Verslank gesond met heuning en kaneel

Volgens ‘n artikel in die Kanadese tydskrif, Weekly World News van 17 Januarie 1995 kan heuning en kaneel op vele belangrike terreine gesondheidsvoordele inhou. Dit kan jou selfs help om gewig doeltreffend op ‘n veilige en goedkoop manier te verloor.
Daar word beweer dat wetenskaplike navorsing daarop dui dat ‘n mengsel van heuning en kaneel kan help om die meeste algemene moderne ongesteldhede te genees en om van vetsug ontslae te raak.

Heuning word in bykans elke land ter wêreld geproduseer. Hierdie soet genot uit die byekorf word deesdae wyd aanvaar as ‘n baie doeltreffende geneesmiddel vir allerlei kwale. Dit het minstens geen newe-effekte nie, behalwe dat dit jou soet tand verder kan bederf.
Alhoewel heuning soet is, blyk dit dat wetenskaplikes eens is dat dit nie nadelig sal wees vir diabetespasiënte nie, mits dit in die regte hoeveelhede en vorm (rou) as medikasie geneem word.

Volgens die artikel het Westerse wetenskaplikes bevind dat heuning en kaneel jou kan help om die volgende toestande te genees of te verbeter:

Let wel:
Lees en vertolk die aansprake in hierdie artikel met inagneming van die algemene riglyne vir gesond leef wat in www.verslank.net nagestreef word, naamlik dat nie een enkele raat alles vir almal kan wees nie en dat ‘n gesonde balans ten alle tye nagestreef moet word.

Let daarop dat die aansprake in hierdie artikel nie klinies beproef is nie en dat resultate van persoon tot persoon kan verskil.

Alhoewel heuning en kaneel natuurlike voedingstowwe is, aanvaar die skrywer geen verantwoordelikheid vir enige nadelige gevolge wat kan ontstaan as gevolg van die toepassing van hierdie riglyne nie.

Kaneel is blykbaar een van die kruie wat bloedsirkulasie na die pelvis en uterus stimuleer, menstruasie kan bevorder en na aborsie kan lei of swangerskap kan verhoed. Ander kruie in dieselfde kategorie is “mugwort,” pietersielie, kamille en gemmer.

Gewigverlies
Drink elke oggend ‘n halfuur voor ontbyt op ‘n leë maag en saans voor slaaptyd ‘n eetlepel heuning en ‘n teelepel kaneelpoeier wat in ‘n koppie water gekook is. Gereelde gebruik kan die gewig van die mees vetsugtige persoon verminder. Nog ‘n voordeel van hierdie mengsel is dat dit nie vet toelaat om in die liggaam te vergader nie, selfs al eet die persoon ‘n hoë kalorie-dieet. (Kyk ook by www.verslank.net/Nuusbriewe/Verslanking/Waterterapie)

Hartsiektes
Maak ‘n pasta van heuning en kaneelpoeier, wat jy gereeld met ontbyt in die plek van konfyt op jou brood smeer. Dit verminder cholesterol in die are en help om hartaanvalle te verhoed. Selfs persone wat reeds hartaanvalle gehad het sal herhalings voorkom deur hierdie raat elke dag toe te pas.
Nog voordele is verligting vir kort-asem en dit versterk die hartklop. Verskeie verpleeginrigtings in Amerika en Kanada het reeds sukses behaal deur pasiënte so te behandel.
Are en slagare verloor soepelheid en raak verstop met ouderdom. Daar is egter bevind dat heuning en kaneel nuwe lewe in are en slagare blaas.

Artritis
Artritispasiënte kan elke dag driemaal, in die oggend, middag en aand twee teelepels heuning en ‘n klein teelepeltjie kaneelpoeier in ‘n koppie warm water neem. Selfs kroniese artritis kan met gereelde gebruik van hierdie kuur genees word.
Onlangse navorsing by die Universiteit van Copenhagen het getoon dat dokters wat hulle pasiënte met ‘n mengsel van een eetlepel heuning en ‘n halwe teelepel kaneelpoeier voor ontbyt behandel, geweldige deurbrake behaal. Binne ‘n week was 73 uit 200 pasiënte vry van pyn en binne ‘n maand kon byna al die pasiënte wat voorheen nie kon loop of rondbeweeg nie, sonder pyn begin rondloop.

Blaasinfeksies
Drink twee eetlepels kaneelpoeier en een teelepelvol heuning in ‘n glas louwarm water. Dit vernietig die kieme in die blaas.
Cholesterol
Brou tee met twee eetlepels heuning en drie teelepels kaneelpoeier in 400 ml water. Daar is bevind dat hierdie mengsel die cholesterolvlak in die bloed van ‘n cholesterolpasiënt binne 2 ure met 10% verlaag. Soos die geval is met artritis, word selfs kroniese cholesterolprobleme genees mits die behandeling driemaal per dag herhaal word. Indien suiwer heuning daagliks by jou voedsel gevoeg word, verlig dit ook cholesterolklagtes.

Verkoues
Indien mense wat sukkel met gewone of erge verkoues elke dag vir drie dae een eetlepel louwarm heuning met ¼ teelepel kaneelpoeier neem, sal dit die meeste kroniese gehoes en verkoues genees en die sinusse skoonmaak.

Omgekrapte maag
Heuning met kaneelpoeier genees maagpyn en klaar maagsere vanaf hulle oorsprong op.

Winderigheid
Volgens studies wat in Indië en Japan gedoen is, sal die maag van gas ontslae raak indien heuning en kaneelpoeier geneem word.

Immuniteit
Die daaglikse gebruik van heuning en kaneelpoeier versterk die immuniteitsisteem en beskerm die liggaam teen bakterieë en virusaanvalle. Daar is ook ontdek dat heuning hoë hoeveelhede van verskeie vitamines en yster bevat. Gereelde gebruik van heuning versterk witbloedselle wat bakteriese en virale infeksies beveg.

Swak spysvertering
Sprinkel kaneelpoeier op twee eetlepels heuning en neem dit voordat jy eet. Dit verlig suurvorming en help om die swaarste maaltye te verteer.

Griep
‘n Spaanse wetenskaplike het bewys dat heuning ‘n natuurlike bestanddeel bevat wat griepvirusse doodmaak en beskerming bied teen griep.
Langlewendheid
Neem gereeld tee gemaak van heuning en kaneelpoeier om die verwoesting wat ouderdom veroorsaak te vertraag. Kook tee met vier teelepels heuning, een teelepel kaneelpoeier en drie koppies water. Drink 1/4 koppie drie tot viermaal per dag. Dit hou die vel soepel en vertraag veroudering.
Lewensverwagting word verleng en oumense kan weer funksioneer soos baie jare vantevore.

Aknee
Maak ‘n pasta van drie eetlepels heuning en een teelepel kaneelpoeier. Wend saans voor slaaptyd op die geaffekteerde plekke aan en was dit die volgende oggend met warm water af. Hou aan vir twee weke, dit verwyder die puisies en genees die plek van hulle oorsprong.

Velinfeksies
Wend heuning en kaneel in gelyke dele op die geaffekteerde plekke aan. Dit genees ekseem, omlope en allerlei velinfeksies.

Kanker
Daar is met onlangse navorsing in Japan en Australië ontdek dat gevorderde maagkanker en kanker in die been met heuning en kaneel genees kan word. Persone wat aan hierdie tipes kanker ly moet driemaal per dag vir ‘n maand lank een eetlepel heuning en een teelepel kaneelpoeier neem.

Moegheid
Onlangse studies het bevind dat die suikerinhoud van heuning meer voordele as nadele vir liggaamskrag inhou. Seniors wat heuning en kaneelpoeier in gelyke hoeveelhede neem is meer oplettend en meer plooibaar.
Dr. Milton beweer dat sy navorsing gedoen daarop dui dat persone wat ‘n halwe eetlepel heuning in ‘n glas water, besprinkel met kaneelpoeier, elke dag wanneer hulle opstaan en weer om ongeveer 15:00 in die middag neem, binne ‘n week ‘n toename in lewenskrag ervaar. (Kombineer met Japannese waterterapie: http://www.verslank.net/index.php?option=com_content&task=view&id=124&Itemid=2)

Swak asemreuk
Suid-Amerikaners gorrel vroeg-oggende met een teelepel heuning en een teelepel kaneelpoeier in warm water. Dit hou hulle asem die hele dag vars.

Gehoorverlies
Neem elke oggend en aand heuning en kaneelpoeier in gelyke dele om gehoor te herstel.

Wees versigtig
Alhoewel gemaalde kaneel waarskynlik veilig is om te gebruik kan gekonsentreerde hoeveelhede ‘n depressiewe uitwerking hê. Geen doseringsvlakke is vasgestel nie, daarom moet veral swanger en borsvoedende vroue dit met omsigtigheid gebruik.
Daar is bestanddele in kaneel wat lewerskade kan veroorsaak. Wees veral versigtig as jy medikasie gebruik wat die bloed verdun of om bloedsuikervlakke te verlaag.
Enige bestanddeel uit ‘n enkele plant moet liefs nie vir lang aaneenlopende tye sonder onderbreking gebruik word nie. Daar is meganismes in die natuur om plante teen uitwissing te beskerm deur toksiese stowwe vry te stel wanneer plante oorbenut of onder druk geplaas word.
Die veilige langtermynoplossing is om meer en ‘n groter verskeidenheid rou en onverwerkte kossoorte, veral groentes en vrugte, te eet.
Stuur hierdie nuttige inligting aan jou vriende, familie en ander geliefdes. Elkeen het hulp op een of meer van hierdie terreine nodig.

 

Besoek asb ons Facebookblad by  https://www.facebook.com/gesond.verslank

 

You may also like...