Dieetkundige bestuur van hiatusbreuk

Algemene Riglyne

  • Die handhawing van ‘n normale liggaamsgewig is van deurslaggewende belang
  • Eet gereeld maar moet nooit ooreet nie
  • Neem klein skeppe en eet stadig
  • Moenie enige vloeistowwe binne ‘n halfuur voor en ‘n halfuur na etes neem nie
  • Vermy bruisdrankies
  • Wag vir minstens ‘n uur na jou aandete voordat jy gaan slaap
  • Gebruik eenvoudige metodes van voedselvoorbereiding

Vermy

  • gebraaide kosse
  • speseryagtige kosse
  • kossoorte wat baie veselagtig is en wat baie pitte bevat
  • ryk, romerige kos, terte en koeke
  • varsgebakte brood en rolletjies
  • groentes met ‘n sterk geur soos uie en kool

Kontak ons  vir meer inligting oor gespesialiseerde dieetkundige hulpprodukte wat vir hiatusbreuke kan help.

Kommentaar

Admin
#2 Admin 2014-02-10 22:11
Hi Rozanne, volg die eetplanne op hierdie webwerf maar lees dit en pas dit toe saam met die riglyne vir hierdie toestand soos hierbo uiteengesit.

Rozanne
#1 Rozanne 2014-02-05 11:02
Hi, ek is opsoek na ‘n dieeet plan vir ‘n hiatus breuk.
Ek was al vir vele operasies (5) en wil graag weet hoe jy na die tyd moet eet.