Vergiftig jy jouself in die stort?
Waarom ek nie meer elke dag stort nie
Vir baie jare het ek geglo dat ‘n persoon elke dag moet bad of stort. Daar is egter goeie redes waarom dit nie so ‘n goeie plan is nie.
Ons liggame skei verskeie voordelige olies deur die vel af. As ons te gereeld was verwyder ons hierdie olies, met baie nadelige effekte vir die vel.
Alle stedelike kraanwater word deur uiters nadelige chloor vergiftig. Chloor word by die water gevoeg om potensieel-gevaarlike bakterieë dood te maak. Dit maak egter ook baie nuttige bakterieë in die liggaam dood, veral dié wat voordelig en noodsaaklik in die spysverteringskanaal is. Wanneer jy stort word die gifstowwe in die water deur die vel opgeneem.
Hoe kan ek my liggaam beskerm? Dit is baie belangrik om die liggaam te was, om die gifstowwe en sweet wat deur die miljoene porieë in die vel uitgeskei word te verwyder:
Beperk egter jou stort- of badgewoonte na twee tot drie keer per week. Was jouself op die ander dae deeglik by ‘n wasbak met ‘n waslap. Die plekke waar die meeste sweet geproduseer word moet natuurlik met die meeste sorg gewas word.
Begin deur eers die hele liggaam (behalwe die gesig en nek) met ‘n kwas van natuurlike vesel te borsel – dit verwyder ‘n groot deel van die droë, dooie vel en verbeter bloed- en limfsirkulasie. Begin by die ledemate en werk opwaarts; borsel die maag-area in sirkelbewegings. Probeer om ‘n natuurlike seep te gebruik en wees versigtig vir al die gewilde en duur handelsmerke wat petro-chemiese bestanddele bevat. Dit is beter om nie seep te gebruik nie.
Liggaamsreuk kom van bakterieë af wat op die sweet teer. Moet nooit aanrolmiddels of chemiese spuitmiddels gebruik om van onaangename reuke ontslae te raak nie. Vee eerder daardie areas met ‘n asynlap skoon. Jy sal minder behoefte aan ‘n reukweerder hê as jy genoeg kos met chlorofiel eet. Groen blaargroentes en slaaie bevat baie chlorofiel. Eet gebalanseerd (kyk die eetplanne by www.verslank.net) en sorg dat jy voldoende aanvullers neem wat verkieslik magnesium, sink en mangaan in voedselvorm bevat sodat jou liggaam dit behoorlik kan opneem en benut.
Met erkenning aan Dr Marius, http://www.drmarius.com/
Besoek ons Facebookblad by https://www.facebook.com/gesond.verslank