Die gevaar van duur skoonmakers
Spaar geld en elimineer terselfdertyd die gevare in skoonmakers
Oorsig
Hier is viervoudige goeie nuus:
Jy kan al die nadele van chemikalieë in reinigers uitskakel
Veilige plaasvervangers is baie goedkoper
Die plaasvervangers is omgewingsvriendelik
Gebruik slegs vier produkte in die plek van elf
Terugblik
In die vorige nuusbrief het ons gesien hoeveel gifstowwe en skadelike chemikalieë daar in gewilde huishoudelike reinigers is en die besoedeling wat hulle veroorsaak.
Hulle dra by tot of vererger onder andere
aandag afleibaarheidsindroom
verlamming
velirritasie
skade aan slymvliese, die ingewande en longe
Alzheimer se siekte
asma
vroeë menstruasie
ontwrigting van die endokrinesisteem
kroniese ongesteldhede
allergieë
kanker
Ons het ook gesien dat veiligheidstoetse byna nie bestaan nie. Toetse wat wel gedoen word is nie doeltreffend nie en bepaal nie wat die gekombineerde effek van meer as een bestanddeel kan wees nie.
Blootstelling van kinders en ongebore babas is veral kommerwekkend.
Politieke en finansiële belange ondermyn toetsprosedures en studies word selde deur onafhanklike laboratoriums gedoen.
Toetse op alternatiewe
Ons het vier produkte getoets. Hulle bevat geen skadelike chemikalieë of gifstowwe nie en is omgewingsvriendelik.
Twee van hulle word in verskillende verdunnings gebruik sodat slegs vier konsentrate die volgende elf produkte vervang:
Waspoeiers en vloeibare wasmiddels
Versagmiddels
Oondskoonmakers
Algemene huishoudelike reinigers
Matskoonmakers
Vloerwasmiddels
Vensterskoonmakers
Ligte, medium en swaardiens ontsmettingsmiddels
Die toetsuitslag
Die produkte is heeltemaal veilig en omgewingsvriendelik
Hulle het ‘n geld-terug gehaltewaarborg
Hulle lewer beter resultate as die produkte wat hulle vervang
Hulle is goedkoper – ons bereken ‘n gemiddelde besparing van minstens 65%
Op grootmaataankope (5 liter) instede van die standaard 500 ml konsentrate, kan besparings selfs 80% oorskry as rabatte in ag geneem word
Berekende kostes sluit aflewering in maar nie opsionele spuitbottels nie. Laasgenoemde is ook teen mededingende pryse beskikbaar.
Vind meer uit
Klik hier jan@verslank.net en stuur die e-pos met “Skoonmaakmiddels” in die onderwerpkolom en ‘n aanduiding van waar jy woon. Dan stuur ek vir jou die volledige prysvergelykings, produkbeskrywings en inligting oor verspreidingspunte of afleweringsreelings.
Doen dit nou
Wie kan deesdae bekostig om sulke besparings oor die hoof te sien?
Waar anders kan jy geld spaar én gehalte verbeter?
Ons huisgesin het al ons skadelike reinigers vervang en nooit teruggekyk nie…
As jy R300 per maand aan skoonmaakmiddels bestee, spaar jy R200 wat oor ‘n jaar R1 200 word
Dink aan jou gesin se gesondheid
Ons kan nie wag om jou reaksie te hoor wanneer jy die gemoedsrus van veilige produkte ervaar en boonop sien dat hulle beter werk én vir jou ‘n klomp geld spaar nie.
Die inligting is gratis en jy is onder geen verpligting nie, behalwe teenoor jouself en jou gesin. Klik by jan@verslank.net, sê waar jy woon en besluit sodra jy alles voor jou het.
Met ‘n geld-terug gehaltewaarborg deur die vervaardigers en my persoonlike onderskrywing, kan jy net verloor as jy nie probeer nie.
Besoek ons by https://www.facebook.com/gesond.verslank
Aanhaling: The preservation of health is a duty. Few seem conscious that there is such a thing as physical morality.
Outeur: Herbert Spencer 1820-1903, Britse Filosoof