Bomenslike Vrede Oorkom Kompulsiewe gedrag

VREDE WAT DIE MENSLIKE VERSTAND TE BOWE GAAN

Shari het met haar pastor gaan praat oor die depressie en angstigheid wat sy oor die afgelope paar maande ervaar het.

Die medikasie wat sy vir die angsaanvalle neem, het ‘n bietjie gehelp maar sy het steeds elke dag met talle subtiele vrese saamgeleef.

Shari het probeer om meer te bid, om haar Bybel te lees en het elke week die damesgroep by die kerkgemeenskap waaraan sy behoort, bygewoon maar die stryd het voortgeduur.

Erge mosienele pyn het haar soms daartoe gedryf om selfmoord te oorweeg.

Shari het nie geweet dat haar pastor so pas ‘n video-opleidingseminaar oor ‘n nuwe bediening voltooi het nie. Die bediening staan bekend as Transformasie (voorheen Theophostic) Gebedsbediening. Die pastor was nog onseker of hy moet probeer om hierdie nuwe benadering met Sarie te volg. Hy het dit nog nooit gedoen nie, maar het nietemin besluit om haar ten minste aan die benadering bekend te stel.

Hy het begin om die bediening se basiese beginsels aan haar te verduidelik. Shari het mooi geluister en toe besluit dat sy graag wil dat hy die proses op haar moet toepas.

Die pastor het gebid vir leiding en onderskeidingsvermoë en toe die beginsels wat hy aangeleer het gebruik om haar te help om die spoor van haar vrees tot by sy oorsprong in haar herinneringe te volg.

Binne ‘n paar minute het enorme pyn in haar gemoed na vore gekom en het sy begin vertel van ‘n baie onstellende herinnering van oorweldigende pyn en emosionele seer wat sy as kind ervaar het.

Die pastor het by tye gedurende die proses nie geweet wat om te doen nie. Hy het self ‘n bietjie bang geword. Wanneer dit gebeur het hy gebid en weer die beginsels in die opleidingshandleiding wat hy tydens die seminaar ontvang het nagegaan.

Hy het mettertyd besef dat Shari ten spyte van die intense pyn wat sy ervaar (dit was byna asof sy die gebeure wat sy beskryf werklik weer deurleef) oënskynlik nie beheer verloor nie.

Terwyl sy die hele herinnering deurleef en al die vrees en pyn ervaar, het hy sagkens gebid. Later het hy haar gevra om te beskryf wat sy voel. Sy het vertel van intense vrees en paniek (baie soortgelyk aan die paniek wat in haar hedendaagse lewe na vore kom.)

Hy het haar gevra om te identifiseer wat daar in die herinnering is wat veroorsaak dat sy voel soos sy voel. Sy het gerapporteer dat sy glo dat sy gaan sterf. Die versoeking by die pastor was groot om haar gerus te stel dat sy heeltemaal veilig was omdat dit maar net ‘n herinnering is. Hy het hom egter daarvan weerhou. Hy het by die seminaar geleer dat om dit te doen, slegs haar vrees sal onderdruk en dit nie sal wegneem nie. Hy het stilgebly, gewag en haar terselfdertyd aangemoedig om haar vrese in die gesig te staar en om hulle volledig te herleef.

Shari het geleidelik, stap-vir-stap, begin om die ware oorsprong van haar pyn te identifiseer en dit te verstaan. So het sy ontdek dat dit nie uit die herinnering kom nie maar wel vanuit leuens in die herinnering. Sy het dinge kwytgeraak soos: “Ek gaan sterf,” “Ek kan nie asem kry nie. Ek versmoor!” en “Dit is alles my skuld.”

Te midde van haar intense emosionele en fisiese pyn, vrees en paniek het die pastor die Heilige Gees gevra om die waarheid aan haar te openbaar. Alles het eensklaps verander. Die pastor het gesien hoedat ‘n kalmerende golf van vrede haar oorspoel. Shari het onmiddellik opgehou om uiting aan pyn te gee. Haar asemhaling het ontspanne geraak en die uitdrukking van paniek en angs op haar gelaat het verander na een van volledige vrede en kalmte.

Sy het die pastor glimlaggend aangekyk en van verligting gesug. “Alles is uiteindelik verby. Nou weet ek dat ek nie meer daar is nie. Jesus het gesê dat ek my nie sleg of skandelik gedra het nie en dat dit nie my skuld was nie. Jesus het gesê dat Hy deur sy waarheid daardie pyn vir ewig verwyder het.”

Sy en die pastor het saam trane van vreugde gestort. Hy het nog nooit gesien hoedat soveel pyn by enigiemand vervang word met sulke egte innerlike vrede nie. Later het hy aan die pastor en vriend wat hom van die bediening vertel het gesê “Dit was asof ek op heilige grond gestaan het. Dit was inderdaad ‘n heilige oomblik. God was daar teenwoordig!”

Shari se verhaal is reeds duisende kere wêreldwyd deur pastors, beraders, professionele persone en ander mense oorvertel. Mense wat hierdie eenvoudige maar kragtige bedieningshulpmiddel gebruik sedert Transformasie Gebedsbediening in die vroeë 1990’s ontwikkel is.

Vertaal uit “Healing Life’s Hurts – Experiencing the Peace of Christ Through Theophostic Prayer ” deur Edward M. Smith, New Creation Publishing 2002, 2005.

Kompulsiewe gedrag

Omstandighede soortgelyk aan dié wat Shari beleef het, veroorsaak dat baie mense kunsmatige vrede by ooreet, seks, drank of ander “genietinge” soek. Die enigste permanente oplossing vir sulke probleme is om die waarheid oor jou omstandighede en die leuens wat jy daaroor glo direk van Jesus te ontvang.

Dit is wat God via Transformasie Gebedsbediening vir jou kan en wil doen. Lees gerus meer hieroor in Dr. Ed Smith se boek.

‘n Gratis boekgedeelte

Die eerste drie hoofstukke van Ed Smith se boek “Healing Life’s Hurts” is gratis in e-formaat beskikbaar. Laat weet my as jy dit wil lees en verskaf jou e-posadres, dan stuur ek dit graag vir jou aan.

Kommentaar

#5 Admin 2015-08-20 12:14

Dalene sal jy asb vir my jou e-posadres aanstuur?
#4 Dalene 2015-08-19 08:43
Ek stel ook belang om meer te weet Stuur asb. vir my Dr Ed Smith se boekgedeelte. En dan wil ek weet of ek Miranda se kontakbesonderhede kan kry asb.? Sal graag saam met haar deur die golwe van die Lewe wil deurwerk. Baie dankie
#3 Admin 2015-01-27 21:35
Waarheid bring die vrede wat ons menslike verstand te bowe gaan.
#2 Admin 2014-10-09 21:17

Amen Miranda, jou kommentaar is in alle opsigte in die kol en maak my dankbaar-opgewo nde, want dit is die Here wat Sy kinders met Sy waarheid wil bedien, geen mens kan iets tot die proses bydra nie.

TPM bedieners word opgelei om uit die pad te kom en te bly sodat die Volmaakte kan doen wat net Hy kan doen. Ek stuur graag vir jou Dr Ed Smith se boekgedeelte vir meer agtergrond as jy dit wil lees.

#1 Miranda 2014-10-09 15:32

Ek sou graag meer wou weet oor die Theophostic gebeds bedienning – – – Dit maak vir my sin dat leusn van die leunaar n mens onwetend aan n sekere gedrag kan skuldig maak..dis presies hoe hy te werk gaan en mens op so mate weerhou om uit te kom by die punt waar mens werklik vry en oop staan voor Vader om mens te kan gebruik na Sy Wil en Guns.. Ek het egter n baie analietiese karakter en sou presies wou weet hoe die gebed ( terapie) in my geval sou help – wie sou my dan “deurbid” n ou kan dit seker nie op die net doen nie of hoe? Dan ook wil ek eintlik die belangrikste van als – weet en hoor of die groep en ek neem aan dat U ook deel is – erken dat daar n Drie enige God bestaan, God Vader die Heilige Gees en Jesus Christus wat vir ons sondes gesterf het op die kruis en dan ook beslis op gestaan het ? Mmm ek dink dit is n goeie afskop punt vir my in die eerste plek voordat ek sou ( want ek wil hulp he) betrokke raak en myself bloodstel… Dankie dat U terug geantwoord het ek sien uit ..