Die jongste oor aspirien en hartkwale
Kan Aspirien Hartkwale Verhoed?
Na raming gebruik 40 miljoen Amerikaners elke dag aspirien, en wie weet hoeveel Suid-Afrikaners? Neem egter kennis van die nuutste waarskuwing uitgereik deur die US Food and Drug Administration (FDA).
Hulle het jarelank aanbeveel dat aspirien gebruik moet word; nou is hulle aanbeveling dat jy NIE aspirien moet gebruik as jy nie ‘n hartprobleem het nie. Dit geld ook as jy ‘n familiegeskiedenis van hartkwale het.
Die FDA verklaar nou in hulle webwerf:
“FDA has concluded that the data do not support the use of aspirin as a preventive medication by people who have not had a heart attack, stroke or cardiovascular problems, a use that is called ‘primary prevention.’ In such people, the benefit has not been established but risks — such as dangerous bleeding into the brain or stomach — are still present.”
Getuienis ter ondersteuning van voorkomende gebruik van aspirien het van swak na swakker gegaan en nou in die niet verdwyn. Dit lyk asof aspirien, selfs in lae dosisse, baie meer nadele as voordele inhou. Dit be-aam ons standpunt by verslank.net dat medikasie in enige vorm slegs as laaste uitweg en dan streng volgens voorskrif geneem moet word.
Dit is in werklikheid debatteerbaar of aspirien ENIGE beskermende voordele teen kardiovaskulêre toestande bied, selfs al het jy reeds ‘n hartaanval of beroerte gehad. Daar bestaan in elk geval uiters doeltreffende alternatiewe wat geen newe-effekte het nie; waarom dus speel met jou gesondheid?
Daar is heelwat meer, onder andere:
- Aspirien kan ‘n hartgebeurtenis in wording versteek
- Studies dui daarop dat aspirien ‘n totale mislukking is wat betref die vermyding van hartaanvalle
- Aspirien verhoog die risiko vir inwendige bloeding en bloeding op die brein, veral by ouer persone
- Aspirien kan die voering van die maagwand vernietig
Aspirien kan een van die oudste doodmaak-medisynes wees! Daar is sterk historiese getuienis wat aandui dat ‘n oordosis van aspiriene ‘n groot bydraende faktor was by die geweldige dodesyfer tydens die griepepidemie van 1918.
Aspirienvergiftiging kan lei na bloeding en opbou van vog in die longe wat dodelik kan wees. Lees gerus Dr. Karen Starko se fassinerende studie in “Clinical Infectious Diseases.”
Roetine gebruik van aspirien kan selfs met breër gesondheidsprobleme geassosieer word, bv.
- verhoogde risiko van een soort borskanker by vroue (ER/PR-negatief)
- verhoogde risiko van nierversaking
- katarakke, makulêre degenerasie en blindheid
- gehoorverlies en tinnitus
- erektiele disfunksie
Wat is die antwoord? Verlaag kroniese inflammasie
Tot ‘n derde van sterfgevalle kan aan hartsiektes toegeskryf word, maar ons glo dat minstens 25% hiervan voorkom kan word.
Spreek kroniese inflammasie aan deur leefstylaanpassings wat betref dieet, oefening, blootstelling aan die son en velkontak met die aarde.
- Beperk of elimineer alle geprosesseerde en geneties gemodifiseerde voedsel
- Elimineer alle glutien
- Gebruik gesonde vette soos avocado, rou botter, neute, sade en kokosneutolie eerder as groente-olies en margarien, ens.
- Eet minstens een derde van jou kos of soveel as wat jy kan rou
- Eet meer vars groentesoorte
- Eet elke dag kos wat natuurlik-gefermenteer is om mikrobiese diversiteit in jou ingewande te verhoog en te help om kroniese inflammasie tot die minimum te beperk
- Vermy alle vorms van kunsmatige versoeters
- Beperk suikerinname, veral geprosesseerde fruktose na minder as 25 gram per dag uit alle bronne met inbegrip van heel neute. Hou dit onder 15 gram per dag as jy insulienweerstandig is, aan diabetes, hipertensie of hartsiektes ly.
- Eet sover as moontlik organiese kossoorte
- Neem ‘n goeie gehalte omega-3 aanvuller
- Pas waterterapie toe: kyk by www.verslank.net/Nuusbriewe/Verslanking/Waterterapie uit Japan
Besoek ons blad oor gesondheid en lewenskwaliteit by Facebook:
https://www.facebook.com/gesond.verslank?ref=bookmarks