiemiddels en twee teengifampules was hy teen laatmiddag weer lus om bal te speel.

Een belangrike les wat ons by Zeus geleer het was dat ware liefde onvoorwaardelik is. Ongeag die omstandighede, selfs wanneer ons hom vir ‘n maand alleen gelaat het, het hy ons altyd op dieselfde manier gegroet en verwelkom. Daar was nooit enige teken van verwyt nie. Inteendeel, hoe langer die skeiding hoe meer uitbundig het hy ons terugverwelkom.

Een Sondagaand terwyl ons by ‘n byeenkoms was, het die agtjarige, liefdevolle held onder ‘n bos ingekruip en in eensaamheid sy laaste asem uitgeblaas. Ons sal hom altyd onthou vir die volle oorgawe waarmee hy sy huismense liefgehad en beskerm het, en vir die voorbeeld van onvoorwaardelike liefde wat hy met soveel oorgawe uitgeleef het.

 

Die Krag van Liefde en Verhoudings

Daar is reeds baie geskryf en gepraat oor die genesende krag van liefde en nabye verhoudings. William Campbell Douglass II, M.D. vestig die aandag op etlike nuwe studies wat aandui dat intimiteite selfs meer dramaties kan inwerk op jou gesondheid as wat tot dusvêr besef word.

Hier is die eerste brokkie goeie nuus: Navorsers by Ohio State University het bevind dat ‘n gelukkige, lae-konflik huwelik die genesing van beserings en wonde met soveel as 40% kan aanhelp!

Die studie is in die “Archives of General Psychiatry” gepubliseer. Dit het gefokus op 84 getroudes waarvan die ouderdom gewissel het van 22 tot 77. By elkeen van die deelnemers is identiese blase deur ‘n vakuumpomp op die arms veroorsaak. Die navorsers het bevind dat huwelikspare met hoër vlakke van vyandigheid in die verhouding se wonde teen gemiddeld slegs 60% van die tempo genees het as wat die geval was met die pare wie se huweliksbootjies gladder gevaar het.

Die studie het ook bevind dat daar hoër residuele sitokinevlakke voorkom by egpare wat kopstamp eerder as om te liefkoos. Sitokines is proteïnes wat deur witbloedselle geproduseer word en aanvanklik genesing aanspoor maar dan skadelik kan word indien hulle sistematies in te groot hoeveelhede in die bloed voorkom. Hierdie proteïne is gekoppel aan ‘n hele aantal ouderdomverwante siektes met inbegrip van kardiovaskulêre siekte, osteoporose, artritis en selfs sekere kankersoorte.

Daar is meer goeie nuus wat bevestig dat liefde ‘n lewe-en-dood effek op jou gesondheidstoestand kan uitoefen. Wetenskaplikes aan die Universiteit van Birmingham in die Verenigde Koninkryk beweer dat hulle bewyse gevind het dat egpare wat gelukkig getroud is, en veral diegene in hulle goue jare, groter weerstand teen griep bied as hulle liefdelose teenpartye.

In ‘n BBCNews.com artikel, word verwys na Britse navorsing wat gefokus het op 180 vrywilligers ouer as 65. Hulle het bevind dat daar hoër vlakke van griep-bevegtende teenliggame teenwoordig is in die bloed van die persone wat huweliksgeluk ervaar as in diegene wat hulle lewensmaats verloor het, geskei is of ongelukkig getroud is.

Dit wil voorkom asof ons elke jaar in die winter kan doen met ‘n goeie dosis huweliksgeluk, eerder as die nuttelose en gevaarlike griepinspuitings wat so buite verhouding opgehemel en aanbeveel word.

Maar dis nie al op die front van minlikheid-as-medisyne nie..…


Vertroetel Jouself Oppad na ‘n Gesonde Hart

Het dit jou al opgeval dat “troetelrige” pare gelukkiger en gesonder lyk?

Volgens navorsers aan die “University of North Carolina” is daar goeie rede voor. Hulle het die stresrespons en hormoonvlakke van 38 pare bestudeer voordat en nadat hulle na uittreksels uit ‘n romantiese film gekyk het en mekaar vir 20 sekondes omhels het.

Die uitwerking van hierdie wetenskaplik-geskape “gelukkige oomblik” was ‘n verlaging in streshormone soos kortisol en norepinefrien en ‘n verhoging van oksitosien, ‘n hormoon wat met liefde (en veral die moederlike, versorgende soort) vereenselwig word. Die uitwerking van hierdie gekombineerde reaksies was om die bloeddruk sowel as stres by die persone wat getoets is te verlaag.

Volgens die opstellers van die studie, is die hormonale voordele vir ‘n gesonde hart waarskynlik die oorsaak waarom langlewendheid en algehele gesondheid statisties aansienlik verhoog word deur langdurige huwelike. Dit lê ook aan die wortel van die rede waarom egskeiding gekoppel word aan hoër sterftesyfers.

Indien jy dus ‘n gesonde hart vir jouself en jou huweliksmaat wil verseker, skep hom of haar in jou arms op en maak seker dat hy/sy elke dag ‘n goeie dosis “lekker vasdruk” medisyne inkry. DIT is die soort van “voorskrif” wat jy met veiligheid elke dag ‘n hele aantal dosisse van kan uitdeel en neem, en sommer die hele jaar deur mee kan aanhou.

 

LAG ‘N SLAG

‘n Positiewe ingesteldheid en ‘n goeie sin vir humor laat jou nie net goed voel nie. Dit verbeter ook jou gesondheid omdat dit jou immuniteit versterk.

“You cannot laugh and develop an ulcer at the same time.”

“Everybody should laugh a lot every day. If you don’t laugh, the men in the white coats will come and take you away! But a word of caution, if you laugh too much, they will also take you away !”

Murray Banks

Hier is ‘n paar lagspierprikkelaars om jou te help aan die gang kom. Wees net versigtig vir die wit jasse as jy die lag oordoen!

1. A bicycle can’t stand alone; it is two tired.
2. A will is a dead giveaway.
3. Time flies like an arrow; fruit flies like a banana.
4. A backward poet writes inverse.
5. In a democracy it’s your vote that counts; in feudalism, it’s your Count that votes.

6. A chicken crossing the road: poultry in motion.
7. If you don’t pay your exorcist you may be repossessed.
8. With her marriage she got a new name and a dress.
9. Show me a piano falling down a mine shaft and I’ll show you A-flat miner.
10. When a clock is hungry it goes back four seconds.
11. The guy who fell onto an upholstery machine was fully recovered.
12. A grenade fell onto a kitchen floor in France resulting in Linoleum Blownapart.
13. You are stuck with your debt if you can’t budge it.
14. Local Area Network in Australia: The LAN down under.
15. He broke into song because he couldn’t find the key.
16. A calendar’s days are numbered.
17. A lot of money is tainted: ‘Taint yours, and ‘taint mine.
18. A boiled egg is hard to beat.
19. He had a photographic memory which was never developed.
20. A plateau is a high form of flattery.
21. The short fortune-teller who escaped from prison: a small medium at large.
22. Those who get too big for their britches will be exposed in the end.
23. When you’ve seen one shopping centre you’ve seen the mall.
24. If you jump off a Paris bridge, you are in Seine.
25. When she saw her first strands of grey hair, she thought she’d dye.
26. Bakers trade bread recipes on a knead to know basis.
27 Santa’s helpers are subordinate clauses.
28. Acupuncture: a jab well done.
29. Marathon runners with bad shoes suffer the agony of de feet.

 

 

 

 

 

 

 

You may also like...