Ebola in perspektief
Al die nuusberigte oor die Ebola virus laat ons oor baie dinge wonder. Gaan dit hier by ons uitkom? Indien wel, hoe gaan dit ons affekteer? Watse beskerming het ons tans? Word daar aan teenmiddels gewerk? Hoe doeltreffend kan hulle wees?
Ons het by ‘n paar plekke gaan kers opsteek om sinvolle antwoorde te probeer kry.
Die mediese broederskap waarsku soos gewoonlik teen pogings om buite die veld van kliniese toetse en medikasie te soek na oplossings, maar kan tans ook net met hulle hande in die hare verklaar dat daar geen kuur is nie.
Daar is heelwat inligting gepubliseer oor die effek van Ebola om vitamine C uit die liggaam te onttrek wat jou weerloos maak en lei tot gevolge soortgelyk aan skeurbuik. Soos met skeurbuik, is die oplossing dan ook om met voldoende vitamine C aan te vul.
Patrick Holford wys daarop dat daar nog geen toetse gedoen is oor die effek van vitamine C teen die Ebola virus nie. Twee vooraanstaande deskundiges oor virusse glo egter dat vitamin C wel die antwoord is. Hulle verklaar: “As extraordinary as this might sound there is NO VIRUS that a sustained high dose of vitamin C, given intravenously, or in high and continuous oral doses, hasn’t killed off.”
Dr Robert Cathcart het meer ervaring met die behandeling van dodelike infeksies met vitamine C as enige ander medikus. Hy verklaar “the Ebola virus kills by way of free radicals which can be neutralized by massive doses of sodium ascorbate intravenously. Note on another hemorrhagic fever (acute induced scurvy): Nurse Pineo, the first white that survived the Lassa fever (another hemorrhagic fever) outbreak in Lassa, was, on her own, taking vitamins (Fuller, JG. Fever. Reader’s Digest Press. 1974.) It does not take a genius to figure out that with the increased bowel tolerance to oral ascorbic acid somewhat proportional to the toxicity of the disease that the most serious infectious diseases would rapidly exhaust all the bodies vitamin C, acute induced scurvy, and cause bleeding all over the body and finally free radical deaths. “
In sy boek ‘Vitamin C, Infectious Diseases and Toxins: Curing the Incurable’ beskryf Dr Thomas Levy hoedat hoë dosisse vitamine C alle bekende virusse ge-elimineer het. “I have not found any virus for which vitamin C does not exert a virucidal effect, as long as enough vitamin C reaches the virus, such as in any acute infection.”
Klem word gelê op die belangrikheid om ‘n voldoende hoë vlak van vitamine C in plasma te handhaaf en om dit hoog te hou. Hoe erger die infeksie hoe meer vitamine C word opgebruik. Dus kan jy meer opneem voordat jou liggaam versadigingsvlak bereik, wat deur diaree aangedui word. Dit bly egter te alle tye van kritieke belang om jouself voldeonde gehidreer te hou.
Wanneer virusse die rondte doen, sal ek my daaglikse vlak van vitamine C hoog hou. Ingeval van Ebola sal ek massiewe dosisse neem, aangevul met ander aanvullers soos kruie, phytonutriënte en ander kombinasies wat die immuniteitsisteem versterk. Ek sal ook seker maak dat ek my liggaam help deur die aanvullers in voedselvorm te neem om optimum opneembaarheid en benutting te verseker.
Moeilike diagnose, goeie oplossings
Dit is vir medici moeilik om Ebola te diagnoseer.
Afhangende van hoe vêr die toestand gevorder het, kan diagnose nog meer bemoeilik word deur ander soortgelyke tropiese siektes wat ooreenstem met die tekens en simptome wat by meer as ‘n dosyn ander potensiële siektes voorkom. Oordrag van die siekte tussen mens en dier is identies, deur die uitruil van liggaamsvloeistowwe, hetsy intern of ekstern.
Slagoffers sterf 50-90 persent van die tyd. Oorlewendes kan vir tot sewe weke voortgaan om ander te besmet. ‘n Manlike oorlewende kan byvoorbeeld ander met wie hy in aanraking kom ook tot 7 weke lank met sy semen besmet. Daar is tans geen getuienis dat die virus deur die lug oorgedra kan word nie.
Dit is algemene mediese kennis dat die immuunstelsel nie enige siekte funksioneel kan beveg sonder vitamine C-inname nie.
Dr Robert Cathcart, uitvinder van die prostetiese heup, het baie ondervinding in die gebruik van vitamine C. Hy het daarmee begin eksperimenteer as gevolg van sy eie behoeftes met onder andere kroniese hooikoors. Benewens sy eie genesing het hy ontdek dat binneaarse oorlading met vitamine C baie mense van allerlei siektes genees.
Afhangende van die ernstigheidsgraad en tydsduur van die siekte sal die hoeveelheid vitamine C wat benodig word varieer. Die groot probleem met vitamien C is dat die individu se liggaam net soveel daarvan kan benut. Oortollige hoeveelhede word deur die liggaam via ontlasting uitgeskei.
Sodoende word die hoeveelhede wat nodig is om siekte te oorkom word verhoog. Ander soortgelyke Ebola siektes is deur rektale vitamien C absorpsie behandel en met welslae genees. Dr Cathcart beweer dat dit moontlik is dat hierdie metode bykans enigiets kan genees.
Ander dokters soos dr Thomas Levy het met dr Cathcart saam die positiewe uitwerking van vitamine C op virusse en siektes bestudeer.
Ten spyte van alles wat daaroor verkondig word, kan die Ebola-virus wel deur natuurlike middels vernietig word.
Tot op datum kon geen enkele virus wat getoets is groot genoeg dosisse van vitamine C (askorbiensuur) oorleef nie. Baie ander antioksidante toon soortgelyke teenvirale effekte, maar vitamine C blyk uniek te wees omdat die eenvoudige chemiese struktuur daarvan toelaat dat dit met min beperkings deur die hele liggaam versprei.
As sodanig, is dit in staat om virusbevolkings beide intrasellulêr en ekstrasellulêr doeltreffend aan te spreek. Daar is bevind dat ander antioksidante hoër ORAC (suurstof radikale absorbansie vermoëns) waardes toon. Dit is metings wat gebruik word om die antioksidant kapasiteit van aanvullings (of kos) te kwantifiseer. ‘n Virus kan egter nooit deur ‘n kragtige antioksidant bestry word as die chemiese struktuur van die antioksidant nie direkte kontak tussen die virus en die antioksidant toelaat nie.
Vitamien C is baie sterk en dit is ook optimaal biobeskikbaar wat meebring dat dit enige virale infeksie kan bykom.
Waarom is vitamine C so effektief teen virusse?
Vitamine C vernietig virusse of stel hulle bloot aan vernietiging deur die immuunstelsel, deur die “Fenton reaksie” te aktiveer. Hierdie reaksie ontstaan binne die virus, binne selle wat die virus naboots sowel as op die oppervlak van die virus self.
Hierdie “Fenton reaksie” lei tot die onmiddellike produksie van hidroksiel radikale. Hierdie radikale is die mees reaktiewe oksideermiddels wat nog ooit geïdentifiseer is. Hulle verhoog oksidatiewe stres en vernietig uiteindelik alles in hul onmiddellike omgewing.
Een van die talle uitwerkings van vitamine C is dat dit die produksie van interferon en teenliggaampies direk stimuleer en die funksionering van die witbloedselle baie versterk deur binne daardie selle uiters gekonsentreerd te raak.
Die uitwerking van vitamine C in “opruiming” nadat dit virusse beskadig het word verder versterk deur ‘n kragtige en veelsydige ondersteuning van die immuunstelsel. Daar is geen ander stof aan die mens bekend wat eiehandig soveel as vitamine C doen om die immuunstelsel te versterk nie.
Ter wille van die handhawing van ‘n gebalanseerde uitkyk, is dit ook belangrik om daarop te let dat die uitwerking van vitamine C op minder akute kroniese virale infeksies, soos kroniese hepatitis, vigs, of MIV-positiewe toestande minder doeltreffend is, omdat hierdie virusse hulle pad vind na plekke wat minder toeganklik is vir vitamine C. Selfs in hierdie gevalle word goeie resultate egter deur volgehoue hoë dosering behaal.
Wat van kliniese toetse?
Kyk self na die ongelooflike uitslae van kliniese toetse deur Frederick Klenner, MD – die vader van kliniese gebruike van vitamine C. Ook die H1N1 pasient in New Zealand. Hy het op die drumpel gestaan om van lewensondersteunende toerusting onttrek te word, toe vitamine C uiteindelik tot sy redding gekom het. (Dit is die eerste video op die blad)
Die werklike bewyse van wat vitamien C gedoen het en kan voortgaan om te doen indien dit behoorlik benut word is daar vir almal om te sien en te hersien. Die “multi-C-protokol” sal heel waarskynlik enige virale sindroom omkeer en genees mits sekondêre orgaanskade nie reeds te vêr gevorder is nie. Selfs dan, word in baie gevalle wat hopeloos lyk steeds dramatiese kliniese resultate behaal.
Iemand wat besmet of selfs net effens bekommerd is oor Ebola, kan met reg vra waarom hierdie potensieel eenvoudige kuur nie in enige onlangse kliniese of mediese studies getoets is nie.
Nog ‘n paar punte oor Ebola om in gedagte te hou…
Dit is ‘n siekte wat die ergste onder bevolkings versprei wat ‘n aansienlik armer voedingstatus het as wat in die Verenigde State en ander meer gegoede bevolkings geld. Voldoende blootstelling aan die virus sal egter selfs persone wat wel gevoed is laat siek word.
Daar is ‘n groot aantal individue, dikwels gesondheidswerkers wat met Ebola pasiënte werk, wat ‘n simptoomlose infeksie opdoen. Dit ondersteun verder die gevolgtrekking dat die voedingstatus van die blootgestelde individue ‘n baie belangrike faktor is om te bepaal wat die waarskynlikheid is dat infeksie sal lei tot ernstige siekte of dood.
My finale belangrike punt oor al die “histerie” …
Moenie bekommerd wees nie. As Hollywood en die Centre for Disease Control (CDC) die bevolking van die wêreld na ‘n volskaalse paniek wil lei, laat hulle dit maar doen. Jy het die toerusting om die virus te bekamp selfs indien jy sou blootgestel word. Handhaaf goeie higiëne en ‘n gesonde leefstyl. En hou ‘n voorraad goeie gehalte vitamine C (liefs in voedselvorm – kontak my vir meer hieroor) byderhand.
Indien jy wel blootgestel word, is genesing relatief eenvoudig, behalwe vir ondervoede individue en diegene met afgetakelde immuunsisteme en kroniese siektes.
Bron: Vertaal uit ‘n artikel deur Thomas E. Levy, besturende direkteur, JD, ‘n gesertifiseerde internis en kardioloog. Hy is ook ‘n gesertifiseerde regsgeleerde en -praktisyn.
Lees meer by: http://www.naturalhealth365.com/?s=ebola