Die belangrikheid van ontbyt

Tieners en Kinders, Vetsug en Ontbyt

Tieners wat ontbyt eet gebruik meer kalorieë per dag maar weeg minder as dié wat die belangrike eerste maaltyd van die dag oorslaan.

‘n Kind wat ontbyt oorslaan is geneig om vetter te word en is dus ‘n groter kandidaat vir vetsug.

Vetsug lei tot baie ander siektes en ongesteldhede.

Help jong mense om gevestig te raak in gesonde eetgewoontes, oefening en sosialisering. Help hulle om te besef dat hulle liggame ‘n tempel van die Heilige Gees is en dat hulle lewens teen ‘n prys gekoop is. Leer hulle om te eet volgens die riglyne in die eetplanne op hierdie webblad.

Bid saam dat ons almal sal leer om die Skepper-God te verheerlik in ons liggame en in ons gees wat aan Hom alleen behoort (1 Kor.6:19) en dat ons hierdie belangrike boodskap aan ander en veral aan die jong geslag sal voorleef en oordra.

Kinders reageer goed op sinvolle aanvulling. As jy hulle van kleinsaf leer hoe belangrik gesonde voedsel en sinvolle aanvulling is het jy ‘n fondasie gelê wat lewenslank ‘n positiewe impak op hulle lewenskwaliteit sal uitoefen.

Kontak ons vir inligting oor ‘n sinvolle aanvullingsprogram vir kinders.

Hoe om 20kg in een week te verloor! (Tong-in-die-kies)

Maandag:

Ontbyt: Halwe koppie flou tee

Middag: Halwe pruimedantpit

Aand : 1 Mossieboud (oondgebak)

Dinsdag:

Ontbyt: Gekapte krummels van een roosterbrood

Middag: 1 doughnut gaatjie (sonder suiker)

Aand: Lees ‘n resep vir gebraaide kalkoen deur

Woensdag:

Ontbyt: 1 duifeier (gekook)

Middag: 6 papawersaadjies

Aand: Bye knieë in asyn gemarineer

Donderdag:

Ontbyt: 10 tamatiepitte

Middag: 1 nawel van ‘n lemoen

Aand: 3 aartappel-ogies

Vrydag:

Ontbyt: 2 kreefvoelers (suig net)

Middag: 1 gekookte skoenlapperlewer

Aand: Sopaftreksel van ‘n jellievisbeen

Saterdag:

Ontbyt: 4 gekapte piesangpitte

Middag: 1 goudvisvin (liggies gekook)

Aand: Geroosterde muggieboud

Sondag:

Ontbyt: Ingelegde suikerbekkietong

Middag: Prima-rib van ‘n paddavis

Aand: Geroosterde springkaanboud

Maandag:

Bel vir AVBOB en tref begrafnisreëlings
‘n Vrou is NOOIT te vet nie, net soms nie lank genoeg vir haar gewig nie.

You may also like...