Dis normaal om gesond te wees
Dis ‘n mite dat jy gesond is indien jy geen simptome toon nie
Die mite dat gesondheid die afwesigheid van siekte is, het by die algemene publiek posgevat. Ons is gebreinspoel om te glo dat siekte skielik toeslaan en dat ons weer beter sal voel en gesond sal word indien ons die siekte beveg.
Sulke skielike siektes word dikwels gesien as ‘n uitvloeisel van ons genetiese samestelling, wat beteken dat ongesteldhede vooraf bepaal word. Dit skeld ons vry van verantwoordelikheid. Ons verwag dat dokters ons sal help om weer gesond te word!
Hierdie mediese paradigma is ‘n mite en is in wese foutief. Daar bestaan geen logika of hoop vir gesondheid of voorkoming solank as wat ‘n persoon glo dat sy/haar gesondheid of siektetoestande vooraf bepaal word deur sy/haar genetiese samestelling nie.
Wat glo jy?
Het jy, waarskynlik onwillekeurig, die heersende-siekte paradigma aanvaar? Glo jy dat jou gesondheid hoofsaaklik voorafbepaal is? Of het jy reeds tot die besef gekom dat jou gesondheidstoestand hoofsaaklik bepaal word deur wat jy eet, hoe jy beweeg en deur jou eie denke?
Hierdie verdraaide siekte-gebaseerde paradigma word by mediese opleidingsinstellings en selfs by sommige chiropraktiese kolleges en naturopatie-skole geleer. Dit is die oorheersende uitgangspunt wat reeds vir die afgelope eeu geglo word en wat steeds in hierdie eeu ‘n invloed uitoefen.
Dit blyk dat hierdie wanopvatting deur die farmaseutiese bedryf geskep is en dat hulle dit elke jaar met biljoene dollars onderskraag.
Jy kan ‘n verskil maak
Dit is net ‘n radikale verandering in leefstyl wat jou kan help om gesonder te wees. Dit is egter geweldig bevrydend om te kan aanvaar dat jy vir jou eie gesondheid verantwoordelik is. Die rede hiervoor is dat jy dan besef dat jy oor die vermoë beskik om ‘n verandering teweeg te bring deur anders, op ‘n nuwe manier, te reageer.
Jy is daartoe in staat om tot ‘n veel groter mate as wat tradisionele gesondheidsorgpraktisyns of die media jou geleer het, die beheer oor jou eie lewe en jou gesondheid te neem.
Eerder as om te voel dat “siekte sal toeslaan en as dit gebeur behandel jy dit” moet jy by die kernoorsaak van siekte uitkom. Jou gene bepaal nie vooraf jou gesondheid en jou lewensverwagting nie; dit is jou leefstylkeuses wat siektes veroorsaak en wat die perke van jou vlak van gesondheid vasstel.
Dit is normaal om gesond te wees
Dit is noodsaaklik en deurslaggewend om te besef dat dit normaal is om gesond te wees! Jou leefstylkeuses behoort daarop gemik te wees om jou in staat te stel om tot jou volle potensiaal te leef; om optimaal gesond te wees eerder as om van die onvermydelike siekte te probeer weghardloop.
Deur te wag totdat jy siek word en dan te besluit om jou siekte met medikasie of selfs met “natuurlike” rate te beveg beteken dat jy steeds binne dieselfde ou paradigma funksioneer.
Gaan lees oor die werk van Dr James Chestnut, “Chiropractic Educator of the Year” in 2007.
Met erkenning aan my goeie vriend en geesgenoot, Marius Potgieter. Besoek sy webblad by www.drmarius.com vir meer pitkos oor hierdie belangrike onderwerp.
Practice safe eating – always use condiments.