Die coronavirus – ‘n perspektief
Wêreldwye mediaverslae oor die coronavirus en reaksie daarop word oënskynlik beïnvloed deur twyfelagtige persepsies, ‘n gebrek aan kennis oor virusse en ‘n bietjie stoutigheid deur joernaliste.
Bespiegelings oor politieke of ekonomiese motiewe vir die kweek van die virus mag ‘n element van waarheid bevat. Of dit waar is of nie, ons moet besef dat talle virusse en ander organismes altyd en oraloor, ook binne elkeen van ons se liggame, teenwoordig is. Oseane, riviere en mere se inhoud is as’t ware gekonsentreerde bakteriese en virale sop. Die meerderheid van hulle is skadeloos, nuttig en selfs noodsaaklik vir oorlewing en goeie gesondheid. Die skadelikes word gewoonlik deur ons immuniteitsisteme onder beheer gehou. Sodra ‘n bevolking se immuniteitsvlakke egter daal, skep dit ‘n geleentheid vir die skadelike organismes om vinnig te vermenigvuldig, te versprei, die vriendelike variëteite te onderdruk en chaos te saai.
In die geskiedenis is katastrofes deur virusse en bakterië veroorsaak. Alhoewel dit nie ‘n algemene verskynsel is nie, kan en sal dit waarskynlik weer gebeur. Dit is egter geen rede vir paniek nie. Ons moet net ons situasie met soberheid en goeie oordeel hanteer, vergeet van al die bespiegelings en aandag gee aan dit wat ons kan doen om onsself te beskerm.
Meer oor die coronavirus
Die coronavirus het in diere ontstaan en hoort nie in mense nie. Virusse wat tussen spesies spring is gevaarlik. Voorbeelde is die griepvirus, die coronavirusfamilie en MIV (die virus wat VIGS veroorsaak). Sommige van hulle treiter die mens reeds vir ‘n baie lang tyd. Gelukkig verswak baie virusse met verloop van tyd. Namate hulle vermenigvuldig ontstaan mutasies wat hulle soms so aftakel dat hulle nie meer oorgedra word nie. Dit gebeur egter nie altyd nie. Virusse soos MIV en die griepvirus kan ten spyte van mutasies aanhou om voort te plant. Daar is talle faktore wat ‘n rol speel en geen twee virusse is dieselfde nie.
Indien die huidige uitbraak die koers van voriges volg, kan die coronavirus homself uitbrand. Blykbaar is dit wat met die H1N1 griepvirus gebeur het wat in 1917 die dood van miljoene mense veroorsaak het. Dit het vir 40 jaar aangehou en toe verdwyn, om weer in 1976 uit ‘n gebergde laboratorium-monster te verskyn en weer vir 33 jaar uit te hou totdat dit tydens die 2009–2010 varkgriep H1N1 pandemie verdwyn het. Die latere weergawes was nie so dodelik soos die eerstes nie. Die H1N1 kon nie in die menslike bevolking voortbestaan nie.
Die coronavirus is egter nie ‘n soort griep nie. Sy oorsprong is ook nie duidelik nie. Dit lyk of dit vanaf vlermuise oorgedra is. Die ietermagog word ook as moontlike tussenganger genoem. Hoe dit ookal sy, ons gesondheidsorgstelsels sal dit met erns moet benader terwyl elkeen van ons voorsorg moet tref.
Wat ons kan doen
Hier is die belangrikste faktore wat meewerk om ons Godgegewe immuniteit af te takel. Hoe meer daarvan by jou teenwoordig is, hoe laer sal jou immuniteitsvlakke waarskynlik wees en hoe meer sal jy dus blootgestel wees aan ernstige gevolge indien jy infeksie sou opdoen:
1. Ongesonde eetgewoontes
2. Verarmde voedsel
3. Stres
4. Swak en versteurde verhoudings
5. Te min of te veel oefening
6. Oorbevolking
7. Kitskosse en geneties-gemanipuleerde gewasse
8. Gereelde gebruik van medikasie, veral antibiotikas
Hierdie is meesal dinge waaroor ons beheer het of waarvoor ons hulp kan kry. Namate ons egter versuim om aksie teen hierdie risikofaktore te neem, sal ons immuniteit afgetakel raak en sal virusse en ander organismes makliker by ons vatkans kry.
Werk aan ‘n sterk immuniteitstelsel
Die
negatiewe invloed van stres en verhoudings op ons immuniteit word te
maklik geringgeskat. Die sleutel is die Bybelse opdrag om jou denke
na God se wil te vernuwe. Efesiërs 4:23 beteken in essensie dat die
leuens in ons denke met waarheid vervang moet word. Dan kan ons Sy
vrede wat die menslike verstand te bowe gaan in alle omstandighede
ervaar. Daar is landwyd opgeleide fasiliteerders wat deur middel van
transformasiegebedsterapie
met hierdie belangrike proses kan help.
Gelukkig het
deurbraaknavorsing op die terrein van mikrovoeding in die afgelope
paar dekades sulke kragtige immuniteitbouers opgelewer dat sekere
vooraanstaande kliniese konsultante wat bv. MIV-pasiënte namens
mediesefondse behandel, voorkeur gee aan sulke alternatiewe bo
konvensionele medikasie. So ‘n benadering skakel die newe-effekte
van medikasie uit, is baie goedkoper, meer volhoubaar en ook
doeltreffend. Die virusse kan nie weerstand teen ons natuurlike
immuniteit opbou nie en die gevaar van weerstandige virusse word
uitgeskakel.
‘n Deurslaggewende stap na beter immuniteit, wat gelyktydig aangepak kan word, is om jou dermkanaal te help om die noodsaaklike voedingstowwe wat jou energie gee en jou immuniteit opbou, te kan opneem en benut. Dit behels veral dat jou ingewandsbakterieë gebalanseerd moet wees. As daar ‘n wanbalans is, sal selfs die gesondste kos en die beste aanvullers grootliks vermors word. Dit kan aangehelp word deur daagliks ‘n goeie probiotika in te neem.
Die kritieke balans in ingewandsbakterieë gaan egter nie in ‘n maand of twee-drie regkom nie. Dit kan jare neem. Die teenwoordigheid van die bogenoemde agt risikofaktore verleng die herstelproses, en hoe meer aandag jy daaraan gee om hulle uit te skakel en terselfdertyd gereeld probiotikas in te neem, hoe meer sal die proses versnel.
Dieselfde beginsels geld natuurlik vir die coronavirus en enige ander organisme. Hoe sterker jou immuniteit, hoe beter is jou kans om nie een van die sterfgevalle te wees nie. Boonop sal jy ‘n sterker immuniteitsisteem jou help om bykans enige siekte beter te weerstaan, te oorleef en daarvan te herstel.
Wees ‘n deel van die oplossing
Wees altyd bereid om te help waar jy kan, wel wetende dat jy net sowel in daardie situasie kon wees. Skenkings, verkieslik deur ‘n Christelike organisasie, is altyd ‘n opsie. Ons moet egter nooit geleenthede om die Verlossingsboodskap te versprei, laat verbygaan nie. Wanneer mense besef hoe broos die lewe is, raak hulle soekend na die ewige hoop wat Jesus Christus bied.
Gevolgtrekkings
Virusse is deel van God se skeppingsorde. Baie van hulle is voordelig. Ons leef egter in ‘n gebroke wêreld met baie lyding, siekte en dood. Sommige virusse het gevaarlik geword, en deurgaans in die geskiedenis vir die mens ellende gebring. Dit het ons gedwing om innoverende strategieë te ontwikkel om hulle te probeer bekamp. God belowe nie ‘n lang lewe of goeie gesondheid nie. Hy belowe egter wel verlossing uit hierdie sondebesoedelde wêreld en ons siektebesmette liggame. Laat ons na Hom opsien terwyl ons hoop en vertroue nie op aarde gevestig is nie.
Aanbevole probiotikas en immuniteitbouers
Infa is dié klassieke natuurlike antibiotika bestaande uit 9 puik kruie wat blitsig immuniteit teen infeksie bou.
Mannatech bied ‘n puik reeks produkte aan wat mense wêreldwyd help om beter gesondheid te geniet en hul immuniteit te verbeter.
Gebruik die “kontak” fasiliteit om meer inligting oor enige van hierdie produkte aan te vra.