Afrikaans is gevaarlik!

Die Skepping, voeding en Afrikaans

Hierdie tong-in-die-kies aflewering bevat ook belangrike boodskappe vir die meeste van ons.

In die begin het God die aarde met broccoli, blomkool, spinasie en met groen, geel en rooi groentesoorte bedek sodat mans en vroue lang en gesonde lewens kan lei.

Toe het die mens die oorvloedige gawes in die skepping gebruik om roomys en Magnums te maak. Toe sê die vervaardigers “Wil julle warm fudge hê om daarmee te eet?”

Die manne antwoord “Ja” en die vroue voeg by “ons sal ook neem, maar ons s’n moet sjokolade by hê.” En siedaar, hulle tel 5kg gewig op.

Toe word gesonde jogurt ontdek sodat die vrou die mooi liggaam kan behou wat die man so bekoor.

Die vindingryke bedryf bring toe wit koringmeel en rietsuiker te voorskyn en kombineer die twee. Gevolglik het die vrou van ‘n nommer 12 na ‘n nommer 14 vergroot.

Heerlike, gesonde vars groen slaai word voorsien, maar bloukaas smeersel en knoffel braaibroodbrokkies kom as bykosse te voorskyn. Na die genietinge maak beide man en vrou hulle lyfbande los.

Die mens sien dat daar gesonde groente en vrugte te eet is en boonop olyfolie waarin hy dit kan gaarmaak.

Daar verskyn toe egter koninggarnale in olie gebraai, kreef in botter gedoop, hoender met velletjies en sulke groot biefstukke dat hulle ‘n eie bord benodig, en die man se cholesteroltelling skiet die hoogte in.

Die volgende gesonde kos wat voorsien word is aartappel; natuurlik laevet en propvol kalium en goeie voedingswaarde.

Ons leer egter spoedig om die gesonde aartappelskil te verwyder en om dan die styselagtige kern in skyfies te sny, in olie of diervet te braai en oorvloedig sout by te voeg.

So tel man en vrou nog meer kilogramme op.

‘n Positiewe verwikkeling vind plaas met die ontdekking van hardloopskoene sodat mense daardie ekstra kilogramme kan afskud. Maar kort daarna kom televisie en afstandbeheer op die toneel sodat geen mens eens moeite hoef te doen om van kanale te verwissel nie. Man en vrou lag en huil voor die flikkerende skerm en begin om rekbare hardloop-pakke te dra.

Laevet beesvleis word mode sodat man en vrou minder kalorieë kan inneem en steeds hulle honger kan stil.

McDonalds, KFC en vele ander gerieflike kitskosbedrywe ontstaan wat boonop aartappelskyfies by hulle verleidelikhede aanbied. Die mense bestel dubbele porsies en die adverteerders antwoord “Dit is goed so.” Toe begin man en vrou om hartaanvalle te kry.

Die mediese wetenskap ontwikkel viervoudige hartomleidingsjirurgie……

Maar toe word die Nasionale Gesondheidsdiens ingestel……

DIE LAASTE WOORD OOR VOEDING

Omvattende en in diepte ondersoek van navorsingsliteratuur bring die volgende na vore in verband met gesondheid en voeding:

1. Japanese eet baie min vet en ly aan minder hartaanvalle as ons.

2. Meksikane eet baie vetterige kos en ly aan minder hartaanvalle as ons.

3. Sjinese drink baie min rooi wyn en kry minder hartaanvalle as ons.

4. Italianers drink oormatig baie rooi wyn en ly minder aan hartaanvalle as ons.

5. Duitsers drink baie bier en eet baie worse en vette maar ly minder aan hartaanvalle as ons.

6. Die Franse eet foie-gras en volvet kaas, drink baie rooi wyn en kry minder hartaanvalle as ons.

GEVOLGTREKKING: Eet en drink wat jy wil. Dit is blykbaar die Afrikaans wat ons praat wat ons doodmaak.

 

Aanhaling: The concept of total wellness recognizes that our every thought, word and behaviour affects our greater health and well-being. And we, in turn, are affected not only emotionally but also physically and spiritually.

Outeur: Greg Anderson, Amerikaanse outeur van ”The 22 Non-Negotiable Laws of Wellness”

Stel jouself gerus

Het jy al jou pH getoets? Onthou, dis gratis. Dit is ook heel waarskynlik die beste aanduiding van jou weerbaarheid teen die meeste van die degeneratiewe siektes soos kanker en hartkwale. As jy vroegtydig weet kan jy baie doeltreffende en veilige voorsorg tref.

Doen by jou apteek of gesondheidswinkel navraag oor pH toetsapparaat.

You may also like...