Botter of Margarien?

Wat is beter: Botter of Margarien?

Wat is beter, gesonder, minder skadelik – botter of margarien? Hierdie argument woed reeds lank, skep soms verwarring as gevolg van media-advertensies en aansprake uit verband geruk d en sal heel waarskynlik nie gou stil raak nie.

Hierdie agtergrondskets deur ‘n persoon wat vir ‘n jaar lank bestuursopleiding by die Unilevers Premier Margarienfabriek in die Verenigde Koninkryk ontvang het, en daarna ‘n margarienfabriek in Sri Lanka bestuur het, kan jou help om regte keuses te maak:

 

Margarien is aanvanklik vervaardig vir die doel om kalkoene vet te maak. Die kalkoene het begin doodgaan. Toe wou die mense wat baie geld in die betrokke navorsing belê het iets daaruit terugkry. Hulle sit toe koppe bymekaar om ‘n plan te maak sodat hulle nie hulle geld hoef te verloor nie.

Die kalkoenvoer was ‘n wit, onaantreklike samestelling. Hulle voeg toe kleursel by en verkoop dit aan mense om in die plek van botter te gebruik.

Hulle kom toe ook nog met ‘n aantal slim nuwe geure vorendag.

Maar KEN JY die verskil tussen margarien en botter? Moenie ophou lees nie… dit word baie interessant!

Albei produkte bevat dieselfde hoeveelheid kalorieë.

Botter bevat effe meer versadigde vette: 8 gram teenoor 5 gram vir margarien.

Volgens ‘n onlangse mediese studie deur die Universiteit van Harvard kan die risiko van hartsiekte by vroue met 53% toeneem indien hulle botter in hulle dieet met ‘n ooreenstemmende hoeveelheid margarien vervang.

Die eet van botter verbeter die absorpsie van vele nutriënte uit ander kossoorte.

Botter bied talle voordele as ‘n natuurlike voedingstof terwyl margarien slegs enkeles bied en dan slegs as gevolg van bygevoegde elemente.

Botter smaak baie beter as margarien en dit kan die smaak van talle ander kossoorte verbeter.

Mense eet reeds vir eeue lank botter terwyl margarien slegs vir minder as 100 jaar bekend is.

Margarien bevat geweldig baie trans-vetsure.

Dit kan die moontlikheid om koronêre hartsiektes op te doen soveel as verdriedubbel.

Dit verhoog totale cholesterol en LDL (dit is die skadelike cholesterol) en verlaag HDL cholesterol (die goeie cholesterol)

Dit kan die risiko van kanker met tot vyfmaal verhoog.

Dit verlaag die gehalte van moedersmelk.

Dit verlaag immuunrespons.

Dit verlaag insulienrespons.

Die volgende is egter die mees kommerwekkende feit:

Die skeidslyn tussen margarien en plastiek bestaan uit slegs een enkele molekule terwyl dit 27 bestanddele in gemeen het met verf.

Hierdie inligting is voldoende om my lewenslank van margarien sowel as enigiets anders wat gehidrogeneerd is af te sit (dit beteken dat waterstof bygevoeg word wat die molekulêre struktuur verander).

Maak ‘n bakkie margarien oop en los dit in jou motorhuis of in ‘n koelteplek oop. Jy sal binne ‘n paar dae die volgende opmerk:

* geen vlieë, selfs nie eens daardie lastige vrugtevlieë sal dit daarnaby waag nie.

* dit ruik nie anders nie en verrot nie omdat dit geen voedingswaarde bevat nie. Niks, nie eens kieme sal daarin groei of dit probeer benut nie.

Waarom nie? Omdat dit byna geen verskil met plastiek toon nie.

Om so ‘n samestelling te eet is byna soos om jou Tupperware te smelt en op jou brood te smeer.

 

 

You may also like...