Daardie bolle moet bo drywe

Drywende Bolle: Simptoom van Gesonde Spysvertering 

Inleiding

‘n Spysverteringsisteem wat reg werk is ‘n belangrike element vir goeie gesondheid en gewigverlies. Gereelde en doeltreffende reiniging van die dikderm help om te verseker dat geen toksiese afvalstowwe deur die liggaam heropgeneem word nie.

Kry die spysverteringsproses behoorlik aan die gang

Die spysverteringsproses begin wanneer jy kou. Neem tyd met jou maaltye, eet klein happies op ‘n slag en kou elke mondvol deeglik om seker te maak dat jou voedsel behoorlik fyngekou word en dat dit deeglik met speeksel gemeng is voordat jy dit insluk.  Dit is die eerste belangrike stap in die spysverteringsproses. As jy dit doen sal jy ook die slukproses bevorder en enige moontlikheid van ongemak uitskakel.

‘n Algemene probleem met die hedendaagse gejaag is om kos te min te kou en dan met water of ander vloeistof soos koffie of tee af te sluk. Hierdie praktyk is uiters nadelig, nie net omdat die kos nie behoorlik fyngekou word nie, maar ook omdat daar onvoldoende speeksel in is. Boonop word feitlik alle vitamines deur water, koffie, tee en hitte vernietig.

Maaltye is baie belangrike tye vir die gesin om bymekaar te kom en te gesels. Gesinne en vriende wat saam eet smee hegte bande. Moenie toelaat dat buite-invloede soos TV of ‘n gejaagde lewe hierdie kosbare tydjies vir jou en jou gesin bederf en boonop jou gesondheid ondermyn nie.

Die afgewaterde vorm van die nagmaal wat deesdae in kerkstrukture gevier word het sy oorsprong by ‘n gewone maaltyd wat Jesus saam met Sy dissipels genuttig het. Soos wat hulle dikwels gedoen het, is daar gekuier en gesels oor sake van gemeenskaplike belang en het hulle mekaar se geselskap geniet. In die proses is baie intieme bande gesmee.

Moedig jou geloofsgemeenskap aan om weer die nagmaal aan ‘n gewone maaltyd te koppel.

Kontroleer die resultate

Indien jy so rustig eet en jou voedsel bestaan uit die gebalanseerde komponente en hoeveelhede soos in die eetplanne by www.verslank.net uiteengesit, behoort jou ontlasting rond gevorm, sag en drywend te wees.

Indien dit nie die geval is nie, het jou spysverteringsisteem waarskynlik bykomende dieetkundige ondersteuning nodig. Digestron is ‘n veilige, doeltreffende keuse wat die sisteem van die regte voedingsmiddels voorsien sodat dit beter kan funksioneer.

Die spysverteringsisteem is ‘n fyn gebalanseerde, noukeurig-ontwerpte laboratorium waar voedsel wat die liggaam inneem so gewysig word dat die noodsaaklike voedingstowwe daarin deur die liggaamselle opgeneem en benut kan word. Talle probleme kan teruggespoor word na ‘n ondoeltreffende spysverteringsisteem:

Hardlywigheid, winderigheid, spastiese kolon, dermongemak, sooibrand en naarheid is slegs ‘n paar simptome wat genoem kan word.

Regstellende dieetkundige ondersteuning

Digestron bevat die volgende bestanddele uit groente en vrugte wat help sodat die liggaam die nodige voedingstowwe opneem en afvalstowwe uitskei:

Glutamien

pynappelekstrak

angelica chrysanthemum

gemmer

haagdoring

inula

kudzu magnolia

massa fermentata

ment

perlemoer

patchouli

pinellia

poria

sausserea

nartjie

trichosanthes.

Kontak ons via die “Kontak” skakel om Digestron te bestel.

 

“Die middeljare is wanneer ruimheid van opvatting en slankheid van die middeltjie plekke ruil.”

You may also like...