Een volmaakte oplossing

Gewigbeheer, Gesondheid en Genesing: Die Een Volmaakte Oplossing

Het jy al ontdek dat die eerste plek om te soek na oplossings vir probleme, die Woord is? Die Skepper ken die volmaakte antwoorde op al ons vrae, maar Hy laat Sy hele skepping en Sy onbeperkte vermoë om wonderwerke te verrig oor in die hande van ons sondige mense. Solank ons weier om te glo dat Sy beloftes waar is, dat Hy tot alles in staat is, en versuim om Hom te vra wat ons nodig het, doen Hy niks nie.

Waarom sou Hy sy almag so beperk? In my eenvoud lyk dit vir my dit gaan oor Sy onbeskryflike liefde vir die mensekinders wat Hy gemaak het. Hy wil deur ons werk. Hy kan deur Sy engele werk, hy kan self werk en Hy kan volmaakte wesens skep om die werk te doen, maar nee, Hy vertrou dit steeds aan ons toe.

Dink aan die implikasie hiervan vir ons probleme: God gee die antwoorde, volmaakte oplossings en wonderwerke in ons hande. Waarom sien, ervaar en ontvang ons dit dan selde? Bloot omdat ons die uitvoering van Sy werk blokkeer deur nie te vra nie en deur in ongeloof en ongehoorsaamheid te lewe.

Kyk na enkele opdragte en beloftes uit Sy Woord, net oor die saak van genesing:

Spr. 3:7b, 8 – Dien die Here en vermy wat sleg is: dit is die geneesmiddel vir jou, die verkwikking vir jou liggaam.

Mal. 4:2 – Maar vir julle wat eerbied het vir my Naam, sal die son van redding skyn met genesing in sy strale. Julle sal vry word en bokspring soos vetgemaakte kalwers.

Luk. 9:11 – Maar die mense … het agter Hom aangegaan. Hy het hulle verwelkom en met hulle gepraat oor die koninkryk van God, en die wat genesing nodig gehad het, het Hy gesond gemaak.

Telkemale is al wat van ons kant af nodig is, om Hom te vertrou, te gehoorsaam, te volg en ons behoeftes aan Hom bekend te maak. Al weet Hy wat ons nodig het nog voordat ons vra, wil Hy soos enige liefdevolle Vader graag hoor dat Sy kinders met Hom praat, hulle behoeftes met oorgawe aan Hom oordra en met kinderlike vertroue glo dat Hy sal voorsien.

Hy gee selfs vir ons die saad waaruit ons geloof kan groei: Sy Woord, die Bybel, wat die lewende Woord, Jesus, aan ons openbaar. Daaruit leer ons Sy wil ken, en sodra ons volgens Sy wil bid dan ontvang ons volgens Sy onfeilbare beloftes alles wat ons vra.

Daar is in die Woord ‘n oplossing vir elke probleem. Sodra ons ons vertroue in die Bybelse beloftes plaas en daarmee tot God nader, hoor Hy, kom Hy sy beloftes na en bied Hy die oplossings aan.

Vir die meeste mense is dit ‘n lang pad. Dit is nie maklik om weg te breek van die wêreldse manier om eers die mensgemaakte oplossings vir probleme te soek nie. Daar wag egter ‘n opwindende lewe van wonderwerke vir diegene wat die pad van geloof betree.

As jy stoei met oorgewig, gaan soek eerste na oplossings in die Woord. Bid dan volgens die beloftes in die Woord en wees gehoorsaam aan die opdragte wat daarmee saamgaan. Doen dieselfde met selfbeheersing, materiële behoeftes, verslawing, siekte of watter probleem jou ookal kwel. God is oneindig magtiger en kundiger as al die dokters, aptekers, beraders, wetenskaplikes, ja veel kundiger as enige mens en kragtiger as enige mensgemaakte toerusting.

Begin deur Hom te vertrou vir klein dingetjies. So sal jy gou leer dat Hy so betroubaar en almagtig is as wat die Woord belowe, en sal jy vinnig vorder op die pad na ‘n lewe wat bestaan uit wonderwerke.

Waarmee hou jy jouself besig?

Dit waaraan ons die meeste tyd en aandag gee, na kyk, luister en aan dink is wat ons begeertes bepaal. As ons al ons tyd en aandag aan die Woord gee, sal ons begeer om meer soos Jesus te word.

Die Woord en ons vertroue daarop is die bewys dat dit wat ons nie sien nie wel bestaan. Indien ons aandag egter in beslag geneem word deur wêreldse dinge, sal ons die dinge van die wêreld begeer, soos wêreldlinge optree en vertrou op wêreldse oplossings vir ons probleme. Dit is egter oplossings wat selde volhoubaar is of effektief werk.

Hebr 11:1 stel dit so: “Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie”.

Jou geloof is die transportakte wat waarborg dat jy die besitter is van God se beloftes wat nog onsigbaar is. Dit is die bewys van die realiteit van alles wat God beloof het.

Geloof is ‘n praktiese uitdrukking van jou vertroue in God en Sy Woord.

Geloof is vertroue in die liefde van god. As jy nie glo dat Hy jou liefhet nie, sal jy ook nie Sy Woord glo nie.

Geloof is ‘n praktiese daad van gehoorsaamheid aan die Stem agter die Woord van God.

Deur geloof gaan jy in God se rus in; dan leef jy in vertroue en selfvertroue: Jes. 30:15b – “Julle krag lê in stil wees en vertroue hê”.

Leef in en deur die Woord. Doen moeite om dit te leer ken, te glo en te gehoorsaam. Vertrou op die beloftes wat dit bevat ten opsigte van jou probleme en sien hoe getrou die Here Sy beloftes nakom. Dan sal jou geloof elke dag daaruit groei en sal jou lewe vol sin en betekenis word. Jy sal beleef dat die gewone lewe van die Here se kinders uit wonderwerke bestaan.
Lag ‘n slag: ‘n Ware staaltjie uit die hofregisters:

ATTORNEY: Doctor, before you performed the autopsy, did you check for a pulse?
WITNESS: No.
ATTORNEY: Did you check for blood pressure?
WITNESS: No.
ATTORNEY: Did you check for breathing?
WITNESS: No.
ATTORNEY: So , then it is possible that the patient was alive when you began the autopsy?
WITNESS: No.
ATTORNEY: How can you be so sure, Doctor?
WITNESS: Because his brain was sitting on my desk in a jar.
ATTORNEY: I see, but could the patient have still been alive, nevertheless?
WITNESS: Yes, it is possible that he could have been alive and practicing law.

You may also like...