Covid-19: Ons Richtersveld ervaring illustreer wie die eintlike moordenaars is

Tydens ons onlangse (April 2021) toer deur Eksteenfontein in die gemeenskapsgedrewe toerismegebied van die Richtersveld, het ons kennelik bewus geraak van die dodelike skade wat onakkurate perspektiewe oor ‘n saak, in hierdie geval die coronavirus, kan veroorsaak.

Ons gasheer, Hennie Cloete, ‘n gesiene lid van die Bo-sluis Bastergemeenskap op Eksteenfontein vertel ons van die enkele “covid-verwante” sterfgeval in daardie geweste.

‘n Dame in haar tagtigerjare met onderliggende hart- en diabetesprobleme word in die hospitaal op Springbok opgeneem waar sy weens hierdie toestande sterf. Die oorsaak van haar dood word gevolglik as natuurlike oorsake gesertifiseer. Nadoods word die lyk getoets en covid-positief verklaar. Sy was asimptomaties, maar ten spyte van die feit dat asimptomatiese persone nie aansteeklik is nie¹ word haar lyk in plastiek toegedraai en niemand mag daarnaby kom nie. Die familie moet dit op ‘n afstand identifiseer.

Terug op Eksteenfontein. Die graf mag nie naby die familiegrafte wees nie, dit word in die mees afgeleë hoek van die begraafplaas gegrawe, ‘n halwe meter dieper as ‘n normale graf en niemand mag tydens die teraardebestelling daarnaby kom nie. Nadat die plastiekomhulde lyk in die graf geplaas is, word dit met ‘n dik laag beton bedek en dan toegegooi.

Die geskokte gemeenskap sukkel steeds om afsluiting na hierdie gebeure te kry en die emosionele impak op daardie mense, oud en jonk, is onberekenbaar.

Die algemene covid-narratief

Die hoofstroommedia-gedrewe narratief wat aanleiding gee tot optrede soos dié by Eksteenfontein, lui dat covid-19 die ergste ramp is wat die wêreld in dekades getref het. Daar word geglo dat “dié gevreesde virus” asimptomaties oorgedra kan word, doeltreffend teengewerk kan word deur gesonde mense te dwing om maskers te dra en assosiaal op te tree en dat die wêreld slegs na “normaal” sal kan terugkeer as almal teen die virus ingeënt is. Intussen word so vêr gegaan as om te suggereer dat diegene wat die ongrondwetlike² “beskermingsregulasies” oortree die veiligheid van hul medemens minag en van moord aangekla moet word.

Dit is ook opvallend dat bykans geen woord gerep word oor die enkele belangrikste item in die mensdom se arsenaal wat ons nog al die jare in staat stel om virusinfeksies te beveg en te oorkom nie, naamlik ons natuurlike immuniteitsisteem. Inteendeel, bykans al die regulasies takel die immuniteit af. Die grootste probleem is angs, wat deur ‘n moedswillige mediaveldtog veroorsaak en deur maskerdra, isolasie, inperking en armoede vererger word.

Die alternatiewe narratief

Die term “covid-19” beskryf die simptome van ‘n variant van die mees algemene griepvirus sedert 2012, bekend as coronavirus. Die 2018 variant was in Suid-Afrika heelwat dodeliker as covid-19. Die eerste golf het 36 810 sterftes veroorsaak.³ Dié syfer is aangeteken sonder dat daar, soos in 2020, enige moeitevolle poging aangewend is om gevalle te identifiseer. Ons kan slegs bespiegel hoedat hierdie syfer sou lyk indien die fokus daarop soos in 2020 sou wees.

Ter wille van perspektief word vermeld dat die eerste golf van covid-19 ongeveer 30 000 sterftes in Suid-Afrika veroorsaak het.

Ontleding van die beskikbare data deur gesaghebbende onafhanklike wetenskaplikes wat professionele data-ontleders insluit, dui daarop dat die “beskermingsmaatreëls” wat in die meeste lande ter wêreld toegepas word, baie meer skade as die virus doen.⁴ Sulke maatreëls is gevolglik grootliks verantwoordelik vir die opvolgende golwe van infeksies en sterftes. Die Eksteenfontein ervaring teenoor die koelkop Sweedse hantering van die virus⁵ bevestig hierdie bevinding.

Wie is die eintlike moordenaars?

Diegene wat regulasies soos maskerdra deur en isolasie van gesonde mense propageer en afdwing veroorsaak byna DERTIGMAAL⁶ meer ellende as die virus. Almal wat die algemene narratief van die hoofstroommedia glo, propageer, toepas en afdwing baan die weg na armoede, wanvoeding, angstigheid, isolasie, depressie en gepaardgaande aftakeling van ons immuniteit. Hulle gee nie ‘n duit om vir hul medemens nie en moet van moord of manslag aangekla te word, terwyl die ironie is dat dit juis hulle is wat skree “moord” teenoor diegene wat die sinnelose regulasies minag.

Bronne en verwysings:

¹ https-www-pandata-org-are-asymptomatics-sick-until-proven-healthy

² https://www.libertyfighters.co.za/anti-lockdown/

³ https://www.worldlifeexpectancy.com/south-africa-influenza-pneumonia

https://www.pandata.org/time-to-reopen-society/

https://www.pandata.org/lockdowns-dont-save-lives-sweden/

https://www.thesouthafrican.com/news/is-lockdown-working-south-africa-deadly-disease/

Besoek en “like” ons Facebookblad by https://web.facebook.com/groups/5758334482

You may also like...