Anti-depressante en vetsug – ‘n gevaarlike kombinasie

Kan vetsug die risiko vir depressie verhoog, en andersom – én die vermoë om jou gewig te beheer permanent belemmer?

Daar is talle menings oor ons land se groeiende vetsugprobleem, maar selde word hierdie ontnugterende inligting oor ‘n baie skadelike sneeubaleffek genoem of in ag geneem:

Depressie en vetsug word alledaags en oefen ‘n geweldige impak uit op openbare gesondheid.

Voorskrifte vir antidepressante het sedert 1988 met byna 400% gestyg.

In dieselfde tyd het vetsug by volwassenes by benadering vanaf 15% na 30% van die bevolking toegeneem.

Die gebruik van antidepressante deur kinders het met meer as 300% gestyg! Byna 8% van kinders bo 12 gebruik sulke medikasie!

Vetsug styg skerp onder kinders.

Gewigtoename is een van die bekende newe-efekte van anti-depressante.

Is daar ‘n verband tussen hierdie verskynsels? ‘n Nuwe verslag in die joernaal Translational Psychiatry beantwoord dalk hierdie vraag.

Die verslag begin met “Despite the concomitant rise of antidepressant use and of the obesity rates in Western societies, the association between the two, as well as the mechanisms underlying antidepressant-induced weight gain, remain under explored. Clinical findings have suggested that obesity may increase the risk of developing depression and vice versa.”

Daar word verwys na die abnormale interaksie tussen die hipothalamus en pituïtêr in the brein met die byniere wanneer depressie toeslaan. Dieselfde reaksie vind by vetsug plaas. Dit blyk veral waar te wees wanneer een of beide toestande met ‘n hoë-koolhidraatdieet gekombineer word.

‘n Onlangse dierestudie bevestig die verband. ‘n Groep diere is terselfdertyd aan stres en ‘n hoëvetdieet blootgestel. Antidepressantmedikasie is ook aan sommige van die diere gegee. Hulle het almal meer ge-eet en almal het gewig opgetel. Die diere wat antidepressantmedikasie ontvang het, het egter méér gewig opgetel.

Maar hier is die treffer: die knaagdiere wat die medikasie ontvang het, het nie net meer gewig as die ander opgetel nie, hulle het vir ‘n onbepaalde tyd nadat hulle nie meer die medikasie gekry het nie, aangehou om gewig op te tel. Hul vermoë om hulle gewig te beheer is op een of ander manier permanent belemmer. Dít is uiters kommerwekkend.

Kan antidepressantmiddels een van die redes wees vir ons vetsugepidemie? Die navorsers sê: “On the basis of existing epidemiological, clinical, and preclinical data, we have generated the testable hypothesis that escalating use of antidepressants, resulting in high rates of antidepressant exposure, might be a contributory factor to the obesity epidemic.”

Die belangrike punt is egter dat dit alles heeltemaal onnodig is. Met die uitsondering van enkele uiterste gevalle, is daar gewoonlik géén nodigheid vir antidepressantmedikasie nie. Dit is natuurlik geheel en al uit pas met ons medikasie-georiënteerde gesondheidsisteem, maar ons het dit werklik selde nodig. Depressie, angstigheid, slaaploosheid en pynbestuur kan met ‘n kombinasie van natuurlike middels en veral transformasie gebedsbediening beheer en selfs genees word.

Dr Frank Shallenberger, MD verklaar dat, indien hy ‘n naamlys sou maak van al die mans, vroue en kinders wat hy van sulke medikasie afgekry het, dit ‘n week sal neem om die verslag te lees.

Die gebruik van ‘n kalmeermiddel of selfs ‘n antidepressant vir ‘n maand of twee tydens erge stresvolle tye kan miskien nog geregverdig word. Om hierdie soort medikasie vir lang aaneenlopende tydperke voor te skryf, veral by jong mense, word deur Dr Shallenberger beskryf as een van die mees veragtelike praktyke in ons mediese stelsel. Hy waarsku dat daar ‘n rede is vir jou simptome en beveel aan dat jy met ‘n praktisyn saamwerk wat weet hoe om neuroterugvoer, berading, leefstylterapie en spesifieke aminosure te gebruik om balans in jou liggaam te herstel.

Bron:

Lee SH1, Paz-Filho G1, et al. Is increased antidepressant exposure a contributory factor to the obesity pandemic? Transl Psychiatry. 2016 Mar 15;6.

Besoek ons Facebookblad by https://www.facebook.com/gesond.verslank/

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

You may also like...