Bestry hartsiektes met vitamines
Multivitamines verminder die risiko vir hartsiektes
‘n Studie wat die verhouding tussen hartaanvalle en die gebruik van multivitamines ondersoek is in die Amerikaanse Joernaal vir Kliniese Voeding gepubliseer. Die studie het meer as 30 000 vroue uit die Sweedse bevolking tussen die ouderdom van 49 en 83 betrek.
By vroue met geen geskiedenis van kardiovaskulêre siekte nie, het die navorsers waargeneem dat die gerbuik van multivitamines sonder ander aanvullers geassosieer was met ‘n 27% laer risiko van hartsiektes terwyl vroue wat multivitamines saam met ander aanvullers gebruik het, ‘n verlaging van 30% in risiko vir hartkwale getoon het.
Daar is ook bevind dat vroue wat vir meer as 5 jaar reeds multivitamines neem se risiko verder verlaag.
– Higher Nature tydskrif, January 2011
JAMA het dieselfde bevind
Hierdie bevindings strook met die bevindings wat gelei het tot die verklaring in JAMA (Journal of the American Medical Association) op 19 Junie 2002 wat lui: “We recommend that all adults take one multivitamin daily”.
Vermelding van hierdie ommeswaai is reeds etlike kere in vorige nuusbriewe in meer detail toegelig, onder andere die een oor vermyding van die hoë koste van siekte: http://verslank.net/siekte-word-onbekostigbaar/
Ortodoksie in medisyne het voorheen die gebruik van aanvullers as geldmors en selfs as gevaarlik bestempel. Deesdae is daar toenemende bewuswording by toonaangewende medici van die belangrikheid van goeie voeding, tekorte in moderne voedsel en die nodigheid om aanvullers te neem.
Hier by die Gesondheidsgesin besef ons lank reeds die belangrike rol van mikrovoedingselemente. Ons missie is om jou te help om te midde van baie verwarrende aansprake in ‘n uiters mededingende bedryf die beste waarde vir jou geld te kry wanneer jy aanvullers koop.
Geneties-gemanipuleerde voedsel
Daar vind tans op hoë vlak woordewisseling in die media plaas tussen vervaardigers van geneties-gemanipuleerde voedsel en gesondheidbewustes.
Dit is goed en belangrik om meer hieroor te weet. Verlede week het ek ‘n skakel gestuur na ‘n video-opname wat hierdie saak in detail toelig. Dit handel oor die maatskappy MONSANTO wat die voorste maatskappy in die wêreld is wat betref genetiese modifikasie en genetiese ingenieurswese in die voedsel-saadbedryf. Ek wil jou ten sterkste aanraai om daarna te kyk en vir jouself te besluit oor die feite, maar ek weet dat min mense die tyd het om dit deur te sien. Die video is 1 uur en 48 minute lank en is plek-plek redelik tegnies.
Ek het ‘n opsommende verslag deur ‘n kundige wat ek goed ken oor die saak wat ek graag vir belangstellendes sal aanstuur.
Laat weet my dus as jy graag kommentaar en opsommings van die hele debat oor wat as GM (“genetic modification”) bekendstaan wil lees, dan stuur ek dit vir jou.