Algemene Dieetkundige Riglyne vir tipe 1 Diabetes

Die eerste en baie belangrike maar moeilike stap is om ‘n gereelde eet- en oefenpatroon te ontwikkel wat by jou leefstyl pas.

Jou insulienterapie sluit waarskynlik veelvoudige daaglikse inspuitings in. Jy het ook ‘n mate van buigsaamheid ten opsigte van wat en wanneer jy eet, maar dit bly belangrik om ‘n gereelde patroon te vestig.

  • Maak seker dat jy by alle maaltye en versnaperings, koolhidrate en proteïne meng. Dit verbeter die glisemiese lading van die etes. Meng byvoorbeeld vleis met aartapppels, vrugte met jogurt, Pro Vita met dikmelkkaas, roosterbrood met grondboontjiebotter. Inkorporeer die konsep van Glisemiese Indeks (GI) en Glisemiese Lading (GL) in ‘n gebalanseerde eetplan.
  • Omdat diabetes vereenselwig word met verhoogde risiko van kardiovaskulêre siekte, moet jy die inname van alle vette van dierlike oorsprong beperk. Plantolies en grondboontjiebotter is toelaatbaar. Gee voorkeur aan laevet of mediumvet dikmelkkaas en jogurt.
  • Bloedglukose word deur alkohol VERLAAG. As jy dus iets gaan drink, maak seker dat dit NIE op ‘n leë maag is nie. Neem altyd alkohol saam met voedsel.
  • Vrugte en vrugtesappe bevat glukose, sukrose en fruktose wat almal bloedglukose beïnvloed. Jy behoort dus altyd vrugte en proteïne as ‘n versnapering te meng of vrugte onmiddellik na maaltye te eet. Beperk vrugte tot 2-3 skeppe per dag, of 2 vrugte plus 200ml vrugtesap.
  • Water, mineraalwater of sodawater bly die allerbeste vloeistowwe om in te neem. Melk is voedsel, melkdrankies kan dus as versnaperings geneem word.

Dieetkundige hulpmiddel

Glucoplex bevat ‘n kombinasie van natuurlike voedingstowwe wat mense met bloedsuikerwanbalanse help om minder afhanklik van medikasie te wees en hulle lewenskwaliteit te verbeter.

Klik by “Kontak” om meer inligting oor hierdie kragtige produk aan te vra. Meld asb. waar jy woon sodat ons jou kan inlig oor bekombaarheid in jou area.