Die rol van Ingewandsgesondheid by die Hantering van Alzheimers en Outisme
Die waarde en belangrikheid van gebalanseerde ingewandsbakterieë word te maklik onderskat. Natuurlike vriendelike bakterieë in ons ingewande het ‘n ingrypende invloed op ons gesondheid. Verwaarlosing van hierdie belangrike bakteriebalans kan katastrofies, selfs lewensbedreigend wees.
Drs Dale Bredesen en Derrick MacFabe, onderskeidelik toonaangewende kundiges op die gebiede van alzheimer en outisme, berig dat ‘n verstommende hoeveelheid navorsing bevestig dat baie kroniese toestande soos outisme en alzheimers, dieselfde onderliggende oorsake het. Hierdie toestande is nie slegs grotendeels voorkombaar nie, maar die nuutste navorsing dui daarop dat veranderings in dieet en lewenstyl ‘n deurslaggewende invloed op die voorkoming en omkeer van kroniese siektes kan uitoefen.
Die verband tussen alzheimersiekte en veranderinge in die dermbakterieë geniet die afgelope tyd meer aandag. Ons weet byvoorbeeld dat alzheimers ‘n inflammatoriese toestand is. Ons weet ook dat inflammasie verhoog word deur veranderinge in die dermbakterieë. Dit blyk dus redelik te wees om af te lei dat skade aan en verlies aan diversiteit in die dermbakterieë kan lei na breindegenerasie wat kenmerkend is van alzheimers. Verlies aan diversiteit in die dermorganismes, wat by die bevolking in verskeie lande waargeneem is, stem ooreen met die toename in alzheimersiekte in daardie lande.
Dit is nou die tyd om hierdie saak vanuit ‘n ander hoek te bekyk. As skade aan die dermbakterieë verband hou met agteruitgang van die brein deur alzheimersiekte, ontstaan die vraag of die herstel van goeie bakterieë met behulp van probiotika die situasie kan verbeter? ‘n Goeie vraag as mens nadink oor die implikasies vir die meer as 40 miljoen individue regoor die wêreld wat aan ‘n siekte ly waarvoor daar geen behandeling is nie.
‘n Positiewe antwoord op hierdie dwingende vraag sal wonderlike nuus wees. Navorsingsverslae uit ‘n studie oor 12 weke met ‘n groep bejaarde alzheimer-pasiënte het in die vaktydskrif Frontiers in Aging Neuroscience verskyn. Die deelnemers is met ‘n gestandaardiseerde kognitiewe assessering wat wêreldwyd gebruik word, genaamd die mini-mentale statuseksamen (MMSE) getoets vir psigiese funksie. Hulle het ook ‘n bloedtoets genaamd hoogs sensitiewe c-reaktiewe proteïen (hs-CRP), ondergaan wat ‘n kragtige aanduider van inflammasie is. Hierdie toetse is daarna herhaal.
Die studie het 60 pasiënte geëvalueer, waarvan die helfte ‘n placebo ontvang het. Die ander helfte het ‘n probiotiese melk wat die probiotiese spesies, Lactobacillus acidophilus, Lactobacillus casei, Bifidobacterium bifidum en Lactobacillus fermentum bevat, geëet.
Die resultate was verbasend. Die placebo-groep het ‘n groot toename van 45% in hs-CRP, die aanduier van die ontstekingsvlak, getoon. Daarteenoor het die groep wat die probiotika geneem het, se hs-CRP vlakke nie net dieselfde gebly nie, maar in werklikheid met 18% gedaal, wat ‘n dramatiese verlaging in inflammasie aandui.
Daar is selfs nog meer opwindende nuus. Soos wat verwag kon word, het die pasiënte wat die placebo geneem het se geestestoestand gedurende die 12 weke steeds gedaal. Hul MMSE-telling het aansienlike gedaal, van 8,47 tot 8,00. Die groep wat die ontstekingreduserende probiotika geneem het, se breinfunksie het daadwerklik verbeter. Hul MMSE-tellings het geweldig verbeter, van 8,67 tot 10,57. Hierdie individue het in werklikheid verlore breinfunksie herwin!
Die gevolgtrekking is dat die gesondheid en diversiteit van ons dermbakterieë ‘n direkte invloed op ontstekingsvlakke en ingrypende gevolge vir breingesondheid, -funksie en weerstand teen siektes uitoefen. Die besef dat ontsteking die onderliggende meganisme is wat alzheimersiekte, parkinsons, veelvuldige sklerose, suikersiekte, hartvatsiektes en selfs kanker veroorsaak, beteken dat die bevindings in hierdie verslag wye implikasies kan hê.
Een ding staan soos ‘n paal bo water. Ons moet alles in ons vermoë doen om die gesondheid en diversiteit van ons dermbakterieë te ondersteun. Ons moet ook verseker op die hoogte bly van hierdie opkomende navorsing wat uiteindelik die deur kan oopmaak vir ‘n geneesmiddel vir alzheimersiekte.
Talle van Mannatech se produkte bevat probiotikas wat rondom die jongste navorsing oor dermgesondheid ontwikkel is. Benewens die ongelooflike gesondheidsvoordele van hierdie glikaanryk produkreeks, bou hulle die liggaam se vriendelike dermbakterieë in rekordtyd weer op.
Kontak my by jan@verslank.net vir meer inligting en bestellings.
Besoek en hou asb van ons Facebookblad by https://www.facebook.com/verslank.net/