Avaaz teen korrupsie
Avaaz – Verhef jou stem teen korrupsie
Avaaz – dit beteken “stem” in talle Europese, Midde-Oosterse en Asiese tale – is in 2007 gestig. Die missie is eenvoudig en demokraties: organiseer die bevolking oor alle nasies heen om die gaping tussen die wêreld wat ons het en die wêreld wat die meeste mense begeer te verklein:
http://www.avaaz.org/en/about.php
Kom laat ons saamstaan om ‘n massiewe protesaksie van stapel te stuur vir wêreldwye aanspreeklikheid en deursigtige besluitneming. Stuur die e-pos hieronder aan jou vriende en familie en pos hierdie skakel op jou Facebook muur:
http://www.avaaz.org/en/occupy_g20/?tta
Namens die span by Avaaz, baie dankie vir jou deelname.
Liewe Vriende,
Dit is ongelooflik! Die G20 – die magtigste spitsberaad van wêreldregerings – het so pas byeengekom om die wêreldwye ekonomiese krisis te bespreek. Raai wie het die byeenkoms geborg? Banke en korporasies!
Die feit dat die Franse stad Cannes vir die duur van die beraad geheel en al ontoeganklik was vir gewone landsburgers is nie vreemd nie. Bankamptenare en die hoof uitvoerende beamptes van groot korporasies het egter toegangspermitte gehad sodat hulle aan ons regerings kon voorskryf wat om te doen.
Korporasies en banke het ons regerings gevangegeneem en nadat hulle gehelp het om die krisis te skep, het hulle reuse hulppakkette ontvang. Nou koop hulle ‘n pad oop na die einste vergadering waar die wêreld se finansiële toekoms bepaal kan word.
As ons saamstaan kan ons sulke borgskappe teenstaan. Indien voldoende openbare teenstand opgewek word sal die organiseerders van sulke berade die korporatiewe borgskapppe van die hand moet wys. Gesamentlike optrede sal die President van die beraad, Nicolas Sarkozy beweeg om die G20 te suiwer. Onderteken asseblief die petisie en stuur dit aan:
http://www.avaaz.org/en/occupy_g20/?tta
Ons demokrasie en ons ekonomie word ondermyn. Politici word omgekoop en gemanipuleer. Daar is net een naam daarvoor: korrupsie.
Avaaz het verneem dat die Franse bankgroep, Société Générale, wat ‘n openbare hulppakket ontvang het en wat geldelike belange by Europa se finansiële beleid het ‘n ampelike borg van die beraad was. Hierdie groep sowel as 20 ander korporasies het groot bedrae in borgskappe betaal sodat hulle by ons regerings se besluitnemingsproses kan insit.
Al manier om beleid ingestel te kry wat mense se werk beskerm, spekuleerders aanvat en vir ons almal ‘n regverdige toekoms waarborg is om teen die drukgroepe op te staan en ons leiers weg te kry van die korporatiewe belange. Kom laat ons die boodskap aan Nicolas Sarkozy en die ander leiers oordra dat hulle toekoms daarvan afhang of hulle die borge uitgooi en ophou om toe te laat dat die korporasies ons regerings gevange neem.
Onderteken die petisie en versprei dit so wyd as mooontlik:
http://www.avaaz.org/en/occupy_g20/?tta
Roekeloosheid deur banke en swak regulering deur regerings is een van die groot oorsake van die wêreldwye ekonomiese krisis. Dit is omdat die banke ‘n houvas op ons leiers het. Hierdie korporatiewe greep is ‘n groot bedreiging, nie net vir demokrasie nie maar ook vir ‘n doeltreffende en regverdige ekonomie. Mense trek regoor die wêreld op straat saam om ons demokrasieë terug te wen.
Die G20 beraad is ‘n goeie vertrekpunt. Kom ons staan vasberade saam om hoop op ons ekonomiese toekoms te herstel.