Dood weens Oorvoeding is meer as weens Ondervoeding

Oorvoeding veroorsaak meer sterftes as ondervoeding

Deesdae sterf meer mense wêreldwyd aan vetsug as aan hongersnood. Volgens Jerigo Mure Gebedsgids se dagstuk van 15 Maart 2018, is 1,9 miljard mense (39% van die wêreld se volwassenes) volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie se 2016 opnames, oorgewig of ly hulle aan vetsug. Die toename in gerieflike, hoëkalorievoedsel dra heelwat hiertoe by.

Dit is ironies dat meer mense nou in die wêreld as gevolg van oor-eet as aan ondervoeding sterf terwyl ‘n skandelike hoeveel oortollige kos na afloop van funksies weggegooi word. Mag hierdie wêreldwye neiging omgekeer word. Elkeen van ons behoort op die uitkyk wees vir geleenthede en maniere om die situasie om te keer.

Indien ons ‘n bewussyn kan skep dat die oorvloed van kos wat mense siek en dood maak en waarvan die oorskot vermors word, by minderbevoorregte gemeenskappe lewens kan red, sal die voordele wederkerig wees. Deur net minder uitspattig te beplan en die oorskot fondse elders aan te wend kan reeds uiters sinvolle resultate lewer.

Wêreldwye voedseluitdagings

Volgens die “Food and Agriculture” organisasie van die Verenigde Nasies, het 155 miljoen kinders onder vyfjarige ouderdom in 2016 wêreldwyd as gevolg van wanvoeding aan gestremde groei gely. Dit het gelei na swak kognitiewe vermoëns, hul skoolprestasie verswak en sterfte aan infeksies verhoog.

Doeltreffende wêreldwye verspreiding van kos wat vermors word, kan ‘n tamaai verskil maak aan die basiese behoeftes van die meeste verhongerdes.

Daar is min dinge wat ‘n mens so stimuleer en motiveer as om ‘n wesenlike positiewe verskil in die lewens van andere te maak. Mense wat aan kos verslaaf is, kan hulself sodoende help om vry te kom en terselfdertyd ‘n lewensbelangrike verskil by verhongerdes maak.

Besoek ons by Facebook en “like” ons blad asb: hier

You may also like...