Ek voel soos ‘n nuwe mens

Jan,

Ek moet eers vir jou n bietjie verslag gee,

Ek voel soos n nuwe mens!! Ek oefen nou elke dag n half uur lank en ek het my brood waaraan ek verslaaf is met 100% gesny!!! Ek werk nie meer volgens die skaal nie!!! Ek het agter gekom die skaal demotiveer jou!!! Ek sal wanner ek dink dit is tyd vir die skaal dan sal ek kyk wat gebeur het maar vir eers gaan ek net aan!!!

Ek het begin en vir my doelwit gestel en gese dis wat ek wil doen en dis waar ek wil wees!!! En ek werk hard daar aan want ek het net besef dat dinge gaan nie vir my werk as ek net terug sit en hoop dinge gebeur outomaties nie.

Ek het begin met n pik splinter nuwe blaadjie en ek is reg en sien uit na die nuwe “EK”!!!! Ek gaan elke maand vir n lekker facial gaan vir my belowing omrede ek so hard werk om dinge weer reg te kry.

Ek het ook vir myself gese dat indien ek weer wil swanger word moet ek eers top fiks wees want ek het gesien vroue wat fiks is het dit net soveel makliker. Nie dat ek nou al van plan is om weer swanger te word nie maar wel oor 2 jaar se kant en dan wil ek op my fikste wees!!!!

Ek is so gemotiveer dat ek sommer van beroep wil verander maar ek weet nie watter beroep ek wil doen nie, ek is baie lus vir n ingeneurs beroep of n LLB!!!

Ek moes dit net met jou deel!!!

Geniet jou dag en jou naweek!!!

Groete

P…