Die moets en moenies van uie
Die gesondheidsvoordele en die gevare van uie
Ons ken almal die wonderlike antibakteriese en genesende eienskappe van uie en knoffel. Hier volg egter interessante inligting oor die minder bekende eienskappe van hierdie merkwaardige plantfamilie.
Uie is nie net vir eet nie!
Tydens die groot griep van 1919 wat tot die dood van 40 miljoen mense gelei het, was daar ’n dokter wat die talle boere besoek het om te sien hoedat hy hulle kan help om die griep te bestry.
Die dokter kom eendag tot sy groot verbasing op een boer en sy gesin af wat almal blakend gesond is. Toe hy die boer vra wat dit is wat hulle doen wat die verskil maak, antwoord sy vrou dat sy ‘n geskilde, oopgesnyde ui in ‘n bakkie in elke kamer van die huis sit. Hy kon dit nie glo nie en vra toe of hy een van die uie kan saamneem sodat hy dit onder ‘n mikroskoop van naderby kan ondersoek. Hy ontdek toe dat die griepvirus in die ui vasgevang was. Die ui het die mikrobes geabsorbeer en so die familie gesond gehou.
Hierdie verhaal is deur ‘n haarkapster oorvertel. Volgens haar het talle van haar kliënte voorheen gereeld griep opgedoen. Dan het haar werknemers aangesteek tot nadeel van haar besigheid. Toe begin sy om ‘n aantal bakkies met uie oral in haar salon te plaas. Tot haar verbasing het haar werknemers sedertdien nie weer siek geword nie.
Daar het jy dit: koop ‘n klompie uie, sit hulle in bakkies en plaas hulle oral in jou huis of werkplek rond. Probeer dit en kyk wat gebeur. Volgens mense wat dit gedoen het, kry hulle nie meer griep nie.
Longontsteking en die plaag
‘n Persoon uit Oregon in die VSA wat gereeld rubrieke oor gesondheidsake skryf, het ‘n baie interessante ervaring met uie gehad.
Sy het longontsteking opgedoen en was uiteraard baie siek. Toe kom sy op ‘n artikel af wat sê dat jy albei kante van ‘n ui moet afsny. Dan druk jy ‘n vurk in die een kant van die ui in, plaas die vurk in ‘n bottel sodat die ui bo uitsteek en sit dit in die nag (en seker maar bedags ook as jy wil) langs die siek persoon. Die ui is glo die volgende oggend swart van die kieme! En die siek persoon voel beter.
Volgens nog ‘n artikel het uie en knoffel wat oraloor in die kamer geplaas is baie mense jare gelede teen die swart plaag beskerm. Hierdie gewasse besit kragtige antibakteriese en antiseptiese eienskappe.
Pasop vir oorskiet uie
Ons kry dikwels maagongesteldhede sonder dat ons weet wat die oorsaak kan wees. Miskien is uie die sondebok! Omdat uie so goed werk om kieme op te vang en ons sodoende teen verkoues en griep te beskerm, is dit logies dat ons nie uie wat gesny is en rondgelê het moet eet nie.
Die onderwerp van voedselvergiftiging is met die voedselchemie-deskundige by vervaardigers van slaaisous (mayonnaise) bespreek.
Hy wys daarop dat mense dikwels besorg is oor die moontlikheid dat slaaisous sal sleg word. Hy beweer dat alle kommersieel-vervaardigde slaaisous heeltemaal veilig is. Dit hoef nie eens verkoel te word nie! Die pH van slaaisous is op ‘n vlak waar bakterieë nie kan orleef nie.
Wanneer iemand by ‘n piekniek siek word waar aartappel en slaaisous bedien is, kry die slaaisous gewoonlik die skuld. Ingeval van voedselvergiftiging sal die ondersoekbeamptes egter altyd eerste probeer vasstel wanneer die slagoffer laas uie ge-eet het, en waar die uie vandaan kom. Gewoonlik was dit in aartappelslaai. Dit is ook meer waarskynlik dat die probleem by die aartappels as by die slaaisous ontstaan het (tensy dit tuisgemaakte mayo is).
Uie, en veral rou uie, is ‘n tamaai magneet vir bakterieë. Jy moet nooit selfs ‘n stukkie gesnyde ui probeer hou vir latere gebruik nie. Dit is nie eens veilig as jy dit in ‘n plastieksak verseel en in die yskas hou nie!
Sodra jy die ui gesny het, kan dit byna onmiddellik reeds tot die mate besoedel wees dat dit vir jou ‘n gevaar inhou. Onthou dus asseblief dat dit gevaarlik is om ‘n ui te sny en dit dan te hou om die volgende dag mee te kook. Dit word oornag uiters giftig en raak vol van gevaarlike bakterieë wat erge maaginfeksie en selfs voedselvergiftiging kan veroorsaak.
Jy kan miskien nog die gesnyde uie gaarmaak maar dan moet jy dit ordentlik doen. Jy soek egter vir moeilikheid as jy die uie-oorblyfsel opsny en dit in jou toebroodjie sit. Uie sowel as vogtige aartappel in aartappelslaai sal vinniger kieme lok en laat groei as enige kommersieel-vervaardigde slaaisous.
Beskerm jou honde
Honde se spysverteringsisteem kan nie uie metaboliseer nie. Jy moet dus nooit vir jou honde uie gee om te eet nie.
Doelwit
Die Gesondheidsgesin by www.verslank.net bevorder ‘n gebalanseerde leefstyl as die sleutel tot goeie gesondheid, ‘n aantreklike liggaam wat nie oorgewig of ondergewig is nie, ‘n sinvolle, stresvrye verhoudingslewe en goeie lewenskwaliteit.
Vind meer uit deur al die verskillende kategorieë nuusbriewe op die webwerf te lees.