Subtiele maar onnodige vergiftiging in jou eie huis

CHEMIKALIË IN DIE HUIS

Ter wille van jou en jou gesin se gesondheid is dit belangrik om kennis te neem van die skokkende waarheid oor die meerderheid bestanddele in gewone huishoudelike produkte.

Ons het die bestanddele van ‘n paar gewilde produkte nagegaan, naamlik ‘n ontsmettingsmiddel, bad-en teelwasser, algemene reiniger, skottelgoedseep, oondskoonmaker, waspoeier, versagmiddeI en sweetweerder. Hier is ‘n paar van ons bevindings:

1. Chloroxynol – kan ekseemagtige reaksie ontlok.

2. Benzalkoniumchloried – kan respiratoriese spiere verlam, die sentrale senuweesisteem onderdruk, velirritasie en oormatige droë vel veroorsaak.

3. Sodium Hipochloried – kan korrosie van slymvliese, perforasie van slukderm en maag, edeem (watersug) van slukderm en longe, bronchiale irritasie en velirritasie veroorsaak.

Wanneer dit met ammoniak meng, vorm dit baie giftige chloramiengas. Saam met asyn of sekere sure, vorm dit uiters giftige chloorgas.

4. Metasilikaat – kan vel en slymvliese irriteer, braking en diaree veroorsaak.

5. Monoethandanmien – kan allergiese reaksies ontketen.

6. Ammoniak – kan edeem van respiratoriese kanaal, spasma van stemspleet en versmoring veroorsaak. Gemeng met chloor vorm dit uiters giftige chloramiengas.

7. Aluminium – kan lei tot geheueverlies, agteruitgang van die brein, Alzheimer se siekte en tot tekorte aan fosfor en kalsium. Dit kan gewasse in sweetkliere laat vorm.

8. Dipentien – ‘n bekende irritant van die vel en oë. Kan allergiese reaksies ontlok en uitslag veroorsaak. Kan ook die buik-kanaal irriteer.

9. Sodiumkarbonaat – word deur die respiratoriese en verteringskanale geabsorbeer.

Akute effekte: Irritasie van die oë, boonste respiratoriese kanaal, longe en mukusmembrane van die ingewande, braking, diaree, maagpyn, ineenstorting en dood.

Velkontak veroorsaak rooiheid, oedema, dermatitis.

Inaseming kan toestande soos asma, emfiseem en brongitis vererger.

10. Ammoniak – uiters giftig. ‘n Baie klein hoeveelheid kan bewusteloosheid, koma en stuiptrekkings veroorsaak.

11. Sodium Lauryl etersulfaat – kan besmet wees met meetbare hoeveelhede etileenoksied, ‘n bevestigde karsinogeen, en 1,4-dioksaan, ‘n moontlike karsinogeen. Kan ook die senuweesisteem beskadig, inmeng met menslike ontwikkeling en die vel en oë irriteer.

Dit is ‘n omgewingsrisiko omdat dit stadig afbreek.

12. Liniêre alkielbenzenesulfonaat – irriteer oë, vel en spysverterings- en asemhalingskanale. Ernstige oogskade kan aangerig word. Skadelik indien ingesluk word. Kan die maag en slukderm perforeer.

13. Sodiumhidroksied – etlike gevalle van slukdermkanker het na jare se blootstelling voorgekom.

Kan die vel en oë brand, permanente oogskade en selfs blindheid veroorsaak.

Oortollige inaseming kan vloeistof in longe laat opbou, brongitis en permanente longskade veroorsaak. Irriteer die mond, neus, oë, keel en vel.

14. Isobutaan – kan die oë en vel irriteer en brand, die neus en keel irriteer en hoë konsentrate kan duiseligheid, lighoofdigheid, ongereelde hartklop en floutes veroorsaak. Baie hoë konsentrasies kan lei tot versmoring, bewusteloosheid, stuiptrekkings, koma en dood.

15. Lipase – kan oë, maag, asemhalingskanaal en vel irriteer.

16. Tetrasodiumetidronaat – kankerwekkend en bevorder velpenetrasie deur die vel se beskermende laag te vernietig sodat potensieel skadelike bestanddele makliker dieper in jou weefsel en selfs na jou bloedstroom kan indring.

Dit kan ook gevaarlike hoeveelhede kankerwekkende dioxaan bevat. Kan ekseem veroorsaak en die oë erg irriteer. Dit breek stadig af, wat skadelik is vir die omgewing.

17. Isopropiel-alkohol – en sy metaboliet, asetoon, onderdruk die sentrale senuweesisteem. Simptome van isopropiel-alkoholvergiftiging sluit in: hoofpyn, duiseligheid, depressie, naarheid, braking, narkose, hipotermie, hipotensie, skok, respiratoriese depressie en koma.

Daar is sekere chemikalieë waarvan inligting oor gevare vir mense nog nie vasgestel is nie. Toetse op laboratoriumdiere is meer geredelik beskikbaar, maar dit gee nie noodwendig ‘n aanduiding van die effek op mense nie, byvoorbeeld:

  • Mense reageer nie noodwendig soos laboratoriumdiere op toetse nie.
  • Aangesien verskillende spesies anders reageer bly die reaksie van mense onbekend.
  • Kinders en die ontwikkelende fetus is besonder vatbaar vir die uitwerking van gifstowwe.
  • Blootstelling wat min effek op volwassenes uitoefen, kan vernietigende geboortedefekte veroorsaak of nadelig inmeng by die normale ontwikkeling van ‘n kind. Alhoewel toelatings hiervoor gemaak word, kan gebrek aan kennis daartoe lei dat maatreëls wat toegepas word, nie voldoende beskerming bied nie.
  • Laboratoriumdiere word slegs aan individuele chemikalieë op ‘n keer blootgestel. Die sinergistiese effek van ‘n kombinasie van chemikalieë bly onbekend, selfs op toetsdiere.
  • Alle soorte toksisiteit word nie in detail bestudeer nie. Die voorkoms van sekere siektetoestande wat aan chemiese blootstelling gekoppel word, het in die afgelope paar dekades in nywerheidslande aansienlik toegeneem. Voorbeelde is aandagafleibaarheidsindroom (AAS), asma, vroeë menstruasie, veelvuldige chemiese sensitiwiteit en sekere ongesteldhede verwant aan wanfunksionering van die immuniteitsisteem.
  • Alhoewel hierdie ongesteldhede aan chemiese blootstelling gekoppel kan word, is die wetenskap om die meganismes van hierdie interaksies te monitor, nie so gevorder dat regulerende instellings toetse kan doen om vas te stel of sulke gevolge wel verwag kan word nie. Daar bestaan dus nie voldoende inligting oor die skakel tussen blootstelling en die siekte om ‘n haalbare risikoskatting te kan doen nie.
  • Die proses waardeur chemikalië bestudeer word of in ‘n lys van gifstowwe opgeneem word, kan polities of wetenskaplik van aard wees. Chemikalieë het al nabye ondersoek vrygespring as gevolg van inmenging deur die chemiese bedryf.
  • Min onafhanklike studies (deur iemand anders as die vervaardiger) word op nuwe produkte gedoen. Dit laat die indruk dat hulle minder skadelik is as meer gevestigde produkte. Dit mag waar wees, maar die werklikheid word eers na 15-20 jaar bekend wanneer onvoorsiene newe-effekte begin om na vore te kom.
  • Die beste evalueringsmetode wat ons tans het, gebaseer op oorwig van getuienis, bied steeds geen waarborg dat menslike gesondheid en die omgewing daardeur beskerm sal word nie.

Daar is talle hindernisse wat objektiewe en tydige evaluering van chemikalieë verhoed. Die volgende is nodig:

  • ‘n Besluit om ‘n spesifieke chemikalie te evalueer. Kostes, tyd, prioriteite te midde van die groot hoeveelheid bestanddele wat aandag moet geniet, politiese inmenging deur vervaardigers ens. beteken dat talle daarvan eenvoudig nie ge-evalueer word nie.
  • Voldoende data moet beskikbaar wees. Dit gebeur dikwels eers jare nadat die produk versprei is en dan omdat kroniese effekte rugbaar word. DDT is ‘n goeie voorbeeld van ‘n produk wat eers as “skadeloos” bestempel is en wat daarna vernietigende uitwerking op ekosisteme en soogdiere gehad het en dit steeds doen.

Bron: OPPTS Harmonized Test Guidelines, U.S. EPA Office of Prevention, Pesticides, and Toxic Substances, 27 Julie 2006.

Die bestanddele van etlike bekende oplosmiddels, reinigers en ontsmettingsmiddels word nie vermeld nie. Die vervaardigers is daaroor genader maar weier om inligting te verskaf.

Algemene gevolgtrekkings:

  • Potensieël skadelike stowwe word onskuldig verklaar totdat die teendeel bewys word.
  • Om skade te bewys kan maande of selfs jare duur.
  • Klein, oënskynlik skadelose hoeveelhede kan ophoop totdat dit lewensbedreigend word (bv. lood.)
  • Terwyl asmalyers se lewens bedreig kan word, word allergiestudies selde gedoen.
  • Die Randwaarde van ‘n kankerdood is onbekend maar sekere stowwe word vir ekonomiese redes toegelaat al bestaan bewyse dat dit kankerwekkend kan wees.
  • Inligting is beperk want navorsing is duur en tydrowend. Die bekende skadelike nagevolge is waarskynlik die punt van ‘n ysberg.
  • Navorsing word hoofsaaklik deur die produkvervaardigers self gedoen.
  • Algemene beskrywings soos “preserveermiddel”, “versoeter”, “anti-oksidant”, “kunsmatige geursel of kleursel” ens. verdoesel dikwels skadelike stowwe.
  • Vermy produkte waarvan die bestanddele nie aangedui word nie. Dien klagtes daaroor by die handelaars, die vervaardigers sowel as by die owerheid in.
  • Dit is uiters ironies dat gewaarborgde veilige produkte wat net so goed of selfs beter werk, teen ‘n fraksie van die koste van die winkelrakprodukte waaroor hierdie studie gaan, beskikbaar is. Kontak ons vir meer inligting hieroor.

You may also like...