Die rykdom in begraafplase

Die Grootste Rykdom lê in Begraafplase

Dr Myles Munroe maak ‘n belangrike stelling wat ek graag vandag by jou wil laat. Hy sê dat die rykste plekke in die wêreld nie die goudmyne van Suid Amerika of die olievelde van Irak of Iran is nie. Ook nie die diamantvelde van Suid-Afrika of die wêreld se banke nie.

Die rykste plek op die planeet lê net om die draai – dit is die begraafplaas.

Wat daar begrawe lê is maatskappye wat nooit begin is nie, ontdekkings wat nooit gemaak is nie, topverkoper boeke wat nooit geskryf is nie en kunsmeesterstukke wat nooit geskilder is nie. Ja, die grootste skat van onbenutte potensiaal lê in die begraafplaas.

Daar is ‘n skat binne-in jou wat moet uit. Dit is jou potensiaal.

Moet nie toelaat dat jou skat nog binne-in jou is wanneer jy graf-toe gaan nie.

Bevestigings:

Binne-in my is groot rykdom
My potensiaal is onbeperk
Ek het so baie om vir die wêreld te gee

As jy voel dat jy graag elke dag so ‘n aanmoediging wil ontvang, loer in by http://www.bemotivatedtoday.net/9441

Aanhaling: Die sterk en gesonde mens is die een wat vir hulp vra wanneer hy dit nodig het. Of dit nou ookal ‘n abses op sy knie of in sy siel is. (my vertaling)
Outeur: Rona Barrett Amerikaanse Aktrise

 

You may also like...