Covid-19 (coronavirus) opdatering
Terwyl ek nie propageer dat die coronavirus ligtelik opgeneem moet word nie, doen die huidige massa-histerie meer skade as goed. Hopelik sal hierdie nuusbrief jou help om die breër prentjie beter te verstaan.
Dit is onsinnig en nutteloos om die verspreiding van infeksie hoofsaaklik met handewas, gesigmaskers en pogings tot isolasie te probeer bekamp. Daar is geen manier waarop jy die verspreiding van ‘n virus met sulke maatreëls gaan bekamp sonder om groter sosio-ekonomiese skade aan te rig nie.
‘n Sterk immuniteitsisteem is die antwoord. Dit is al wat ‘n wesenlike verskil kan maak. Die bewys hiervoor is die feit dat byna al die sterftes wat tans voorkom (3,7% van geïnfekteerdes) uit die geledere kom van persone wie se immuniteit afgetakel is.
Dieselfde geld vir enige ander virus. Indien dieselfde gefokusde aandag aan ander virusse gegee word, sal min of meer dieselfde patroon as wat tans by covid-19 waargeneem word, na vore kom.
Wat wel deesdae die verspreiding en effek van virusse vererger is die feit dat die wêreldbevolking stelselmatig hul eie immuniteit aftakel deur stres, swak leefstyl en negatiewe verhoudings. Almal wat hul immuniteit beskerm en versterk sal dieselfde of ‘n beter kans op oorlewing hê as met enige griepvirus.
Opportuniste blaas massa-histerie aan (en die media is maar te gretig om saam te werk) want daar word sakke vol geld in die proses gemaak, van aandelemarkspekulante tot verspreiders van toiletpapier en gesigmaskers om nie eens van die farmaseutiese bedryf te praat nie.
Vyftien jaar gelede is byvoorbeeld geraam dat tussen 2 en 7,4 miljoen mense weens die H5N1 virus kan sterf. Die VSA “Centers for Disease Control and Prevention” het moontlike sterftesyfers van tot soveel as 1 000 miljoen genoem.
‘n Virusdeskundige, Robert G Webster het selfs aangedui dat die H5N1 so sou kon muteer dat dit die vermoë kon ontwikkel om soveel as die helfte van die wêreldbevolking dood te maak. Vandag is H5N1 nie eens meer nuuswaardig nie.
Ongeveer 81% van covid-19 die infeksies is lig, 14% is matig, slegs 5% is kritiek waarvan 3,7% fataal is.
Dit beteken dat as jy wel die virus opdoen, jy heel waarskynlik daarvan sal herstel.
‘n Stresvy lewe (die paniek wat die media oor covid-19 aanblaas help beslis nie), sinvolle en opbouende verhoudings soos beskryf in Lukas 10:1-9, ‘n gesonde dieet (https://verslank.net/eetplanne/langtermyn-eetplan/) en voldoende vriendelike ingewandsbakterieë (https://verslank.net/die-rol-van-ingewandsgesondheid-by-die-hantering-van-alzheimers-en-outisme/) is die sleutel. Die toets is liggaamsvloeistowwe met ‘n pH wat alkalies is, dus hoër as 7. Neem Phytogard en C-Gard as jy onseker is, en hou Infagard byderhand om dadelik te gebruik indien jy enige tekens van infeksie van watter aard ookal bespeur. Vul ook gereeld jou ingewandsbakterieë met ‘n goeie probiotika aan. My bydrae tot die oplossing is om hierdie produkte teen die kosprys te verskaf – kontak my vir meer inligting.
Kom ons keer terug na ‘n gebalanseerde lewe waarin die realisme is dat die grootste gevare kanker, hartsiektes, korrek-voorgeskrewe medikasie en vetsug is. Laat ons mekaar aanmoedig om gesonder te leef, veiliger te bestuur en ons immuniteit sterk te hou.