Dieet vir Kinders met Aandag-afleibaarheidsprobleme

Hier is riglyne oor wat hierdie kinders behoort te eet en wat hulle moet vermy. Hierdie is ook nuttige algemene riglyne vir enigeen wat gesonder wil lewe.

Wat om te eet

  • Natuurlike kleurstowwe en natuurlike of identies aan natuurlike smaakmiddels wat direk uit die natuur kom. Vermy produkte waarby “toegelate kleurstowwe” by natuurlike kleurstowwe gevoeg word.
  •  Vars, organiese voedselsoorte wat slegs aan minimale prosessering blootgestel is.
  • Ses tot nege porsies vrugte en groente moet daagliks ingeneem word. Die ideaal is dat hierdie vars produkte waar mooontlik organies gekweek, vars gepluk en dadelik, rou ge-ëet moet word.  Indien dit gekook word, moet lae hitte en min water gebruik word sodat dit stadig gaar word. Daar moet geen oorskiet water teenwoordig wees wanneer opgeskep word nie.
  •  Gebruik botter (maar hou matigheid voor oë) eerder as margarien. Natuurlike vanielje is aanvaarbaar, anders bly eerder weg. Pofkoring is beter as kraakskyfies maar as jy skyfies moet gebruik, is “Lays lightly salted” die beste opsie.
  • Suiwer, verdunde vrugtesap en fyngemaakte ys gaan vêr. Bevrore jogurt of vrugtesap maak heerlike suiglekkers. Biltong, klein vleisfrikkadelletjies, hoenderstukke, pretzels, interessante toebroodjies en vrugte is ook gewild.

Wat om te vermy

  • Lekkernye sonder voedingswaarde en wat kunsmatig gekleur, gegeur en versoet is. Hierdie stowwe word gewoonlik as “toegelate” of “goedgekeurde” bestanddele bestempel maar moet so vêr as wat moontlik is vermy word. Hulle het dikwels ‘n salisilaatstruktuur wat inmeng by die liggaam se vermoë om die noodsaaklike vetsure (omega 3 en 6 olies) te prosesseer en te gebruik. Vermy items waarvan die etiket onvolledig is of wat slegs verwys na “kleurstowwe”.
  • Suiker, lekkers, jellies, helderkleurige aanmaakdrankies, beskuitjies, koekies en kraakskyfies.
  •  Antioksidant-preserveermiddels, bv. EDTA, BHA, BHT, TBHQ
  • Kalsiumpropionaat, bensoësuur, bensoate, swaeldioksied, sulfate, sulfiete
  •  MSG [Monosodium Glutamate]
  • Gekoopte koeke, pasteie, hamburgerfrikkadelle, visvingers, sop en souse in pakkies, geprosesseerde vleis en polonie, tee, bruisdrankies
  •  Lekkernye sonder voedingswaarde en wat kunsmatig gekleur, gegeur en versoet is. Hierdie stowwe word gewoonlik as “toegelate” of “goedgekeurde” bestanddele bestempel maar moet so vêr as wat moontlik is vermy word. Hulle het dikwels ‘n salisilaatstruktuur wat inmeng by die liggaam se vermoë om die noodsaaklike vetsure (omega 3 en 6 olies) te prosesseer en te gebruik. Vermy items waarvan die etiket onvolledig is of wat slegs verwys na “kleurstowwe”.
  • Suiker, lekkers, jellies, helderkleurige aanmaakdrankies, beskuitjies, koekies en kraakskyfies. Antioksidant-preserveermiddels, bv. EDTA, BHA, BHT, TBHQ
  • Kalsiumpropionaat, bensoësuur, bensoate, swaeldioksied, sulfate, sulfieteMSG [Monosodium Glutamate]
  • Gekoopte koeke, pasteie, hamburgerfrikkadelle, visvingers, sop en souse in pakkies, geprosesseerde vleis en polonie, tee, bruisdrankies

Neem waar vir reaksie teen salisilaatinhoud in natuurlike voedselsoorte soos lemoene, (naartjies is nie ‘n probleem nie), appels, perskes, pruimedante, kersies, sigorei, komkommer, pepers, tamatie, radyse, zucchini, ment, amandels,  peperment, rissies, speseryagtige kosse, pampoenpitte, wintergroenolie.

Vermyding van hierdie natuurlike voedselsoorte is slegs van korte duur. Sodra stabilisasie plaasgevind het, kan hulle weer na ‘n paar dae of weke een vir een by die dieet gevoeg word.

Indien daar na ‘n week weer agteruitgang te bespeur is, moet die spesifieke kossoort weer vermy word. Toets weer na so ses maande of ‘n jaar.

Handhaaf stabiele bloedglukosevlakke: maaltye moet in hoofsaak bestaan uit natuurlike, onverfynde koolhidrate en ‘n klein hoeveelheid proteïene.

Melotone as natuurlike hulpmiddel

Melotone stroop is ‘n gewilde en doeltreffende alternatiewe drie-in-een aanvuller vir kinders of volwassenes wat aan ADHD ly.

Melotone word met vrymoedigheid deur kliniese sielkundiges en ander gesondheidspraktisyns aanbeveel. Dit bevat al die noodsaaklike vetsure sowel as hulle ko-faktore om goeie opname en benutting te verseker, sowel as die B-groep vitamines en kalsium in voedselvorm.

Kontak ons vir meer inligting oor Melotone. Meld asseblief waar jy woon sodat ons jou kan inlig oor bekombaarheid in jou area.

Kyk by “Kinders/Mites oor ADHD” vir meer oor hierdie onderwerp.

Kommentaar

#2 Admin 2016-05-19 10:43
Dankie Annelize, ek waardeer jou terugvoer en is baie bly dat jou kind soveel baat vind. Dis ‘n voorreg om produkte aan te beveel wat werk.

Admin
#1 Admin 2016-05-13 10:16
Annelize van Polokwane skryf so oor Melotone stroop:

Ek kannie glo watter verskil daai stroop maak nie – (ekt sommer nou ‘n baie slimmer kind). Ek het baie goeie terugvoer by sy skooltjie ook gekry-hulle kom ook ‘n groot verandering agter. Ek sal daardie stroop aanbeveel vir almal.