Vergeet van die idee dat ‘n dieet ‘n rigiede eetplan is wat jy na willekeur kan aan- en afskakel. Jou ideale “dieet” is eenvoudig ‘n gesonde eetgewoonte. Dit is die manier waarop jy eet om gesond te bly en die ideale gewig te handhaaf. Leer om elke dag van jou lewe matig, gebalanseerd en ‘n verskeidenheid van voedselsoorte te eet.
Balans in jou dieet sluit in dat jy seker maak dat jy ook genoeg mikrovoedingstowwe inneem. Die moderne dieet word ingrypend verarm deur metodes van voedselverskaffing en voedselvoorbereiding. Gevolglik is dit bykans onmoontlik om alles wat jou liggaam elke dag nodig het in te kry deur net reg te eet.
*Kyk by die “Eetplanne” skakel vir goeie riglyne.
‘n Sinvolle, gebalanseerde aanvullingsprogram kan jou help om balans in te bou in wat jy eet. Gesels gerus met ons via die “Kontak” skakel as jy meer hieroor te wete wil kom.
Wanneer jy jouself uithonger dan reageer jou liggaam deur sy stelsels af te sluit om energie te bespaar. Die tipiese reaksie is dat jy heeltyd na kos hunker en dat jou liggaam homself probeer beskerm deur energiereserwes (in die vorm van vet) op te gaar.
Die tipiese klimtol-tipe diete plaas liggaam en gees onder spanning en dra by tot hormoonprobleme, osteoporose, die opbou van selluliet en kroniese ongesteldheid. Dit beroof die liggaam van waardevolle energie en lei tot gewigtoename en -verlies op die verkeerde plekke. Elke keer wanneer jy ophou met die dieet, kom die vet weer terug, maar in oormaat na die verkeerde plekke toe.
Die beste en mees doeltreffende manier om gesond te bly en te verslank of ‘n gesonde gewig te handhaaf, is om seker te maak dat jou dieet op ‘n gesonde eetplan gebaseer is. Jy moet so gemaklik wees met jou eetplan dat jy vir die res van jou lewe daarmee kan saamleef. Dit sal jou in harmonie met jou liggaam plaas, eerder as om altyd daarmee in stryd te wees.
Tien gesond-eet wenke:
- Eet altyd ontbyt
- Drink genoeg water, maar nie tydens etes of binne 30 minute voor of 1-2 uur na etes nie (Kyk nuusbrief oor “Japannese Waterterapie”)
- Vermy bruisdrankies met ‘n hoë kilojoule-inhoud
- Eet vars, rou groente, verkieslik organies gekweek, en toebroodjies eerder as skyfies
- Voeg groente by alles
- Stel ‘n inkopielys op van gesonde kosse. Vermy altyd inkopies terwyl jy honger is
- Kry gesonde alternatiewe vir al jou gunstelingkossoorte wat ‘n probleem is
- Hou altyd jou porsiegroottes dop
- Maak van oefening ‘n aangename prioriteit eerder as ‘n ongerief
- Maak lewenstylaanpassings wat jy kan geniet
Die sleutel tot verslanking, gewigbeheer, goeie immuniteit en beter gesondheid is ‘n positiewe ingesteldheid en goeie motivering.
Motivering moet van binne kom – die opregte begeerte na beter gesondheid, meer energie, meer selfvertroue en die gevoel dat jy in beheer is.
Hou beter gesondheid as doelwit voor. Mik ook na die ideale gewig vir goeie gesondheid. Dit beteken nie noodwendig die laagste moontlike gewig nie, maar eerder ‘n realistiese en haalbare doelwit.
Aanvaar die mate van verslanking wat jy deur ‘n gesonde leefstyl behaal, al dink jy dat jou lyfie nog nie soos Julia Roberts s’n lyk nie. Jy lyk soos jy lyk met ‘n doel!
*Eetplaninligting met erkenning aan Sportron International, uit Engels vertaal deur Jan Greeff
Nog eetplanwenke:
- Drink elke dag minstens 6 tot 8 glase water, mineraalwater of sodawater
- Eet stadig en kou deeglik – dit neem ongeveer 30 minute vandat jy begin eet vir die hongerimpuls om weg te gaan, ongeag hoeveel jy eet. As jy dus stadiger eet sal jy minder eet en steeds versadig voel. Jou spysvertering sal ook beter werk
- Beperk versnaperings tussen etes tot gesonde, natuurlike kosse
- Moet nie tydens voedselvoorbereiding vet byvoeg nie
- Vermy gebraaide voedsel, verfynde koolhidrate en oormaat suiker en sout
- Kook groentes teen lae temperatuur met so min water as moontlik
- Neem ‘n gebalanseerde maaltydvervanger eerder as ongesonde opsies soos kitskos.
- BLY GEMOTIVEERD
Kommentaar
#2 2015-05-07 10:32
#1 2015-05-07 10:32
#3 Admin 2015-06-10 09:58