AAS – Aandagafleibaarheidsindroom

Albert Einstein was een van die mees intelligente mense wat nog ooit geleef het, en hy het aan AAS gely!

Mense wat aan AAS ly is gewoonlik baie flink en intelligent. Is jou kind die volgende Einstein?

Die gebruik van medikasie vir die behandeling van AAS en die standpunt dat die toestand geneties vasgelê word kan mislei en verwar, kinders se lewens verwoes en gesinsverhoudings versteur.

Die effek van medikasie kan in die meeste gevalle vergelyk word met pogings om ‘n vuur met ‘n kombers te blus. Jy mag die rook onderdruk en die vlamme tydelik demp, maar die vuur sal aanhou smeul en weer opvlam sodra die kombers verwyder word of wegbrand.

Dit blyk dat die grootste gemeenskaplike faktor wat aanleiding gee tot AAS, ‘n tekort is aan noodsaaklike vetsure (Omega-3), vitamine B6, magnesium en sink in die dieet; indien daar ‘n oorerflike korrelasie is, dan het dit waarskynlik meer daarmee te make dat kinders leer om soos hulle ouers te eet en te leef, as met die genetiese samestelling van die individue.

Dit is noodsaaklik dat alle transmetaboliete, waarvan die hoofbron margarien is, uit die dieet van die hiperaktiewe kind onttrek moet word.¹ Kunsmatige kleur- en geurmiddels moet ook vermy word.

Die gereelde toediening van Omega-3 olies en vitamine B6, magnesium en sink (verkieslik in vrylik-opneembare natuurlike plant- of voedselvorm) tesame met die nodige ko-faktore vir goeie opname, sal in die meeste gevalle die kind se liggaam in staat stel om self die probleem onder beheer te kry. Slegs in uitsonderlike gevalle waar sulke leefstylgebaseerde aanpassings nie werk nie, behoort medikasie oorweeg te word.

Jarelange waarneming van kinders met AAS het male sonder tal bevestig dat so ‘n veilige benadering in die oorgrote meerderheid van gevalle doeltreffend werk. Daar is geen newe-effekte soos wat die geval is met alle medikasie nie. Boonop leer kinders (en hul ouers) die waarde van goeie leefstylkeuses en sinvolle dieetkundige steun vir die liggaam.

¹ Prof. C. F. van der Merwe, MEDUNSA, seminaar oor AAS [Hiperaktiwiteit] by die University van die Witwatersrand, 2004: “it is imperative to withdraw all trans metabolites from the diet [of the hyperactive child.] The main source of trans acids is margarine. There is no justification for the use of margarine in any person’s diet. The latest research indicates that margarine increases serum cholesterol. It probably contributes to the high incidence of cancer in the comunity as well.”

Om AAS (Aandagafleibaarheidsindroom) te Indentifiseer

Is die volgende gedragspatrone by jou kind waarneembaar? (Die hoeveelheid en intensiteit van simptome verskil baie, maar eien die tendens)

Babas

Rusteloosheid

Eetprobleme

Koliek

Slaapprobleme

Aanhoudende gehuil

Kleuters

Gedurig aan’t beweeg

Altyd by alles betrokke en vat aan elke moontlike voorwerp

Ouer kinders

Vroetel die hele tyd of skuif gedurig voete rond

Kan nie vir lank by een aktiwiteit bepaal nie

Verloor gou belangstelling in leesstof

Abnormale dors maar normale urinering

Gebek aan konsentrasie

Woedebuie/aggressie

Ongeduld

Gou gefrustreerd

Lompheid

Slaapversteurings

Asma, hooikoors en ander respiratoriese ongesteldhede

Impulsiwiteit

Swak selfbeeld

Opdringerig

Besitlik

Ongehoorsaam

Ongeorganiseerd en morsig

Swak begrip

Swak immuniteit, allergieë, ekseem, onvolwassenheid

Gereelde gebruik van antibiotika lei na verdere probleme

Gesinslede

Ly dikwels aan allergië, hooikoors, migraine, erge PMS

Uitputting en skuldgevoelens

Indien ja, is dit moontlik dat hy / sy aan Aandagafleibaarheidsindroom (AAS) ly.

Die sleutel tot die hantering van sulke kinders is dieetkundige bestuur, dissipline en baie liefdevolle sorg.

Waar of Onwaar?

1. Persone met AAS reageer soms op sekere chemikalieë in voedsel.

2. Mense met AAS sal nooit presteer nie.

3. Vitamines en vetsure kan mense met AAS help.

4. Mense met AAS word nooit dors nie.

Het jy reg geantwoord? Kom ons kyk…

1. waar

2. onwaar

3. waar

4. onwaar

Gebed om Vrede

Here gee my vrede om dit wat ek nie kan verander nie te aanvaar, die moed om te verander wat ek kan en die wysheid om te kan onderskei.

Klik hier  om ons Facebookblad te besoek

You may also like...