Covid-19: Ter wille van die Koninkryk moet Waarheid bo versinsel seëvier

Oorsig

Aan die begin van 2020 is die Suid-Afrikaanse regering deur sekere kenners gemaan dat soveel as 351 000 mense in die eerste golf weens covid-19 sou sterf indien streng inperkingsmaatreëls nie ingestel word nie. Alhoewel die werklike syfer slegs ongeveer 20 000 was, is baie streng maatreëls nietemin ingestel en geld variante daarvan steeds.

Sommige beweer dat die lae sterftesyfer as bewys dien van die doeltreffendheid van maatreëls. Wetenskaplikes wys egter daarop dat analise van die beskikbare data, sowel as die werlike ervaring aandui dat inperkingsmaatreëls geen wesenlike verskil aan die verspreiding of impak van ‘n virus maak nie maar eerder veel meer skade as die virus veroorsaak.

Die afwesigheid van abnormale hoë algehele sterftesyfers weens covid-19 dui daarop dat die wêreld in werklikheid nie met ‘n viruspandemie te make het nie, maar eerder met ‘n vrees- en sensasiegedrewe mediaveldtog om die wêreldbevolking te mislei, manipuleer en beheer.

Alternatiewe narratiewe, talle waarvan deur hoogaangeskrewe kundiges, bring geweldige anomalieë na vore. Pogings om die impak van covid-19 in perspektief te stel, word egter deur die hoofstroommedia opsygeskuif of gesensor. Die ooglopende vraag is waarom so ‘n geweldige ophef, verdraaiing van die ware feite en verswyging van die brutale werklikheid dat miljoene meer mense weens die maatreëls sterf of ly as wat as gevolg van die virus hul lewens verloor?

Eensydige mediafokus op covid-19 lei daartoe dat die hoofsaaklik twee teenoorstaande standpunte daaroor wetenskaplike en demokratiese beginsels oortree omdat geen openbare debat deur erkende kenners moontlik is nie.

Ongeag die feit dat die Suid-Afrikaanse Hooggeregshof die inperkingsregulasies op 2 Junie 2020 ongrondwetlik en ongeldig verklaar het, gaan die owerheid voort om die regulasies af te dwing en te wysig.

Individue en veral gelowiges behoort na aanleiding van die gebeure sedert covid-19 hoofnuus geword het, te besin oor die rede vir ons onvermoë om waarheid van versinsel te onderskei tot die mate dat ons aandadig word aan misdaad teen die mensheid.

Is die inperkingsmaatreëls wetenskaplike regverdigbaar?

Die gesaghebbende PANDA is uit liefde vir ons land en sy mense gestig. ‘n Span privaatindividue, hoofsaaklik wetenskaplikes, het waargeneem dat die inperkings nie deur enige impakevaluasie voorafgegaan is om eers vas te stel hoeveel lewens nadelig deur die maatreëls beïnvloed sou word nie. Die span het baie teenkanting en druk ervaar maar steeds met hulle multidissiplinêre navorsing voortgegaan.

Te midde van die voorspelling dat daar tot 351 000 sterftes in die eerste golf in Suid-Afrika sou wees, het PANDA beraam dat die werklike syfer 20 000 sou wees.¹ Hierdie skatting het fel kritiek uitgelok en is geïgnoreer. Op grond van die voorspelling van tot 351 000 is die belangrike mediese beginsel van “first, do no harm” sowel as ‘n eeu van wetenskap voor covid geïgnoreer. Die regering het erge beheermaatreëls ingestel en gaan nou voort om vryheid van spraak te onderduk om die outoritêre omgewing te kan vestig wat nodig is om inperkings te kan handhaaf.

Daarenteen sou Swede volgens die kritici 100 000 bo-normale sterftes hê as hulle nie die maatreëls toepas nie. Daardie land het volstaan met baie ligte maatreëls. Desnieteenstaande het hulle geen noemenswaardige abnormale sterftes ervaar nie terwyl hulle ekonomie tans die beste in die streek vaar.

Suid-Afrika, met een van die strengste en langste inperkings ter wêreld, sit met die swakste ouderdomgebaseerde sterftesyfer ter wêreld. Die “kuur” het veel dodeliker as die siekte geword.²

Die data dui daarop dat, selfs indien die aanvanklike geraamde 351 000 sterftes in Suid-Afrika in die eerste golf plaasgevind het, die skade wat die “beskermingsmaatreëls” berokken het, steeds veel erger sou gewees het. Die langtermyn effek sal nog vir baie jare voortduur.³

Omstandighede kan slegs as ‘n pandemie bestempel word as dit lei na substansiële abnormale algehele sterftesyfers. Beskikbare data (Februarie 2021) dui daarop dat indien daar op enige plek ter wêreld abnormale sterftes voorkom, dit eerder die gevolg is van covid inperkingsmaatreëls en nie weens ‘n virus nie.⁴

Die gesaghebbende “The Lancet” rig vertoë vir voordeelrisiko-evaluering van die covid maatreëls.⁵ Dit is wat gedoen moes word voordat die maatreëls ingestel is.

Riglyne van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO)

PANDA wys daarop dat die WGO en ander mediese instellings voor COVID gekant was teen kwarantyn van gesonde mense weens vernietigende kollaterale skade. Byna twee jaar later is daar geen getuienis in die data om hierdie wetenskaplike benadering te verander nie. Daar bestaan geen regverdiging vir streng inperkingsmaatreëls nie.

Die WGO het verder verklaar dat verpligte maskerdra en ander beperkings op gesonde mense, nie wetenskaplik geregverdig kan word nie. Daar is ook getuienis wat aandui dat die dra van maskers vir lang tydperke, skadelik kan wees.

Suid-Afrikaanse Gesondheids- en veiligheidswetgewing

Tradisioneel beperk gesondheids- en veiligheidswetgewing die langdurige verpligte dra van maskers. Nuwe studies sedert 2020 bevestig dat verpligte maskerdra nie wenslik is nie en skade kan berokken.

Terwyl PANDA die individu se reg om te besluit om maskers te dra al dan nie eerbiedig, behoort die dra van maskers nie afgedwing te word nie.

Armoede

Arm lande word erg deur inperkingsmaatreëls geraak aangesien armoede, swak gesondheid en sterftes volg op gebrek aan middele om persone wat hul werk verloor te help.

Arm gemeenskappe word ook erg deur inperking geraak. Hulle woon gewoonlik in meer digbevolkte areas, kan selde hul werk oor afstand doen en het beperkte hulpbronne vir skoolopvoeding en gesondheidsorg. Hulle verloor gewoonlik eerste hul inkomste terwyl meer gegoedes tuis kan isoleer.

Beheer van virusverspreiding

‘n Virus kan slegs in ‘n eilandsituasie beheer word en dan sal die gemeenskap permanent geïsoleer moet word totdat die virus verdwyn, wat selde gebeur en dus nie sin maak nie.

Gefokusde beskerming van blootgesteldes bring mee dat die jong en fiks gemeenskap wat nie in gevaar is nie, immuniteit opbou terwyl die ekonomie voortdy. Menslike immuniteit is baie doeltreffend.

Inenting en entstowwe

Selektiewe inenting kan aanvullend help om die gemeenskap se immuniteitsvlak te verbeter. Te midde van toenemende aanduidings dat die entstowwe gevaarliker as die virus kan wees, is die onbeantwoorde vraag of dit sin maak om die meerderheid van die bevolking met entstowwe in te ent wat newe-effekte het ter wille van ‘n toestand wat 0,01% van die bevolking ernstig raak.

Nog ‘n probleem is dat ‘n virus gewoonlik gemuteer het teen die tyd dat ‘n entstof vir die aanvanklike vorm daarvan ontwikkel is, wat die entstof grootliks nutteloos maak. Gevolglik is die grootste voordeel van entstowwe die kommersiële waarde daarvan vir die vervaardigers en verspreiders daarvan.

Leuens, waarheid en sinvolle antwoorde

Covid-19 is omring met soveel leuens en gevaarliker nog, halwe waarhede dat dit moeilik is om te weet wat geglo kan word en wat nie. Dit geld ook vir ons land waar korrupsie ook nog bykom. Die wêreldwye toestand lyk nie veel beter nie.

Ons as gelowiges sal biddend moet soek na praktiese antwoorde en sal ook alternatiewe moet ontwikkel. Die erns van die saak lê daarin dat, indien die narratief van ‘n agenda agter covid-19 waar is, elkeen wat dit aanblaas of selfs net daarmee saamloop, aandadig word aan die skepping van angstigheid onder die bevolking met gevolglike ondermyning van immuniteit wat lei na ‘n vermybare bose kringloop van opeenvolgende infeksies, gevalle en sterftes.

Die verslae van Pandata verstrek genoeg inligting om ernstige vrae te ontketen: óf die regering en die hoofstroommedia is die kluts kwyt óf hulle neem wetend of onwetend deel aan ‘n groter agenda.

Intussen lyk dit asof die waarheid stadig maar seker deurbreek. Gesaghebbende publikasies soos AIER (American Institute for Economic Research) spreek hulself sterk uit ten gunste van die alternatiewe narratief.⁶

Geloofsaspekte

Matteus 16:25 maan ons om onsself nie teen pyn te probeer beskerm nie, want dan bou ons ‘n tronk vir onsself omdat die gevolg is dat ons geestelik en emosioneel sterf. Ons opdrag, darenteen, is om die vrede van ‘n Verlosser aan ‘n wêreld te bring waarin vir die eerste keer wêreldwye beheer is wat soek na die volle seggenskap oor elke individu. Dit moet uiteindelik uitspeel in ‘n geloofskeuse tussen die regering van die eerste Antichris met wêreldwye mag – wanneer dit ten volle ontplooi weet niemand nie, en die Koninkryk van die oorwinnaar, Jesus Christus.

Indien daar misleiding deur wanvoorstellings plaasvind wat onnodige verwarring, sterftes en ander kollaterale skade veroorsaak, is ons opdrag in Efesiërs 5:11 dat ons dit openbaar moet maak.

Moontlike weë:

*God het sy volk se vyand geword (Jes 63: 10) en dit lyk of dit nog so is. Gelowiges moet terugkeer en bereid wees om die gevolge van ons korporatiewe skuld as kerkmense te dra.

*Romeine 6: 3-11 leer ons dat ons reeds in Christus dood is en nou waarlik as lewende (in die proses van die ou mens afsterwe) op pad is na die natuurlike, fisiese dood.

Die effek hiervan op ons leefstyl moet wees dat ons onsself minder emosioneel steur aan die bedreigings wat by ons vrees en bekommernis inboesem, en ons instel op die lyding wat saamhang met die koms van die Koninkryk. Die fisiese sterwe raak nou deel van die gewone lewe wat reeds deel is van die ewige lewe.

*Ons moet so gewoon as moontlik leef met aanpassings hier en daar. Die covidveldtog raak meer en meer vreesgedrewe. Vrees is ‘n leuengebaseerde emosie en die satan is die vader van die leuen. Omdat vrees en stres die immunitet drasties kan verlaag, moet ons ons eerder verheug in ons rykdom van genade! So leef ons weer as kinders van God en nie sy vyande nie. Hy is mos saam met ons in die nood (Jes 63: 9 – Nuwe 2020 Vertaling).

*Is dit nie waarom ons in hierdie tyd lewe nie? Om met blydskap en innerlike rustigheid ander gelowiges wat weggedwaal of moedeloos geword het, te bemoedig – selfs oor afstande.

Ons het mekaar as die Ekklesia, die liggaam van Christus nog nooit tevore soos nou nodig gehad nie. Die waarheid is egter dat ons tans in vele opsigte meer verdeeld is as ooit tevore. Terwyl die wêreld daarbuite die Waarheid nodig het wat ons moet uitleef en uitdra, verdwyn ons saam met al die ander in vrees agter maskers en maak mekaar verdag. Bepaalde standpunte oor onderwerpe soos die nuwe wêreldorde word bevorder of afgekraak na gelang van die individu se insigte en menings terwyl daar skynbaar oor die algemeen kant gekies word vir die hoofstroommedia se narratief as die meer aanvaarbare een.

As ons wil gehoorsaam wees aan ons Koning sal ons minstens ‘n manier moet vind om die verskillende narratiewe op ‘n sinvolle en openlike manier, in nederige afhanklikheid van baie wysheid van Bo, met mekaar te bespreek sodat ons ons belangrike opdrag kan uitvoer deur waarheid, vrede, balans en perspektief te bring.

Die Unitygroep op Telegram is ‘n moontlike forum waar ons kan begin om saam hieroor te gesels. Dit skakel landwyd by (hopelik) enersdenkende groepe aan.

Die tweede golf en immuniteit

Niemand het die vroeë tweede golf en ‘n nuwe variant in Suid-Afrika voorsien nie. Gesondheidspraktisyns wys egter daarop dat angs en isolasie ons immuniteit aftakel. Die belangrikheid van immuniteit word baie onderskat en dit kan ‘n groot bydrae lewer of selfs die hoofoorsaak wees wat lei na toenames in opvolgende vlae van infeksie en sterftes.

Rapportering van statistiek skep ook wanindrukke en bemoeilik sake aangesien die belangrike verskil tussen sterftes met covid en sterftes weens covid oor die algemeen nie onderskei word nie.

Slotsom

Inperking bied nie oplossings vir die uitdagings van virusse nie. Dit trek net die aandag weg van die sleutelvraag: hoedat ons in ‘n onbekende omgewing moet reageer.

Die Sweedse suksesverhaal illustreer waarom beproefde gesondheidsbeginsels gehandhaaf moet word sodat daar veral nie skade berokken word nie. Daar moet nie net klem op een virus geplaas word nie, en maatreëls wat nie sin maak nie en skade berokken moet vermy word. Die belangrikheid van hierdie waarhede word deur die jongste syfers bevestig.⁷

Ongeag hoedat die leser deur die Gees gelei word, laat ons saam bid dat die effek van hierdie virus nie in ons lewens en vir die Koninkryk van God vermors sal word nie.⁸

Wat volgende?

Doen jou eie navorsing. Die Pandata webwerf is ‘n goeie plek om te begin. Hulle maak praktiese en pragmatiese beleidsaanbevelings:

Verwysings (Ctrl/klik op skakel of kopieer en plak na jou webblaaier)

¹https://www.pandata.org/panda-first-principles/

²https://www.pandata.org/how-bad-is-the-bug/

³https://www.pandata.org/lockdowns-contradict-a-century-of-pre-covid-science/

https://www.pandata.org/examining-excess-deaths-reporting/

https://www.thelancet.com/journals/lancet/article/PIIS0140-6736(21)00193-8/fulltext

https://www.aier.org/article/how-does-all-of-this-end/

https://www.pandata.org/lockdowns-dont-save-lives-sweden/

https://www.youtube.com/watch?v=Gg3AwqYjIIY&fbclid=IwAR3F6Iv3jau3sHjW-S9y-pmDyqN0RbPGQ0I1hXLqWPsMxR54cxxMp0TTWrk

You may also like...