Waar kom siektes vandaan?
Die Oorsprong van Siektetoestande
Daar is drie hoofoorsake waarom mense siek word, naamlik beskadiging, vergiftiging en tekorte
1. BESKADIGING: hier moet onderskei word tussen verskillende soorte skade wat aan die liggaam en gees van die mens aangerig word:
Sellulêre beskadiging deur ongesonde kosse soos kitskos, gevaarlike olies (margarine, kookolies, diepgebraaide kosse), verfynde stysels (suikerprodukte, koek, lekkers, alle koeldranke en veral Coke, brood, ontbytgrane)
Herhaalde en ernstige beskadiging van die spiere en skelet deur verkeerde postuur (sit voor rekenaar, boeksak oor een skouer, lank sit, ver bestuur, ens), sportbeserings, alle fisiese spanning wat negatief kan werk (swaar dra, ver hardloop, ens)
Emosionele beskadiging deur traumatiese ervarings wat nie verwerk is nie, negatiewe denkwyse (kroniese vrees, angstigheid, pessimisme, ens) asook stres wat die senuweestelsel en kliere aantas
Elektromagnetiese skade deur elektriese en elektroniese apparate (selfone veral by kinders, elektriese apparate en koppelings naby die bed, X-strale, mammogramme) en die talle onsigbare elektromagnetiese golwe wat ons omring
2. VERGIFTIGING: hier onderskei ons
Vergiftiging van buite: daar is letterlik tienduisende gifstowwe wat in die water en kos kan voorkom; daar word baie gifstowwe in huise gebruik wat in skoonmaakmiddels is (wasgoedseep, skottelgoedseep, tandepasta, badkamerseep; politoer, ens); die medikasie wat mense gebruik het in feitlik alle gevalle giftige newe-effekte op die liggaam
Vergiftiging van binne: daar is biljoene mikro-organismes in die liggaam en ‘n deel daarvan skei giftige stowwe af; as dit in die bloed kom kan dit skadelik wees
3. TEKORTE: hier onderskei ons tussen die volgende:
Voedingstowwe: voedingryke kosse soos groente, peulgewasse, vrugte, neute en sade, eiers en vis (kleiner kouewater vis) is uiters belangrik vir die liggaam
Fisiese en emosionele rus: die liggaam moet elke sekonde rus (hartklop), elke nag genoeg en rustig slaap, elke week een dag niks werk doen nie, elke jaar ‘n vakansie hou – dit is nie ‘n masjien en moet herbou word deur die rus. Emosioneel kort elke mens stilword tye vir meditasie en gebed om perspektief oor die lewe te kry of te behou
Lig en lug: sonlig, ook op die vel, is baie belangrik vir gesondheid asook vars lug wat suurstof aan die bloed verskaf
Doelgerigtheid: om te weet dat ‘n mens se lewe nie ‘n ongeluk was nie maar dat daar ‘n bepaalde lewensdoel vir jou is, is uiters belangrik vir emosionele gesondheid (wat ook die fisiese gesondheid radikaal beïnvloed)
Liefde: die diepste behoefte van elke mens is om liefde te ontvang en liefde te kan gee. Dit bevestig die Bybel se boodskap dat ons Skepper, God, die Bron van ware liefde is.
Outeur: Dr Marius Potgieter, Tradisionele Gesondheidspraktisyn, Cullinan: 072 768 3981