Ek wil graag iets met u deel, ek voel behoorlik soos ‘n klein kindjie wat vir die eerste keer ‘n stokkielekker gekry het.
So hoor en lees ek altyd dat die Here vir die of daai persoon ‘n gedeelte uit die woord gee as hulle iets vra, maar ek kan nie onthou dat dit al ooit met my gebeur het nie.
So bid ek ook die laaste paar maande dat die Here vir my iets ‘n gedeelte uit Sy woord moet gee of vir my praat.
Maar soos ons weet, kan een dag vir die Here soos duisend jaar vir ons wees…. Gister kom een van die skoonmakers by my en vra of ek nie sal help om vir haar kind te bid nie, want die duiwels is binne in haar kind. Die kind skree in sy slaap en selfs as hy wakker word, dan is hy nie homself nie en hy wil nie skool toe gaan nie.
Ons praat toe so en ek sê toe ek sal vir die seun bid. Net toe sy my kantoor uitstap, maak ek my mail oop en hier is u boodskap van “Maak Skoon Jou Huis”. Daar was ongelukkig nie gister nog tyd om vir haar die boodskap wat u vir my gestuur het, vir haar te kon gee nie. Ek was vanoggend so opgewonde om vir haar te vertel, die Here het reeds ‘n antwoord gehad terwyl ons gister gesels het, maar ek kon dit eers vanoggend met haar deel. Gelukkig kan sy Afrikaans lees, toe print ek dit vir haar en sê sy moet dit rustig gaan lees en weer terugkom na my toe.
O ek prys die Here so geweldig.
Kommentaar

#2 2015-05-09 19:21
Jammer dat ek nie my DANK EN WAARDERING kon tik in my vorige kommentaar en met al my vrae en dinge.
Ek wil ook net uitvind op jul tuisblad noem van lewens veranderinge en om ander mense te help teen ekstra betaling, hoe kan ek inligting oor die onderwerp bekom of het ek die boodskap verkeerd verstaan?
Maar hoe ook al BAIE BAIE DANKIE vir Julle hulp en die feit dat Julle die Woord van die Here as ‘n basis van Jul lewe en die Webtuiste gebruik en vir my soos ware Christene optree. Want God se Woord is Waar en die Lig van my lewe.
Thelma Thomas

#1 2015-05-09 19:07
Goeie Naand aan Sulke Goeie Mense en ‘n bonus daarby Gelowige Mense,
Ek is uit my vel om ek weet nie of dit toeval is nie want ek glo nie in toeval nie maar ek kon nie glo toe ek op julle webtuiste afkom nie.
Ek het alles wat ek kon afgelaai oor diete en dis waar ek was opsoek na ‘n lewensverandering en gewigsverlies daar by. Ek sal nou vanaand alles goed deur lees maar ek wil weet of julle my dalk kan help met ‘n diet wat ek kan volg want ek wil vas maar is ‘n tipe 2 diabeet en drink my 2 tipe medikasies wat voorgeskryf is saam met ‘n hele klomp ander medikasies vir bloeddruk ens. Daar is net iets in my diepste binneste wat my bly aanspreek om te vas maar weet nie presies hoe dit alles werk nie en weet nie kos gewys wat om te eet en wat nie. Ek wil ook weet as ‘n mens vas kan jy net vas vir 1 spesifieke ding in jou lewe vas of kan jy vir alles wat fout is op eenslag vas? Die ander ding wat ek wil weet wat se gebede moet ek bid en vir hoeveel dae moet ek vas?
#3 Admin 2015-06-10 09:53
Hallo Thelma, jammer dat ek nou eers antwoord.
Baie dankie vir jou bemoedigende woorde. Daar is egter niemand wat goed is nie behalwe God self, en vir soverre daar iets van Hom in ons lewens deur genade tot stand kom. Alle eer aan Hom wie fit waardig is.
Daar is nie toeval nie, net die Lig wat val: toe val die lig!
Die eetplanne op hierdie webwerf gee jou ‘n goeie basis vir gesond leef. As jy “diabetes” by die soekvenster regs bo in die webwerf intik, sal dit jou na ongeveer 20 plekke toe neem waar jy goeie wenke oor jou probleem sal vind. Kyk veral na waterterapie.
Die medikasies wat jy neem sal nie die kernprobleem aanspreek nie: jy moet jou leefstyl verander. Anders gaan die medikasie se newe-effekte jou inhaal in ‘n eindelose spiraal.
Stuur vir my asb jou e-posadres dan stuur ek vir jou meer inligting oor vas en gebed sowel as oor hoe om waarheid by God te kry in verband met dinge wat jou lewe versuur.