Bakterieë in jou ingewande vir verslanking

Balans van bakterieë in die ingewande is krities vir gewigbeheer

‘n Enkele soort molekule in jou ingewande, wat deur die afvalprodukte afkomstig van bakterieë in jou dermkanaal geaktiveer word, speel ‘n belangrike rol om te bepaal of jy slank of mollig is. Wanneer dit geaktiveer word veroorsaak die molekule dat voedsel stadig deur die ingewande beweeg. Dit stel jou liggaam in staat om meer voedingstowwe te absorbeer en gevolglik gewig op te tel.

Bakteriële byprodukte is ‘n voedselbron, maar dit blyk nou dat hulle ook chemiese seine kan wees wat liggaamsfunksies kan reguleer.

Daar is ‘n groot en uiteenlopende bevolking van voordelige bakterieë wat in die mens se ingewande leef. Hierdie bakterieë breek groot molekules af wat die gasheer nie kan verteer nie. Op sy beurt absorbeer die gasheer talle van die klein molekules wat so ontstaan vir energie en voeding.

Navorsers het op twee bakteriespesies gekonsentreer wat dieetkundige vesel in klein molekules genaamd kort ketting vetsure opbreek. Hulle het bevind dat hierdie kort ketting vetsure ‘n verbinding met die Gpr41 ontvanger-molekule in die ingewande kan vorm en dit kan aktiveer.

Die navorsers het die kommunikasie tussen die bakterieë en die ontvanger by muise ontwrig. Dit het daartoe gelei dat die kos baie vinniger deur hulle ingewande beweeg het, met gevolglike gewigverlies en slanker liggame ten spyte van die feit dat hulle net soveel as die ander muise eet.

Bron: Science Daily, 19 Oktober 2008

Die biljoene vriendelike kieme binne-in jou

Daar is 10 keer meer mikro-organismes in jou ingewande as al die selle in jou liggaam gesamentlik.

Ongelukkig kan dit wees dat die oormatige gebruik van antibiotikas, antibakteriese agente en selfs die toenemende sterilisering van voedsel deur bestraling en pasteurisasie meer verreikende gesondheidsnadele het as wat enigeen van ons besef.

Hierdie bevindings kan ook ‘n bydraende faktor wees tot die vetsug epidemie. Jou ingewande is immers ‘n lewende ekosisteem, vol van vriendelike bakterieë (probiotika) sowel as skadelike bakterieë. Hierdie organismes speel ‘n kritieke rol in jou fisiese sowel as jou verstandelike gesondheid.

Dit is geensins vergesog om te beweer dat veranderinge soos die toenemende gebruik van voedselbymiddels en antibiotikas fundamentele en wydverspreide verskuiwing van ingewandsbakterieë kan veroorsaak nie. So ‘n verskuiwing kan dit makliker vir mense maak om gewig op te tel en gewigverlies aansienlik bemoeilik.

Vetsug is aangewys as die gesondheidsprobleem wat die vinnigste in die VSA toeneem. Twee derdes van alle volwassenes is reeds oorgewig of ly aan vetsug. Onder Afrika-Amerikaanse vroue is dit so hoog as 78%.

Maak die bakterieë in jou ingewande jou vet?

Veelvuldige studies bevestig dat die samestelling van die ingewandsbakterieë van slanke mense anders is as dié van vet persone.

Die mikroflora in jou maag werk soos ‘n mierkolonie. Hulle werk as ‘n intelligente eenheid saam om ‘n verskeidenheid van funksies te verrig, onder andere om kalorieë uit die kos wat jy eet te onttrek.

Die mikroflora in jou maag kan ‘n sleutelrol in vetsug speel, aangesien dit voorkom asof die mikrobes wat in ‘n oorgewig liggaam floreer baie meer kalorieë uit jou voedsel kan onttrek en dit dan in vet omsit.

‘n Studie wat vroeër vanjaar in die American Journal of Clinical Nutrition gepubliseer is dui daarop dat die soorte bakterieë in ‘n kind se ingewande sy of haar kanse op oorgewig of vetsug kan beinvloed.

Die studie het weer eens bevestig dat hoë bifidobakterieë en lae staphylococcus aureus (‘n antibiotika-weerstandige bakterievorm) persone teen oormatige toename in gewig beskerm.

Navorsers suggereer dat laegraadse inflammasie in die liggaam deur staphylococcus aureus veroorsaak kan word, wat tot vetsug kan bydra.

Dit alles beteken geensins dat gewigbeheer buite jou beheer is nie. Dit bevestig net die belangrikheid om die bakteriese bevolking in jou ingewande te balanseer.

Die voedsel wat jy eet en die integriteit van jou immuniteitsisteem is twee belangrike faktore wat bepaal of jy in staat sal wees om virusinfeksies te beveg. Deskundiges glo dat ongeveer 70% van jou immuniteitsisteem in en om jou spysverteringstelsel geleë is. As jou spysverteringstelsel dus krioel van ongesonde bakterieë is dit logies dat dit jou immuniteit sal benadeel.

Die spoor lei na een sentrale uitgangspunt: dit is vir goeie gesondheid (wat gewigbeheer insluit) noodsaaklik dat die balans van bakterieë in jou ingewande reg moet wees.

Hoe om ingewandsbakterieë te balanseer

Die goeie nuus is dat dit relatief maklik is om die bakterieë wat in jou ingewande groei en leef positief te beinvloed.

Een van die belangrikste stappe is om op te hou om suikeragtige voedsel te eet. ‘n Gesonde dieet, laag in suikers, grane en geprosesseerde voedselsoorte sal oor die algemeen daartoe lei dat goeie bakterieë floreer. Sodoende sal jy op natuurlike wyse ‘n goeie verweer opbou teen oormatige skadelike bakterieë wat jou gesondheid kan ondermyn. Selfs met ‘n dieet wat uiters laag aan suiker is, is daar egter ander faktore wat jou ingewandsbakterieë nadelig kan beinvloed. Dit sluit in:

Antibiotikums
Geklorineerde water
Antibakteriese seep
Landbou chemikalieë
Besoedeling

Al hierdie invloede help om goeie bakterieë uit te roei. Daarom is dit wys om jou liggaam van tyd tot tyd met goeie bakterieë te herbevolk. Daarvoor het jy ‘n goeie gehalte probiotika aanvuller nodig.

Hou in gedagte dat balansering van die bakterieë in jou ingewande gepaard moet gaan met gereelde oefening, die aanspreek van emosionele probleme en korrekte eetpatrone vir goeie gesondheid en volhoubare gewigverlies.

Probiotikas is duur en in baie gevalle is die sensitiewe organismes reeds dood wanneer jy dit neem omdat hulle vir te lank aan te hoë temperature blootgestel is. So kan jy baie geld mors.

Koop ‘n simbiotiese produk wat ‘n kombinasie van probiotika en prebiotika bevat, verkieslik Bifidobakterieë en Laktobacillus, met minstens 10 biljoen organismes per dosis, en wat vir so lank as wat moontlik is, tot net voor versending, verkoel gehou word. As jy dit oor die toonbank koop en dit kom nie uit ‘n yskas nie, hou eerder verby.

Ons beveel Floraplex van Sportron aan omdat die verskaffers die produk verkoel hou tot net voor versending, oornag aflewer en die produk byna driemaal die geadverteerde hoeveelhede voorsien. Dit kompenseer vir enige verliese wat in transito deur afsterwing mag plaasvind.

Laat my via die “Kontak” skakel weet as ek hiermee kan help, en meld asseblief waar jy woon sodat ek jou kan adviseer indien daar verspreidingspunte in jou omgewing is.

‘n Persoon wat vriendelik teenoor jou is maar die kelner afjak is nie wat hy voorgee nie. Beproef dit maar, dit werk elke keer…

You may also like...