Covid-19 en gesigmaskers, suurstoftekort, breinskade, gevare vir kinders
Aanbieding oor covid-19 en die uitwerking van maskers op die brein deur Dr. Margarite Griesz-Brisson MD, PhD farmakologie, raadgewende neuroloog en neurofisioloog met gefokusde belangstelling in neurotoksikologie, omgewingsgeneeskunde, neuroregenerasie en neuroplastisiteit, 4 Oktober 2020. Deur Claudia Stauber uit Duits na Engels op skrif gestel en deur Jan Greeff na Afrikaans vertaal en opgesom.
Die herinaseming van ons uitgeasemde lug sal ongetwyfeld suurstoftekorte en ‘n oorstroming van koolstofdioksied veroorsaak. Die menslike brein is uitermate sensitief vir suurstoftekort. Daar is bv. senuweeselle in die hippocampus, wat nie langer as 3 minute sonder suurstof kan oorleef nie.
Die akute waarskuwingsimptome is reaksies van die kognitiewe stelsel: hoofpyn, slaperigheid, duiseligheid, konsentrasieprobleme, vertraagde reaksietyd.
Na langdurige suurstoftekort verdwyn die simptome want jy raak daaraan gewoond. Jou doeltreffendheid verswak egter namate die suurstoftekort in jou brein voortduur.
Neurodegeneratiewe siektes neem jare tot dekades om te ontwikkel. As jy vandag jou telefoonnommer vergeet, is dit as gevolg van aftakeling wat 20 of 30 jaar gelede begin het.
Jy mag dink dat jy daaraan gewoond geraak het om jou masker te dra en jou eie uitgeasemde lug weer in te asem, maar die degeneratiewe prosesse in jou brein gaan voort namate die suurstoftekort voortduur.
‘n Tweede probleem is dat die senuweeselle in jou brein nie in staat is om hulself normaal te verdeel nie. Selfs al sou ons regerings dus so gaaf wees om na ‘n paar maande van die maskers ontslae te raak sodat ons weer vrylik suurstof kan inasem, sal die verlore senuweeselle nooit weer herstel nie. Wat weg is, is weg.
Ek dra nie ‘n masker nie, my brein moet kan dink. Ek wil ‘n skoon kop hê as ek met my pasiënte werk, wat nie benewel is deur koolstofdioksied nie.
Daar is geen mediese gronde wat die dra van gesigmaskers regverdig nie, want suurstoftekort is gevaarlik vir elke brein. Elke mens moet vry wees om self te besluit of hulle ‘n masker wil dra wat heeltemaal ondoeltreffend is om hulle teen ‘n virus te beskerm.
Vir kinders en tieners is maskers beslis uit. Hulle het uiters aktiewe en aanpasbare immuunstelsels en het ‘n konstante interaksie met die aarde se mikrobioom nodig. Hulle breine is ook ongelooflik aktief, want dit het soveel om te leer. Die kind se brein, of die brein van die jeug dors na suurstof. Hoe meer metabolies die orgaan is, hoe meer suurstof benodig dit. By kinders en adolessente is elke orgaan metabolies aktief.
Dit is nie net gevaarlik vir hul gesondheid nie, dit is ‘n misdaad om ‘n kind of ‘n adolessent se brein van suurstof te ontneem, of om vrye toegang daarna op enige manier te beperk. Suurstoftekort inhibeer die ontwikkeling van die brein, en die skade wat as gevolg daarvan plaasvind, KAN NIE omgekeer word nie.
Die kind het sy brein nodig om te leer, en die brein het suurstof nodig om te funksioneer. Ons het nie ‘n kliniese studie daarvoor nodig nie. Dit is eenvoudige, onbetwisbare fisiologie. Bewuste en doelbewus geïnduseerde suurstoftekorte is ‘n doelbewuste gesondheidsgevaar en ‘n absolute mediese kontra-indikasie.
In mediese terme beteken ‘n absolute mediese kontra-indikasie dat hierdie middel, hierdie terapie, hierdie metode of maatreël nie gebruik mag word nie – dit mag nie gebruik word nie. Daar moet onbetwisbare en ernstige redes wees om ‘n hele bevolking met geweld te dwing om ‘n absolute mediese kontra-indikasie te gebruik, en die redes moet aan bekwame interdissiplinêre en onafhanklike liggame voorgelê word om geverifieer en gemagtig te word.
Wanneer dementia oor tien jaar eksponensieel gaan toeneem, en die jonger geslag nie hul godgegewe potensiaal kan bereik nie, sal dit nie help om te sê “ons het nie die maskers nodig gehad nie.”
Hoe kan ‘n veearts, ‘n verspreider van sagteware, ‘n sakeman, ‘n vervaardiger van elektriese motors en ‘n fisikus besluit oor die gesondheid van die hele bevolking? Asseblief liewe kollegas, ons moet almal wakker word!
Ek weet hoe skadelik suurstofgebrek vir die brein is, ‘n kardioloog weet dit vir die hart, en die longarts weet dit vir die longe. Suurstoftekort beskadig elke orgaan.
Waar is ons gesondheidsdepartemente, ons mediesefondse, ons medieseverenigings? Dit was hul plig gewees om heftig teen die inperking op te tree en dit van meet af stop te sit.
Waarom word dokters deur mediese rade gestraf as hulle mense vryskeld? Moet die persoon of die dokter bewys lewer dat suurstoftekorte mense benadeel? Watse geneeskunde verteenwoordig ons dokters en mediese verenigings?
Wie is verantwoordelik vir hierdie misdaad? Diegene wat dit wil afdwing? Diegene wat dit laat gebeur en saamspeel, of diegene wat dit nie verhoed nie?
Dit gaan nie oor maskers nie, dit gaan nie oor virusse nie, dit gaan beslis nie oor u gesondheid nie. Dit gaan oor veel meer. Ek is nie bang om te verklaar dat ek nie deelneem nie.
Hulle ontneem ons reeds die vryheid om skoon lug in te asem. Dit is in hierdie tyd noodsaaklik dat elkeen persoonlike verantwoordelikheid neem. Ons is verantwoordelik vir wat ons dink, nie die media nie. Ons is verantwoordelik vir wat ons doen, nie ons meerderes nie. Ons is verantwoordelik vir ons gesondheid, nie die Wêreldgesondheidsorganisasie nie. En ons is verantwoordelik vir wat in ons land gebeur, nie die regering nie.”
Die vertaalde video is hier beskikbaar.
Die oorspronklike Duitse video is deur YouTube verwyder vir redes wat (hopelik) aan hulle bekend is.