Jy kan maar op God vertrou

Beste, Jan

Dankie vir jou pragtige getuienis van jou ouers. (Verwysend na “Nuusbriewe”, “Verhoudings”, “Langtermynverhoudings is Moontlik”) 

Ja, ek het ook altyd daarna gesmag om so ‘n verhouding met my man te kon he.  Ek glo natuurlik dat die mense van daardie era net nie geglo het aan skei nie.  My ouma en oupa was ook getroud tot oupa in 1987 oorlede is.  Ouma het nog ‘n onberisperlike lewe gelei tot nou die 7de Julie 09.  Ons het haar Saterdag tot ruste gele.

Ek is ongelukkig getroud toe ek 18 was en my huwelik het gehou vir 8 en ‘n half jaar.  Ek het ‘n baie goeie man ontmoet en is toe weer getroud, maar agv jaloesie, drank en aanranding is ek weer geskei.

Na 11 jaar.  Nadat ek ook vasgebyt het, op my kniee gebly het en toe maar later opgegee het.  My grootste begeerte was om eendag saam met hom oud te word,  maar die vernederings was net te groot.

Ek het baie gesoek na aanvaarding, liefde en aandag en natuurlik iemand om my lewe mee te deel.

Ek het ophou soek en Jesus het vir my iemand gegee.  Weer ‘n wonderlike man en verder vra ek net elke dag vir genade om dit te laat werk.  Al is hy 8 jaar jonger as ek.

Die Vader bly net vir my wonderlik en vol liefde.

Seenwense vir jou en jou vrou.

Dankie vir jou mails, al antw ek nie altyd nie.

Groete