Word Gesond
Voel jy uitgebuit, gefrustreerd, verward, ongemaklik of ongesteld as gevolg van produkte wat veronderstel was om vet oornag te laat wegsmelt, en al wat wegsmelt is jou geld en jou lewenskwaliteit?
Daar is sinvolle hulp vir jou in die vorm van veilige en doeltreffende natuurlike maniere om jou liggaam te help om ontslae te raak van daardie oortollige vetrolletjies.
Volgens die meeste dieet- en oefenklubs, moet mens net gebalanseerd eet, gesond lewe en genoeg oefening kry om te verslank.
Dit is sinvol om al hierdie dinge te doen en die resultate is dikwels bevredigend. Indien en wanneer jy egter by die punt kom waar jy dit alles gedoen het en jou liggaam steeds weier om verder saam te werk, kontak ons. Ons wil jou graag op ‘n meer persoonlike vlak verder ondersteun. Ons doel is om klem te le op “gesonde leefstyl” en ‘n gebalanseerde dieet wat jou help om die lewenskwaliteit te geniet wat jou Skepper vir jou bedoel het.
ASEMREUK as VERSLANKINGSEFFEK
Wanneer ‘n mens vas of jou daaglikse kilojoule-inname verminder, byvoorbeeld deur op ‘n dieet te gaan, dan begin die liggaam om die vetreserwes in die vetweefsel te gebruik om sy energiebehoeftes te bevredig. Namate die vet afgebreek word, word samestellings gevorm wat as ketone bekendstaan. Die ketone dring die bloedstroom binne vanwaar hulle dien as ‘n belangrike bron van energie vir ‘n verskeidenheid van weefsels.
Een van die ketone wat so gevorm word is asetoon. ‘n Persentasie daarvan word uitgeasem, wat die kenmerkende asemreuk verklaar van individue wat vas of op ‘n dieet is.
Indien jy dus ‘n asemreukprobleem ervaar, veral wanneer jy verslankingshulpmiddels gebruik, is dit ‘n goeie teken: Die hulpmiddels werk! Vetweefsel word afgebreek.
Klik op die “kontak” skakel indien jy oor hierdie probleem wil gesels.
ANDER BEHOEFTES TYDENS VERSLANKING
Die volgende behoeftes kan tydens ‘n verslankingsprogram na vore kom:
- Reiniging van jou dikderm van afvalstowwe wat neig om daar te vergader. Interne reiniging dien as belangrike afspringlek vir die handhawing van goeie gesondheid en om die doeltreffendheid van jou verslankingsprogram te verbeter. Coloplex kan in hierdie opsig vir jou wondere verrig en is beproef en veilig om te gebruik. Dit bevat slegs natuurlike voedingstowwe. Kyk by “Nuusbriewe/Verslanking/Detoksifisering as vertrekpunt…”
- Om te midde van ‘n druk program goeie, gebalanseerde en energiegewende etes te bekom wat nie vetmaak nie.
- Om gesonde proteine te bekom wat belangrik is vir spierbou en die formasie van hormone wat die tempo van die metabolisme beheer en glukose-toleransie verbeter.
Klik asseblief op die “kontak” skakel en vertel ons van jou frustrasies of stel jou vrae sodat ons jou kan help om alles wat jy wil bereik te behaal deur middel van ‘n gesonde leefstyl en goeie balans.