Alles val in plek as ons bid

More Jan,

Ek moet vir jou dankie se vir al jou emails en al jou woordjies…jy het my regtig deur die harde tye gedra met die genade van die Here…

Dis wat die verhouding so amazing onvergeetlik maak ek probeer nie eers om myself te bewys nie ek is net ek, hy probeer hom ook nie te bewys nie hy is net homself…

Ek het die keer dit aan die Here oorgelaat en ek het die wonderlikste geskenk ooit gekry…ek sal hulle nie verruil vir enige iets nie…

E… en T…. – sy is die naweek weer by ons…dis so funny gister toe vra my male of T… weer die naweek kom…E…. vertel toe hy mag haar van Donderdag tot Maandag dalk he want haar ma gaan Kaap toe moet gaan, my ma se toe geen probleem sy kan ook by ons huis oorslaap(want sien my beste vriendin se pa is laas dinsdag oorlede en maandag toe ek nou van die hospitaal af terug kom toe wou hy my nie alleen los nie en van maandag af slaap ek of  by sy huis of hy by myne) dis so wonderlik dat my male ook baie van hulle hou en hulle deel van ons familie wil maak…

Ek is net so gelukkig…hy is ‘n salesman nes my pa maar hy werk vir Nissan, my pa en hy was die heel naweek by die huis…dit was so moeilik om vanoggend in my motor te klim en werk toe te kom…en hy ook wou my nie los nie lol…

Alles val net so in plek, ons wil nie langer wag nie…ons is nou besig om te kyk vir ‘n familie huisie en so gou as moontlik verloof raak en trou.  Hy is die een ek sien dit meer en meer…ons wil nie langer wag nie ons wil ons lewe saam begin met die Here aan ons kant….

Hy kan dan weer onderdiaken wees, wat hy baie mis jy kan dit sien deur die manier en passie hoe hy daaroor praat…ek wil dit vir hom gee…ek wil by hom staan en sy steunpilaar wees…

Ek kan aangaan en aangaan oor die verhouding wat ons het…dit kom alles net so natuurlik…ons is bedoel vir mekaar…as ons saam vriende kuier kan jy die oe op ons voel brand wat na ons kyk hoe ons met mekaar praat en hoeveel respek ons vir mekaar het…ons staan mekaar so by…

Ja nee baie mense het vir die Bulle geskreeu hy is ‘n Leeu ondersteuner en het laas saterdag saam ons loftus toe gegaan en my blou bul trui aangetrek…lol…die naweek wat verby was het hy ook die trui aangehad…

Baie dankie vir julle ondersteuning BULLE BO!!!!!!!!!!!!

Lekker dag en week verder

Groete

R…..