Aanvullers: Skei die koring van die kaf

Voedselaanvullings: Hoe om die Koring van die Kaf te Skei

Inleiding

Elders in die nuusbriewe is riglyne om jou te help om jou dikderm te reinig en om jou denke op gesonde slankheid te rig. Die volgende logiese stap is om te kyk wat jou liggaam nog nodig het.

Moderne bronne van goeie voedsel is met minstens 87% uitgeput,* daarom maak dit soveel sin om aanvullers te neem. Daar is egter so baie aansprake en teenaansprake oor die goeie hoedanighede van ‘n swetterjoel produkte dat die gemiddelde verbruiker homself in ‘n verwarrende mynveld bevind. Hoe nou gedaan?

* Rutgers Universiteit, 1993: “The Mineral Content of Inorganic Vegetables”

Die vier belangrikste riglyne is: Tegnologie, Kombinasies, Hoeveelhede en Bekostigbaarheid

1. Tegnologie

Die tegnologie in gewilde keleervorm aanvullers wat reeds vir dekades hoog aangeprys word, is verouderd. Die jongste tegnologiese deurbraak bied vir jou aanvullers in voedselvorm.

Selfs die beste kelerings verskaf selde meer as 10% benutting, maar in die jongste tegnologie word die bestanddele in voedselvorm (FoodState ®) omskep wat soortgelyk is aan egte voedsel. Gemiddelde benutting verhoog dramaties na ongeveer 80%.

Die omskepping na voedselvorm word deur ‘n gepatenteerde proses gedoen. Die voedingstowwe word molekulêr verbind met die proteïn-, koolhidaat- en vetselle in die plant. Die proteïn dien as draer om die voedingstowwe na hulle bestemmings te neem.

Wees op jou hoede vir misleidende aansprake van “voedselmatriks” of “voedselvorm” indien gedokumenteerde bewys van ‘n wetenskaplike proses van molekulêre verbinding nie verskaf kan word nie.

2. Kombinasies

Daar is meganismes in die natuur wat verseker dat voedsel uit ‘n wye verskeidenheid van plante ingeneem word. ‘n Boom sal byvoorbeeld tannien in oormaat na sy blare stuur sodra ‘n bok te veel aan hom eet. So word die bok gedwing om aan die volgende boom te gaan wy en die boom beskerm homself teen oormatige benutting. Bome van dieselfde soort in ‘n bepaalde omgewing sal selfs met mekaar “kommunikeer” om blaarvreters te dwing om ook van ander boomsoorte te eet.

Op dieselfde wyse moet vervaardigers van aanvullers seker maak dat hulle produkte ‘n wye verskeidenheid van bestanddele uit verskillende plantbronne bevat om optimum benutting te bewerkstellig.

Byvoorbeeld, om alles wat jy nodig het vir goeie algemene instandhouding van jou liggaam in te kry, benodig jy elke en iedere dag die mikro-elemente wat uit die volgende voedselbronne voorkom:

• 5 tamaties
• 1 koolkop
• 1 bondel seldery
• 1 bondel radyse
• 1 spruit broccoli
• 1 krulkool
• 1 knoffelhuisie
• 1 takkie seegras
• ‘n tros rooi druiwe
• ‘n bondel wortels
• 2 lemoene
• Chelidoniapoeier
• Tumericpoeier
• Groentee poeier

3. Hoeveelhede

Die voedselsoorte in die lys hierbo bevat die volgende mikrovoedingselemente: (Hou in gedagte dat hierdie syfers op die veronderstelling gebaseer is dat die bestanddele in ‘n bewese, deeglik-opneembare voedselvorm aangebied word)

Betakaroteen 2.2mg
Vitamine D 2.5µg
Vitamine E kompleks 21mg
Vitamine C kompleks 123mg
Vitamine B1 kompleks 3mg
Vitamine B2 kompleks 8mg
Niacinamide kompleks 37mg
Vitamine B6 kompleks 5mg
Foliensuur 100µg
Vitamine B12 0.5µg
Biotinkcompleks 15mg
Panteensuur kompleks 12mg
Kalsiumkcompleks 185mg
Fosforkompleks 123mg
Yster 7.5mg
Magnesiumkompleks 62mg
Sink 2.5mg
Jodium 75µg
Selenium 150µg
Kalium 3mg
Boron 0.5mg
Koper 0.25mg
GTF Chroom 25µg
Cholienkompleks 10mg
PABA kompleks 10mg
Inositolkompleks 10mg
Molybdenum 15µg
Mangaankompleks 5mg
Kruiekombinasie: 200mg
“Cat’s Claw”
Curcuminekstrak
Roosmaryn
Betatene: 32mg
Betakaroteen 2.3mg
Alfakaroteen 72µg
Zeaxanthin 14.4µg
Cryptoxanthin 17.6µg
Lutein 11.2µg
Druifskilekstrak 50mg
Kool 30mg
Druifsaadekstrak 20mg
Groentee 20mg
Knoffel 12.5mg
Seegras 10mg
Lipoïensuur 5mg
Ko-ensiem Q10 2mg
Likopeen 2mg
Resveratrol 0.4mg

Neem al hierdie bestanddele elke dag vir drie maande lank, dan lyk en voel jy soos Daniël en sy vriende toe hulle koning Nebukadnesar beïndruk het. Hulle het wonderlik gesond gelyk en die koning het ook ervaar dat hulle tienmaal wyser was as al die ander jongmanne wat sy rykmanskos en wyn geniet het. Vervolgens is belangrike posisies in die koninklike hof aan hulle toegeken.

Stel jouself tevrede deur elk van hierdie bestanddele te “Google.” Dink dan aan die ongelooflike voordele wat die gekombineerde effek vir jou liggaam inhou indien jy hulle almal langtermyn op ‘n bekostigbare wyse kan kombineer.

4. Bekostigbaarheid

Die slegte nuus:

Dit sal jou meer as R100 per dag per uit die sak jaag om al hierdie gesonde kosse in organies-gekweekte vorm aan te koop. Selfs al sou jy dit maklik kan bekostig, sal dit moeilik wees om die aangeduide hoeveelhede elke dag te eet.

Die goeie nuus:

Danksy onlangse tegnologiese deurbrake kan jy deesdae al hierdie puik bestanddele in die aangeduide hoeveelhede in ‘n enkele daaglikse dosis van Ultragard van Sportron bekom teen ongeveer R10 per dag.

Kontak ons om te bestel. Oornag aflewering is landwyd beskikbaar en daar is verspreidingsentrums op bepaalde liggings.
Besoek ons blad  hier

Aanhaling: Measure your health by your sympathy with morning and spring. If there is no response in you to the awakening of nature –if the prospect of an early morning walk does not banish sleep, if the warble of the first bluebird does not thrill you –know that the morning and spring of your life are past. Thus may you feel your pulse.

Outeur: Henry David Thoreau 1817-1862, Amerikaanse digter, opstelskrywer, naturalis

You may also like...