Baie dankie vir jou besoek

My naam is Jan en die liefde in my lewe is Juanita. Ons vier kinders vlnr, Antoinette, Henno, Sanet en Pieter.
Ons is hier om jou te help om algehele welsyn na te streef. Daarvoor het ons vooraanstaande gesondheidspraktisyns, dieetkundiges, teoloë en beraders as medewerkers.
Algehele welsyn begin deur te verstaan dat die mens as ‘n eenheid geskep is en in alle opsigte as ‘n eenheid moet funksioneer.
Tweedens moet ons verstaan dat elkeen self verantwoordelikheid vir sy eie gesondheid moet neem. Niemand anders sal of kan dit beter namens jou doen nie.
Hoe voel jy oor die lewe?
Wat sou jy anders wou sien as jy iets kon verander?
Waaroor bekommer jy jou die meeste?
Vertel gerus. Ons respekteer jou privaatheid.
Al die Fasette van Mens-wees
Ons Skepper se plan is dat Sy kinders nie net geestelik nie maar ook fisies, verstandelik, emosioneel en psigies gelukkig en gesond sal wees.
Gesonde Leefstyl eerder as Dieet en Gewigbeheer
Oorgewig is deesdae ‘n reuse probleem in ons samelewing.
Die term “Verslank” bring uiteenlopende gedagtes en emosies na vore. Alle mense is nie eenders gebou nie, en kan dus nie eenders lyk nie. Ter wille van goeie gesondheid plaas ons eerder die klem op afmetings en op ‘n “gesonde leefstyl” as op “diet” (dieet) of “verslanking” en “oorgewig.”
Die voordele van ‘n gesonde leefstyl:
- ‘n gesonde, aantreklike liggaam
- normale gewig vir jou liggaamstipe
- verbeterde immuniteit
- minder afhanklikheid van medikasie
- goeie energievlakke
- ‘n gereguleerde metabolisme
- ‘n sinvolle verhoudingslewe
- ‘n positiewe en gelukkige lewensuitkyk
- onnodigheid om afskeep-diete te volg
- meer selfvertroue
- onafhanklik van medikasie
Wees bereid om te erken
Volgens statistiek is 60-70% van die Suid-Afrikaanse samelewing oorgewig. Die 2011 inisiatief om oorgewig in die land aan te spreek was prysenswaardig. Nogtans ly 66% van diegene wat oorgewig is steeds aan ontkenning.
Die probleem strek selfs verder as wat oor die algemeen besef word: oorgewigprobleme verrineweer verhoudings, gesinne, selfbeeld, gesondheid en lewenskwaliteit.
Volhoubare oplossings is slegs moontlik as die probleem holisties benader word. Die oorgewigprobleem sal self regkom wanneer aandag eerder aan ‘n gesonde leefstyl as aan voorkoms en oorgewig gegee word
Selfs diegene wat in ontkenning leef sal met ‘n gesonder leefstyl outomaties gewig verloor. Die grootste voordeel is egter beter lewenskwaliteit, beter gesondheid, minder mediese uitgawes en meer onafhanklikheid wanneer die ouderdom toeslaan.
Die inligting in hierdie webwerf kan jou lewe verander omdat dit jou kan help om jou afmetings op ‘n veilige en doeltreffende wyse te beheer deur sinvolle keuses te maak wat met ‘n gesonde leefstyl verband hou.
‘n Nuwe, gesonde leefstyl is egter nie iets wat oornag gebeur nie. Dit word ook selde deur iemand in isolasie bereik. Daarom wil ons jou nie alleen die stryd laat stry nie. Ons wil jou graag so ondersteun dat jy sal leer hoe om aandag te gee aan die volgende aspekte, omdat dit jou hele lewe sal verander:
- Jou verhoudings met jou Skepper, jouself en jou medemens
- Jou eetgewoontes
- Oefening
- Sinvolle en gebalanseerde voedselaanvulling
- Gesonde bestuur van geldsake en sinvolle maniere om inkomste aan te vul
Oorgewig gaan ook dikwels gepaard met ongesonde cholesterolvlakke. Kontak ons en vertel ons daarvan.
Ons belewenis
Ek en Juanita het in die negentigs ons leefstyl op verskeie terreine aangepas. Groot was ons vreugde toe die kinders en kleinkinders ons voorbeeld volg. Almal geniet die voordele van ‘n gesonder leefstyl:
- Ons afmetings (en gewig) is korrek en dit bly stabiel.
- Ons energievlakke en ons algemene gesondheid is nou beter as toe ons twintig jaar jonger was.
- Besoeke aan dokters en die gebruik van medikasie is ‘n rariteit.
- Besparings op ons mediese fonds hoop so op dat krediete soms aan ons terugbetaal word.
- Ons geniet die beter lewenskwaliteit van die afgelope twintig jaar geweldig baie.
Ons wil jou graag sinvol bedien met riglyne wat vir ons werk. Dit kan ook vir jou lewensveranderend wees.
Terselfdertyd wil ons graag ‘n langtermyn verhouding met jou aanknoop. Ons wil in vertroue en met vrymoedigheid kan gesels oor gesondheid, verslanking, gewigbeheer, eetgewoontes, verhoudings en ander dinge wat saak maak al gaan ons mekaar dalk nooit op persoonlike vlak ontmoet nie.
Waarom gee ons om? Omdat ons soveel onverdiende genade ontvang dat ons nie anders kan as om iets daarvan ook aan ander oor te dra nie. Dit gee aan ons onbeskryflkie vreugde as ons ‘n positiewe verskil in iemand se lewe kan maak.
Omtrent ons
Ek het die eerste lig op 1 April 1943 gesien en Juanita op 9 April 1946. Ons is op 11 Desember 1971 getroud en is geseën met twee dogters, daarna twee seuns en tot dusvêr ses kleinkinders.
Ons geniet die matige klimaat van die skilderagtige Warmbad (deesdae Bela-Bela) in die Waterberg distrik van Limpopo provinsie. Van hier af reis ons wanneer die geleentheid hom voordoen na Mosambiek waar ons langs ongerepte tropiese strande ontspan. Oppad na en by ons boskamp bou ons aan verhoudings met die vriendelike maar arm plaaslike landelike bevolking.
Een van ons passies is om goeie gesondheid te geniet en om ‘n gesonde leefstyl ook by ander aan te moedig. Ons glo dat ware lewensvreugde saamhang met goeie verhoudings en diensbaarheid.
Omtrent jou
Neem asseblief vrymoedigheid om ons te vertel wat vir jou belangrik is. Ons sal die voorreg koester en geen inligting van jou sonder toestemming aan enigeen oordra nie. Soos reeds genoem, hoe meer ons van jou af weet, hoe meer doeltreffend kan ons jou help.
Indien jy egter verkies om anoniem te bly, sal ons jou keuse respekteer en jou steeds na die beste van ons vermoë ondersteun.
Die Oorgewigprobleem
Die koorsagtige tempo en hoë verwagtinge van die moderne samelewing veroorsaak dat gewigbeheer, verslanking, “diet” (dieet) en goeie gesondheid alte dikwels ‘n groot maar ontwykende uitdaging bly.
Oorgewig, wat gewoonlik gepaard gaan met verkeerde eet- en oefengewoontes, gee aanleiding tot baie van die grootste en gevaarlikste gesondheidsrisikos van die hedendaagse samelewing.
Eenvoud is die sleutel tot effektiewe verslanking, beter lewenskwaliteit en blakende gesondheid. Hierdie beproefde, eenvoudige en praktiese benadering stel jou bekend aan ‘n leefstyl wat jou kan help om altyd slank en gesond te bly, goed te lyk en goed te voel.
Klik asb. op die skakels links bo om na die spesifieke verslankingsonderwerpe, wenke en nuusbriewe te kyk. Jy is ook welkom om ons te kontak vir inligting oor veilige en doeltreffende gesondheidshulpmiddels.
Ons sal ook graag vir jou leefstylaanpassings aanbeveel, wat gemik is op jou eie, unieke omstandighede en behoeftes. Dit alles kan so lewensveranderend wees dat dit baie van jou prioriteite kan verander. Jy mag selfs besluit om oor te slaan na ‘n nuwe, opwindende, onbeperkte en lewenslange bron van passiewe inkomste wat jy genereer deur ander te help om ook hulle doelwitte te bereik.
Watter aspek van beter lewenskwaliteit jy ookal nastreef, ons wil jou graag help, ondersteun en aanmoedig! En as daar enige eer en dank voortspruit, kom dit alles die Here toe wat ons deur onverdiende genade tot alles in staat stel.
Die nakoming van die POPI-wet vereis dat ons by die Gesondheidsgesin (met inbegrip van die verslank.net webwerf) moet seker maak dat ons die persoonlike inligting van elke persoon met wie ons te doen het, beskerm. Ons is daartoe verbind om aan die betrokke vereistes te voldoen en het die nodige beleide en prosedures geïmplementeer om inligting wat aan ons verskaf word, te beskerm. Ons privaatheidsbeleid bepaal dat ons die volgende inligting waartoe ons toegang het sal beskerm: · Voorname en vanne · E-posadresse · Kontakinligting Indien jy inskryf vir ons nuusbriewe sal jy outomaties by ons poslys ingesluit word. |