Toe val die lig

Goeie dag!!! Baie baie dankie vir u moeite!!

Ek is so opgewonde oor die webwef waarop ek ” toevallig” afgekom het!!! Ek weet niks is toeval en ek glo God se lig het daarop geval!!!! Ek wil graag met u iets besonders deel.

Ek en 5 ander vrouens het begin Junie ‘n ondersteuningsgroepie begin ons noem onsself JJJdit staan vir Jump with Joy for Jesus.  Ons almal is tussen 10 en 50 kg oorgewig en nou help ons mekaar deumekaar aan te spoor om gym toe te gaan, ons kom Woensdae aande bymekaar en gesels lekker oor die week wat verby is en ons gesels oor die slaggate waarin ons val, en die belangrikste is dat ons saam bid.

Ons bid vir mekaar, ons weeg elke Saterdag middag en ons het al ‘n hele klompie pryse.

Ons eerste ” uitdaging” onder mekaar is om 10 kg teen einde September te verloor .

Ekself sukkel geweldig ,ek gaan Curves toe tot 6 keer per week, maar verloor op die stadium net sentimeters en sukkel verskriklik om gewig te verloor. Ek het ten minste 25 kg om te verloor sodat ek uit die vetsugsone kan uitkom.

Ons almal is gelukkig baie gemotiveer en ons glo die groepie gaan nog groot hoogtes bereik. Ons klompie vrouens is werklik op ‘n unieke en wonderbaarlike manier bymekaar gebring!!!

Ek sal verseker u webtuiste baie besoek, want ek is gedurig opsoek na nuwe info waaroor ons Woensdae aande kan gesels.

BAIE GROETE EN DANKIE VIR U WONDERLIKE WEBWERF!!!!

Kommentaar

#2 Admin 2015-02-15 07:43

Dit is die lig wat die leuen ontbloot : http://verslank.net/176-2/toe-val-die-lig/bomenslike-vrede-oorkom-kompulsiewe-gedrag/

#1 SM Erasmus 2015-01-31 12:00

AMEN! AMEN! AMEN!
Ja, ek bevestig – verseker gebeur niks, maar niks, “toevallig” in ons lewe nie!!!!!
Kyk, dit werk so ,,, ,,, TOE VAL GOD SE LIG daarop = toe val lig, God se LIG!
Ek het net ingetik by google – kaneel, wil kyk waarvoor is kaneel alles goed ,,, ,,, en WAT ‘N WONDERLIKE ONTDEKKING – presies wat God vir my in my lewe wil hê!
Dankie Here, vir al hierdie wonderlike mense! Dankie dat niks maar niks, in my lewe TOE VAL LIG gebeur nie! Ek loof en prys U, my hemelse Vader!