Amandels vir gewigbeheer

Reguleer jou gewig met amandels

Glo dit as jy wil: Amandel-eters weeg minder

Vir etlike jare merk wetenskaplikes reeds op dat mense wat gereeld amandels eet minder weeg as mense wat dit nie doen nie. Dit gebeur ten spyte van die feit dat amandel-eters neig om daagliks meer kalorieë te eet. Waarom sou dit wees?

Amandels is ryk aan nuttige voedingstowwe

‘n Artikel in die September 2007 uitgawe van die British Journal of Nutritionhet lig gewerp op die meganismes agter die vermoë van amandels om waardevolle voedingstowwe te voorsien en om te help om die lae densiteit lipoproteïen (LDL cholesterol) vlakke te verlaag sonder dat jy hoef in te boet deur gewig op te tel.

Vroue is in die studie aangesê om elke dag vir 10 weke lank amandels ter waarde van 344 kalorieë (effe meer as 60 gram) te eet en om dan vir ‘n verdere 10 weke hulle normale dieet te volg. Die vroue het nie gedurende die amandel-eet tyd enigsins gewig opgetel nie.

As gevolg van die hoë vitamine E en magnesiuminhoud van die amandels het hulle die aanbevole daaglikse dieetkundige aanbeveling vir hierdie twee nutriënte ingeneem. Die meeste mense se dieet is gebrekkig aan voldoende hoeveelhede vit E en magnesium.

Daar is ook vasgestel dat die deelnemers aan die studie versadig gevoel het. Hulle het op natuurlike wyse vergoed vir die baie kalorieë in amandels deur ander voedselsoorte in hulle dieet met amandels te vervang. Hulle het ook hulle totale inname van koolhidrate verminder, wat suggereer dat die amandels ook van die voedselsoorte wat ryk is aan koolhidrate vervang het.

Amandels blokkeer vette en verlaag cholesterol

Navorsers het verder bevind dat die vesel in amandels blykbaar sommige van die vette wat die neute bevat blokkeer. Amandels verskaf dus waarskynlik in werklikheid minder kalorieë aan die liggaam as die hoeveelheid wat op die voedsel-etiket aangedui word. Dit laat die verdere vraag ontstaan of die energie wat oor die algemeen deur voedsel verskaf word in werklikheid op standaard is met dit wat op voedselbestanddeel-etikette aangedui word.

Volgens mede-navorser Rick Mattes, Ph.D., R.D. van die Purdue Universiteit in Wes Lafayette, was daar positiewe bewyse dat die eet van 30 tot 90 gram amandels kan help om die lae densiteit lipoproteïen (LDL) cholesterolvlakke te verlaag. Talle gesondheidsdiensverskaffers bly egter huiwerig om aan te beveel dat amandels elke dag ge-eet word omdat hulle glo dat die hoë kalorie-inhoud tot gewigtoename kan lei. Hierdie studie weerlê egter daardie aanname. Dit dui ook aan dat die etikette wat voedingswaardes aandui die hoeveelheid energie wat amandels aan die liggaam verskaf kan oorbeklemtoon.

Amandels maak nie vet nie

Soortgelyke studies het bevestig dat persone tot 570 kalorieë (100 gram) amandels per dag kan eet sonder om enige gewig op te tel. Wanneer die neute saam met hoë koolhidraatmaaltye ge-eet word, help amandels ook om bloedsuikervlakke te stabiliseer.

Probeer om vir net twee weke amandels by jou dieet in te sluit. Gryp ‘n handvol amandels elke keer wanneer jy lus voel vir aartappelskyfies of ander versnaperings. Jy kan ook ‘n glas amandel melkpuree drink wat jy self in jou voedselverwerker maak. Dit is ‘n heerlike manier om amandels by jou dieet in te sluit. Die amandels sal jou eetlus demp en jy sal mettertyd ‘n voorkeur vir hulle ontwikkel wat die plek sal inneem van die minder voedsame en meer skadelike versnaperings wat jy eerder wil vermy.

Vertaal en verwerk uit ‘n persverklaring deur die Amandelraad van Kalifornië van 18 September 2007.

You may also like...