Bestuur die voedseltekorte
Bevat jou voedsel alles wat jou liggaam nodig het?
Die probleem van moderne vars produkte
Het jy geweet dat selfs gesonde voedsel soos vars groente en vrugte, waarskynlik hoogstens 13% van die vitamines en minerale bevat wat dit in die natuur veronderstel is om te bevat? Hierdie ernstige tekorte word vererger deur die feit dat die delikate natuurlike balans wat opneembaarheid en benutting help verseker, veral van minerale, radikaal versteur is in kommersieel-gekweekte vars produkte.
Dit laat jou met drie keuses:
1. Eet net wat beskikbaar is en aanvaar en hanteer die gevolge.
2. Gaan woon op ‘n eiland wat vry is van besoedeling en enige vorm van ontwikkeling, eet dan slegs vrugte en groente wat natuurlik groei en ryp gepluk en ge-oes word. (Laat my weet waar, ek wil by jou aansluit!)
3. Versterk jou dieet met ‘n gebalanseerde kombinasie van goeie gehalte aanvullers wat kompenseer vir die verarming van die voedsel wat in die handel beskikbaar is.
Maak sinvolle keuses
Rus jouself toe met genoeg inligting om jou in staat te stel om sinvolle keuses te maak.
Die wetenskap van mikrovoeding het in die afgelope aantal jare geweldig vooruitgegaan. Opspraakwekkende tegnologiese deurbrake is gemaak, waarvan die omvang nog steeds relatief onbekend is in die konvensionele gesondheidsbedryf.
Alle aanvullers is dieselfde – of is hulle?
Verbruikers word dikwels verwar met uiteenlopende stellings, eise en teeneise deur bemarkers in die mededingende natuurlike gesondheidsbedryf. Al die botsende aansprake kan jou maklik op moedverloor se vlakte laat beland.
Halwe waarhede is erger as leuens. Die jongste algemene halwe waarheid is dat alle aanvullers dieselfde is.
Vitamines help nie as daar nie kommunikasie plaasvind nie
Min mense sal nie saamstem dat vitaminaanvullers belangrik is nie. Geen hoeveelheid vitamines sal egter ‘n verskil kan maak as die liggaam se verskillende sisteme nie met mekaar kan kommunikeer nie. Daarvoor het ons glikonutriënte nodig. Dit is plantsuikers wat uit vrugte en groente kom. Deesdae kry ons egter slegs hoogstens twee van die noodsaaklike 8 glikos weens verarming van ons voedsel.
Die gevolg is dat al die duur vitamines wat ons via aanvullers en/of varsprodukte inneem, niks help nie en ‘n mors van geld word want die verskillende sisteme is interafhanklik van mekaar. As daar geen kommunikasie tussen die liggaam se sisteme plaasvind nie kan die liggaam homself nie genees nie en selfs ook nie eens gesond hou nie.
Soos gemeld word 8 glikane elke dag in ons voedsel benodig om kommunikasie tussen die verskillende liggaamsisteme te bewerk en ons kry slegs hoogstens twee. Mannatech se glikane is die resultaat van jarelange intensiewe navorsing en ontwikkeling. Hulle word in Costa Rica onder streng-beheerde toestande in aloe veraplante gekweek. Getuienisse stroom van meer as 33 wêreldlande in oor die opwindende gesondheidsvoordele van Mannatech se glikane.
Goedkoop is duur koop
Hierdie ou gesegde is nie deesdae altyd waar nie, maar in die natuurlike gesondheidsbedryf geld dit steeds. As jy dink dat jy geld spaar deur min of goedkoop aanvullers te gebruik, kyk na die koste van ongesteldheid. Benewens die trauma en ongerief van hospitalisasie kan slegs een nag jou maklik R50 000 of meer uit die sak jaag!
Gebruik die “kontak” skakel om meer inligting oor die lewensbelangrike gesondheidsdeurbrake rondom die rol van glikane te bekom of gaan direk na die Mannatech web deur hier te klik.